Wel dis baie eenvoudig eintlik - as jy stres wil jou liggaam veg, vlug of vries, bloed gaan na die belangrike dele van jou liggaam om jou weg te kry uit die "gevaarlike" situasie en jou uterus is glad nie een van daardie belangrike dele nie - dis so gemaak sodat die grot vrou kon weg kom as 'n dinosaurus haar jaag, vertraag kraam dat sy kan weg kom sonder dat baba halfpad uitval.
Vir kontraksies om effektief te werk moet jy rustig wees en ordentlik asem haal sodat daar genoeg suurstof na jou uterus ('n spier) kan gaan (soos wanneer jy hardloop anders maak die lactic acid jou spiere seer, meer pyn, meer stres, meer seer, meer stres) dit stel dan ook oxytocin vry, die voel goed hormoon wat 100 keer sterker is as enige pyn medikasie. Vermy dit totaal en al om plat op jou rug te lê dit maak die bekken kleiner, visualiseer elke kontraksie help jou serviks oop maak (soos 'n blom) en druk baba van bo af.
Die laaste 5 ure van kraam het ek regtig pynloos in die water gedryf. Ek het tydens "transition" gesmeek met fake trane vir 'n epi maar net omdat mens snaakse dinge sê en ek kan onthou ek het gedink dis nie seer genoeg dat ek 'n epi moet kry nie maar transition is 'n heel ander ball game, maar dis 5 minute.
Goeie video om te kyk