file September 2010 mammas

16 years 3 months ago #89010 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Natsie, Ai gelukkig is my urine altyd neutraal en geen issue vir Dr nie.
Sterkte met dit als ek hoop rerig dit is nie pre eklampsie nie.


Dr is baie happy en lag lekke r as ek se ek voel elke skop so lekker op my blaas.


Kan nie glo kliending is al 34 weke en n paar dae en sy is so lekker mooi op die grafiek se middle op 2.4/5 kg.
Ek het gewig ook verloof en Dr is so happy daaroor dat sy oor niks anders panic nie.
Bloedruk was laag teenoor al die ander kuiers maar ook nie n panic nie.

Sien Dr nou weer die 19de van die maand.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #88946 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle almal

Shame Natsie en Eileen, ek dink aan julle.....onthou net die dr's weet die beste, hulle weet weat is beste vir mamma en baba!!

Cornitalia...sjoe sy groei lekker....myne het geweeg 2.1kg....maar kla nie, darem gesond.

Vicki, ja, sal nog defnitief vir 'n fotosessie wil gaan....sal nog 'n plek in die Kaap moet soek.

Hoop julle het almal 'n lekker dag!
Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #88846 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
cornitalia ek was gister mos by dr, sy het vir my antibiotika voor geskryf sal jou sê ek voel al klaar baie beter sy is bietjie bekommerd oor die jeuk my gestuur vir bloed toetse om lewer funksie te toets so ja wag maar vir uitslae! Het baie protiene in uriene en sy dink ek het weer pre-eklampsie maar ek dink nie so nie my bloed druk is heel normaal eintlik heel laag! Is nou op 24 urien toets dws ek pee al die heel dag in 'n bottel en gaan dit nou lab toe vat en neem bloed druk al heeldag elke 30 min en dit gaan ek ook maar gou by dr af gee!

Dr sê as dit pre-eklamsie is gaan sy vir boetie uit haal maar ek dink net dis net te vroeg hy moet nog groei! Hy weeg nou 2,7kg.

Ek kry erg hoofpyn maar het lekker sterk pyn pille vir my voor geskryf so ek voel baie goed eintlik so goed kan lekker slaap!

Ek gaan nou eers gou gaan maar sal jul op hoogte hou van wat aangaan.

Lekker aand

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #88711 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

Lulu, hoop jou dr afspraak loop goed af. Ek was vanoggend by doc. Nie die beste nuus nie, hy voorsien probleme. Moes vir nog 'n stel bloedtoetse gaan.

My voorlopige datum is die 20ste Aug, maar doc in nie oortuig dat ek so lank gaan loop nie. Ek moet hom dinsdag en donderdag weer sien. Ek is offisieel op my weeklikse afsprake.

2 Weke dan ontmoet ons vir Izibella!!!

En doc het my offisieel op kraamverlof gesit. Dit het nog nie ingesink nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #88683 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Klien ding is 2.4kg en nog heel woelig en Dr is baie happy met haar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #88029 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Natsie,

Ek en jy klink my het die selfde griep storie en jeuk storie. Ek belowe die salf 3 dae dan gaan dit weg en as weer kom gebruik salf en dan weer weg.

Ek het ook so seer keel ens, die dok het gese ek is 34 weke en kan as dit moet vir my antibiotika gee maa hy my eers Locabiotal spray gegee (wat ek eerste dag elke 2 ure moes gebruik) nou net elke 4 ure en prospan hoesstoop 3 keer n dag ek voel al soveel beter.

Ek het ook so met my asemhaaling gesukkel ek ken die gevoel rerig. Jy het al my simpatie in die wereld!

Die bene is erg as hulle jeuk en ek het nog spatare op my bene ook so ek moet versigtig krap al wil ek my vel af ruk van jeuk. Ja nee jy jeuk oral waar ek ook al gejeuk het en soms nog jeuk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #87798 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Baie dankie Cornitalia waardeer dit regtig baie! Kon nie gister aand slaap nie was seer en ongemaklik aai ek's so moeg vandag my lyf wil nie meer lekker saam werk nie! Gister het my bo lyf baie erg gejeuk en vandag is dit weer my bene maar ek voel nou my (*)(*) jeuk ook nou ek wil dit lose julle! Gaan vanmiddag Dr toe kan nie meer wag nie ek het nou al vir seker 2 weke 'n verskriklike bors aan my voel met oomblike asof ek nie asem kry nie en in die nag raak my keel so seer dat my ore begin pyn, nou drink ek Expigen stroop, panados en suig maar strepsils dit laat my beter voel en my keel en ore nie meer seer nie maar dit slym op my bors en die gehoes maak my klaar! Hoop Dr gkryf iets voor daarvoor want ek's heeldag uit asem!

Julle moet sien ek het skielik die aakligste pegmentasie oh man dit lyk aaklig! My hele gesig en my neus lyk soos 'n sokkerbal dis nie 'n mooi gesig nie! Dink maar ook ek voel so omdat ek nog werk en eintlik net nie meer krag het nie!

Genoeg van al my pyne en skete! Hoe gaan dit met julle?

Julle moet jul dag geniet en vat dit maar rustig!

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account