file September 2010 mammas

16 years 2 months ago #92974 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re: September 2010 mammas
Hi julle hoop jul naweek was darm lekker! Ons was maar net rustig wel het Micah se komer uit gesort DH het uiteindelik die baba kassie klaar geverf so ek kon alles inpak en reg skuif ens ens ens. Verder wasgoed gewas ens maar glo my of jul nou wil of nie nog nie ons tasse gepak nie.

Vanoggend so 03:45 het ons seuntjie by ons in die bed kom klim, julle en net daar uit die bloute kry ek sulke wel wat vir my gevoel het soos kraam pyne ek bly toe net stil vir so uur maar ek het in die uur so 4 pyne gekry en met die 5e pyn sê simpel ek vir DH ek dink dit is tyd ek kry pyne! lol ek het dit skaars gesê en daar verdwyn dit net skielik ek het so stupid gevoel maar ek wonder nou nog wat dit was? Sal julle sê dit het my lekker laat skrik omdat ons tassies nog nie gepak is nie! So vanmiddag pak ek tasse! Sou lekker gewees het through?

Vandag my laaste dag by die werk whoo hooo! Kan nie wag nie! Lekker lekker net bietjie rus en dan volgende Dinsdag hou ons vir klein Micah vas! Aai dis opwindend!

Julle moet julle daggie geniet en soet wees nê! Sal nie eintlik meer so baie kan post nie maar sal so nou en dan van my foon af probeer!

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92553 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re: September 2010 mammas
Hello almal!

Wat 'n dag gister! Ek was soooo seer en moeg gisteraand. Om als te kroon is my oudste siek, vermoed sy het mangelontsteking. Sal haar netnou gou doc toe vat.

Vandag vat ek 'n rus dag, gaan net saam met Abs op die bed le en movies kyk.

More is weer 'n hectic een. Kerk x2. Dan is dit weer Maandag....met sy eie challenges. O, en ek is die gelukkige sucker om naaldwerk te kry vir die Eistedford costumes! Weeti hoe ek myself altyd hierin kry nie!

Han, wow, dis darem maar so lekker om bederf te word! Kan net dink hoe opgewonde die kiddies was oor die geskenkies.

Anyhoo, lekker naweek vir julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92482 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle,

My Vrydag was toe heel opwindend, Al die Gr. R kindertjies het vir my 'n baby shower by die skool gegee, dit was te cute, die ou gesiggies was so opgewonde dat ek elkeen se persentjie moes oopmaak.

Dan om alles te kroon het ek more my groot baby shower...sjoe ek sien baie uit daarna......

Hoop julle maak almal tyd om te rus en voete in die lug te sit!

Geniet die naweek!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91964 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

Hanlie, ek is met jou suster....VRYDAG!!!!!

2 dae van rustigheid...geen kids om rond te ry, geen huiswerk, of take! Whoohoo! Ok ok, my Vrydag gaan bietjie wild wees.....Abs dans in ons naburige dorp tot halfvyf. En ons gaan vanaand bietjie uit, moederlief verjaar!

Ek het uiteindelik Izibella se sak ook gepak. Nie dat ek haastig is nie....'n keiser gee mens 'n vals sense van sekuriteit...hehehe.

Julle moet 'n rustige naweek he. Ek wens myself ook een toe.....bwhahahahahaha ja whatever GRAPGAT! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91833 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle!!

#Eileen, sjoe dit is soooo exciting.....

Julle dit is Vrydag.....!!!!!!!!!!!

YEAHHH!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91131 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

Cornitalia....toema ek het ook besluit om my Superwoman panties op te hang vir eers!

Alhoewel dit nie maklik is met 2 pre-teens nie! Veral nie as dit Eistedford is nie! En natuurlik neem hulle aan als deel wat hulle kan!

Ek het my 2de laaste gynae afspraak netnou. Nog 8 slapies dan ontmoet ons die nuutste Belchertjie.

Ek het vanoggend 'n slight emotional meltdown gehad....en 'n tantrum gegooi. Die hormone pla weer erg die afgelope 2 dae. Ai, ek sal dit darem maar so love om net iemand se kop af te ruk...ek is nie eers meer picky nie...kan enige iemand wees! :woohoo:

Lekker dag vir julle almal, tyd om my Superwoman panties uit die kas uit te gaan haal....en die besige dag aan te pak!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91109 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle almal,

Hoop dit gaan nog goed met elkeen van julle?

Was eergister by die gynea...peanut weeg 2.4kg met 28 dae nog om te gaan....koppie is nog bo, maar gaan in elkgeval 'n keiser he, so maak nie saak nie.

Het gehoor my BS is saterdag....my manlief is so geheimsinnig, hy en my suster konkel lekker agter my rug....so sien baie uit daarna!

Girls, julle moet 'n stunning dag he!!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account