HBw, ek wil ook so laat as moontlik probeer werk, want ek wil so lank as moontlik saam baba by die huis bly. Wil nie graag he sy moet skooltjie toe gaan op 3 maande nie, liewers 4 of 5, veral as sy dalk vroeer gebore moet word. Ek kry betaalde verlof, maar nou uitgevind ek mag dan net die 4 maande vat, plus enige gewone verlof wat ek nog het (maar dit sal net so twee weke wees). My werk se darem solank ek brief van my dokter het, kan ek bly werk tot wanneer ek wil.
Ek het baba al voor 16 weke begin voel, maar weet nou eers dis wel sy wat ek gevoel het. Ook eers so weird gevoel, later 'n skoppie maar ekt gewonder of dit nie my verbeelding is nie. Van verlede week af (21 weke) voel ek haar nogal baie duideliker, en van Maandag af is sy nogal besig en duidelik. Ekt gisteraand die TV se remote op my maag gesit, en as sy hard skop het dit beweeg, te cute

Ek het toe laat my man voel, en hy kon dit toe vir die eerste keer ook voel, twee keer. Voel haar meestal in die oggend, en dan weer in die aand!
3xmom, is dit jy wat vertel het van die droom oor die kwepie-pop-baba? haha, lekker gelag - wonder of mens nog erens van daai poppe kan koop, ek onthou dit van my ouma se huis!