file September 2010 mammas

16 years 2 months ago #90083 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Hallo almal,

Hoop almal se naweke was darem lekker. Ek en my man was heel naweek rustig en hy het sy sel afgesit so niemand kon ons pla nie was heerlik.

Kom nou agter ek is nie super woman nie ek moet dinge stadiger vat en tyd vat om dit reg te doen en nie te panic nie ek sal klaar maak dalk 5 min langer vat maar sal klaar kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89986 by LuluC
Replied by LuluC on topic Re:September 2010 mammas
Middag julle almal, hoop julle het almal 'n lekker lang naweek gehad.

Ek sien ek het geskryf my seuna is net 2 cm maar eintlik is hy 42cm, ha ha ha!

Hanlie, my oorspronklike due date is 26 September, my voorlopige keiser datum is 17 September, sal die 3de September weer gynae toe gaan en dan sal ons weet wanneer word seuna gebore, regtig soooo exiting.

My dogtertjie wil net heeltyd my maag soen en drukkies gee, glo sy gaan haar boetie baie geniet!

Geniet julle daggie verder.

tata

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89711 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

Ons internet is al die hele naweek af! Frustrerend...

Ek haat die bedrus idee, maar ek moet erken ek voel sommer baie beter. Ek moet vandag weer my bloeddruk laat toets by die gynae, maar ek weet sommer dis onder beheer. Ons het gisteraand "In the womb" verder gekyk. Scary! Die kraam idee het my liewe man baie bly gemaak ons gaan vir n keiser.

Kuier vandag bietjie saam moederlief. Sal tien teen een ini shops opeindig...hehehe!

Ek tel die slapies, nog net 10!!!!!!!

Hoop julle almal het 'n lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89701 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo Almal

Hoop julle het almal 'n heerlike lang naweek gehad.

#Natsie, so bly alles gaan nou beter.

#Lulu, sjoe die ou kleintjies groei so vinnig, is dit nie exciting nie? Wanneer is jou due date nou weer?

# Cornitalia, jy is so gelukkig dat jy gewig verloor het, bly alles gaan goed met babsie!

#Eileen, Hoe voel jy? Die tyd stap nou vinnig nader vir jou....

Ek gaan vandag na my gynea toe, hopelik gaan alles nog goed.....die Braxton hix raak nou baie erg vir my...kon Vrydag aand omtrent nie loop nie, manlief wou net dr toe jaag met my...darem gerus Sondag en Maandag en voel baie beter vandag. Moet sê die scare het manlief nogal die lig laat sien, want kyk alles wat ek nog vir baba wou reghê in die huis is nou gedoen........

Min dae girls....hoop julle geniet die dinsdag!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #89376 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Ja Lulu ons is net so baie bly sal jou sê dis nie nice ding nie! My eerste swangerskap het ek op 26 weke al pre eklampsie gekry en dit het gesuck gevoel of ek wou dood gaan! Voel nou great.

Het nou net 'n BS by die werk gekry ag julle dis so special gewees! Baie goedjies gekry!

Jul moet jul lang naweek geniet

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #89223 by LuluC
Replied by LuluC on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle, my dokters afspraak het heel goed afgeloop gister, baba weeg nou 2.3kg en is so 2 cm, hy sê is so bietjie bo gemiddeld maar niks om oor te bekommer nie, en verder lyk alles 100%. Het nou al 'n hele 19kg opgetel, kan dit nie glo nie!!! Sien die dok weer oor 4 weke (moet oor 2 weke by my gp 'n draai maak) dan sal ons gesels oor die keiser se finale datum, kan nie glo die tyd vlieg so vinnig nie!

Eileen, sterkte vir jou! Natsie, baie bly om te hoor dit is nie pre-eklampsie nie!

Julle moet almal 'n wonderlike daggie verder he, en geniet die lang naweek!

tata

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #89131 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
What a relief! Julle oukies ek het toe nou gister na werk trug Dr toe gejaag om my bloeddruk vir die dag vir haar te vat, as ek self kan sê dit het baie mooi gelyk die laagste een vir die dag was 100/64 en die hoogste een was 120/72 en die res was alles tussen in so geen hoë tellings nie sy was baie gelukkig daarmee en sy het my bloed uitslae ook trug gekry en my lewer en niere is skoon bloed plaatjie telling goed en die toets om vas te stel of ek wel pre eklamsie het se telling was ook goed Dr sê as ek pre eklamsie gehad het sou die telling oor 36 gewees het en dit was maar 24 so alles is reg, sy sê net sy verstaan nie hoekom daar so baie protiene in my uriene is nie, dis baie vreemd vir haar?

Voel vandag weer lus vir die res van die tyd wat voorlê, dink dalk ek't die tyd verby gewens omdat ek siek was en kon nie asem haal nie en my keel was so seer en die hoofpyne ens. die antibiotika werk soos 'n bom en die pyn pille (Tramacet) laat my baie ontspan so ja so dankbaar vir dit! Al wat nog bietjie ongemaklik is die jeuk maar ek het salf toe gekry maar het vanoggend vergeet om aan te smeer het dus gister aand gesmeer en dit het gehelp! Dankie Cornitalia!

Aai julle nog net 2 weke 3 dae dan hou ons vir klein Micah in ons arms vas! Kan nie wag nie. Maandag is lekker vakansie ook whoop whoop!

Julle moet julle daggie geniet

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account