Hello almal!
Baie dankie vir al die goeie wense. Gelukkig was die dag so besig dat ek nog nie veel aan more kon dink nie. Vanoggend vir 'n pedi, facial en massage gegaan. Gister vir 'n brow wax, brow tint en lash tint....mens moet half decent sonder make-up lyk!
Ek en manlief het lekker middag ete gaan eet, en bietjie gekuier. Nou is dit weer huiswerk, leerwerk ens.
Ons moet more oggend 6 uur by die hospitaal wees...en tot nou toe was ek heel kalm, but die realiteit is besig om my vinnig in te haal! Ek weet nie wat die ergste is nie...om te weet wat wag...of om te weet wat wag!
Ek sal probeer om met my foon op Moomie te gaan, anders sal ek eers Sondag weer op lyn wees. Familie gaan vir my pics op Facebook sit more aand. Manlief is bietjie Facebook illiterate.
Ek sal heel moontlik nie kan slaap nie, en online wees van so 2 uur af vannag.
H, dis lekker om so bederf te word, jy sal wel 'n gaatjie kry vir als.
Die vreemde pyne raak ook maar al hoe erger. Min dae!
Moenie eers praat van hormones nie! Die afgelope week was erg!
So kom die tyd nader wat almal van ons, ons precious bondeltjies gaan ontmoet. Elke dag is een dag nader aan die ontmoeting. Ons elkeen het 'n 'lewensverhaal' en so ook 'n 'geboorte verhaal' van elkeen van ons kinders. My storie word more geskryf. En julle s'n is almal om die draai. Ek sien uit daarna om elkeen se 'storie' te hoor!