heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 10 months ago #252677 by Lagogies
Replied by Lagogies on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Mamma Olifant sit bietjie weet ons summary op asb.

Was gister 9 weke en kan nie meer wag v vlge week se scan!

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #252672 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sal die midwife vra, as sy nie doen nie sal sy kan sê waar. Die staat scan eers op 20 weke sovêr ek weet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #252671 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
MammaOlifant, ek wonder of die midwife nie ook n scan vir jou sal kan doen nie? Dalk moet jy net uitvind? Ek weet staatshospitale doen dit ook, my nefie is n dokter by een. Hulle doen dit wel nie so dikwels soos private dokters nie, maar hulle doen dit.

Ek dink my honde weet ook, die mal wilde enetjie wat altyd op almal spring, spring nie op my nie, sy hou haar behoorlik in, shame. Die kwaaier, stil een le ook vreeslik by my deesdae, terwyl sy eintlik verskriklik erg geheg is aan my man, "was" gereeld sy baard en hare, hahahaha (weet dis gross, maar baie cute ook).

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #252670 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi almal. Hier gaan dit okay, ek is so pap en moeg wil net die hele tyd slaap! Is ook baie naar, en het al al die raad probeer van gemmer tot sout en asyn chips, marie beskuitjies en harde lekkers suig. Die harde lekkers werk terwyl ek dit suig, maar paar minute later weer naar, en as ek te veel lekkers suig kry ek nog 'n sooibrand ook as beloning!

Ons sal moontlik ons afspraak by die ginekeloog moet kanseleer, ek maak einde November klaar met my huidige werk, en die werk wat ek sou mee begin het net skielik deur die mat geval. Nou sit ek met 'n dillema... Kan nie R1400 bekostig vir die afspraak nie, maar wil soo bitter baie sien dat alles okay is met baba. Kan ek dalk 'n scan by 'n gewone dokter laat doen? Sal seker baie goedkoper wees as die ginekeloog. Ons gaan met 'n midwife werk deur die swangerskap, en as als goedgaan na Mtwana birth centre toe vir bevalling. Indien enige komplikasies maar deur staatshospitaal gaan :cry:

So ja dis my lang storie!

Ons het ook 2 honde, Jack Russells, en nog een wat by ons bly maar nie ons sin is nie. So 3 altesaam. Hulle slaap nie in die kamer nie, maar lê hier by ons in die aand voor hulle bed toe gaan. Dis soos family time almal op die bed so uur voor slaap tyd. Sal hulle ook vroegtydig aan al die reuke en dinge gewoond maak :) Ons reun is deesdae baie geheg aan my - my man sê hy voel aan ek is swanger, ek weet nie so mooi nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #252669 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene - Ek was 22 Okt vir my 12w4d weke scan, het ook al die bloedtoetse laat doen ens.

Dr kon nie juis mooi sien wat die geslag is nie, sy dink dis 'n dogtertjie, maar sy is nie seker nie. So ons wag maar tot volgende Vrydag vir die 16weke scan, hooplik sal ons dan mooi kan sien. Ek dink as sy dan weer sê dogtertjie dan kan ons dit dalk so aanvaar. Maar moenie jou hart daarop sit nie.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #252667 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Dankie Haffie, sal ook al die goedjies vir hulle wys. Een keer toe ons hulle dam toe gevat het het hulle albei (saam met 'n Labrador-maatjie) hul gatte afgeskrik vir 'n vrou wat met n pram aangestap gekom het, darem niks gedoen maar wel vreeslik geblaf - sal dus vroegtydig 'n pram ook vir hulle moet wys :p

Ek het Vrydag my bloed laat trek vir die antenatal toetse en ook vir die 13 weke scan se downs-toets. Het enige een van julle dit ook laat doen? En kon enige een van julle al op 13 weke sien wat die geslag is?

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #252661 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Oeee Zettie, dis baie opwindend! Dis so spesiaal daardie eerste scan!

Haffie - Ons het ook eers op 12 weke die nuus gedeel, so ek verstaan hoe jy voel, mens moet heeltyd voorgee en kan nie net sê mens voel sleg en jy wil eerder net slaap nie. Wanneer beplan julle om die nuus mee te deel? Sjoe, ek dink Waenhuiskrans is nog 'n beter ligging as Kaapstad - geniet dit! Ek hoop regtig jy kry iemand wat jou sal kan help met die VBAC.

Irene - dit is regtig baie oulik hoe julle ook nou die nuus gedeel het, ek is seker almal was in ekstase oor die wonderlike nuus!

Verder hoop ek dat ons die geslag mooi sal kan sien volgende Vrydag, ek raak nou baie lus om so bietjie aan die kamer te begin werk :-)

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account