file September 2010 mammas

16 years 2 months ago #95066 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re: September 2010 mammas
STERKTE VIR MORE EILEEN!!!! ONS DINK AAN JULLE!! GENIET ELKE OOMBLIK!! FOTO'S SO GOU AS MOONTLIK HOOR!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94976 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re: September 2010 mammas
Hallo almal,

Vanoggend by gynie gewees.

Madam weeg 3.1kg op 36 weke en 2 dae. Sy het al gedraai maar Dr nie gepla nie weens keiser.

Het dinsdag aan geskrik want ek voel toe hoofpyn wat toe my bloedruk was wat hoog is toe ons by hospitaal kom. Dr hou dit ook maar dop.

Tyd is naby vir van julle!! Ek hou vir julle duim vas en laat weet asb sodra kliengoed hier is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94969 by LuluC
Replied by LuluC on topic Re: September 2010 mammas
Middag julle,

Ja jinne Eileen, sterkte vir more, weet alles gaan goed afloop!!!! En al ons ander, nog 'n daggie nader .....!!!

Soos ek Maandag aand gevoel het, het dit regtig gevoel asof ek nie nog 4 weke kan loop nie, voel darem nou weer oraait, groot maar oraait.

Julle moet almal 'n wonderlike daggie verder he, en sterkte Eileen!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94747 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re: September 2010 mammas
Hallo julle

#Eileen....is ek reg om te sê môre is jou groot dag????

Ek het vandag 'n regte preggies dag...emosies loop hoog en niemand kan eers vir my skeef kyk nie dan is ek in trane....kan nie meer wag dat al die hormone weer terugkeer na normaal nie!!!

Hoop julle het elkeen sommer 'n stunning dag!

han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94222 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re: September 2010 mammas
Hallo almal...

Ek lewe nog.....ons internet was af by die werk, en ek en manlief probeer nie om op die rekenaar te wees as ons in die aande by die huis is nie..

Moet se ek is groot bederf...onthou ek het vrydag my BS van die kindertjies af gehad....en Saterdag my groot BS, so my peanut se kamer se hele vloer le vol geskenke...waar ek als gaan sit weet ek nie.

Sjoe Eileen jou tydjie is darem naby jong...wens ek was al waar jy is....ek het nog so 22 dae...en moet nog 9 van dit werk......

Cornitalia ek stem saam ek kry deesdae die vreeslikste pyne op die snaakste plekke....sien my gynea volgende Dinsdag...dalk oorreed ek hom om my af te boek...want ek kan nie meer op en af met die kiddies by die skool nie.

Natsie, hoop jou tassie is nou al gepak...vandat ek al die snaakse pyne begin kry het, het ek maar net ingespring en die ding gepak...so nou staan alles reg!

Hoop julle het 'n lekker dag!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93725 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re: September 2010 mammas
Hello almal!

Ons almal se tyd loop nou vinnig uit.

My man was ietwat van 'n 'late bloomer'. Die excitement begin hom nou eers tref. Vandag is sy laaste dag van werk, dan is hy met verlof vir bietjie meer as 2 weke.

Nog 3 slapies. En dit kan net nie gou genoeg kom nie, ek het so seer in die nag.

Hanlie, wa jy suster? Jy maak my worry as jy so stil is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93625 by cornitalia
Hallo almal,

Ek moet se ek is so bly ek kan dit rustig vat want heup pyn maak my nogal mal,maar nog nie my tas gepak nie.

Moet se ek was gisteraand by hospitaal toer en dit was nogal funny om daar te sit en naaste aan kraam te wees maar een van die kliener "oonde" te he soos suter gese het. Ek persoonlik dink nie ek so klien soos wat my heupe en vet wat ek voor swanger wees gehad het help nie.

Ons moet rerig gou vir mekaar laat weet as een van ons se kliending kom ons tyd raak so min ek 3 weke dan is my dogtertjie hier. Haar pa kan nie meer wag nie. Hy se die ander aand gaan somme nou laat hulle haar uithaal ek wil haar nou vashou!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account