file September 2010 mammas

16 years 1 month ago #87796 by Vicki
Replied by Vicki on topic Re:September 2010 mammas
Hallo,

Het enige van julle aan 'n newborn foto sessie gedink?

Ek het laas gewag tot baba 3 maande oud was 'n 'n hele familie studio shoot ding gedoen. Dit het vreeslik mooi uitgekom, maar hierdie keer wil ek probeer om 'n Anne Geddes styl photobook te maak van baba en dit dalk vir die oumas as geskenk te gee.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #87590 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Natsie,

Ek weet presies waarvan jy praat!!
Moenie worry nie gaan apteek toe en kry vir jou Canalba room dit is wat my gynie vir my gegee het toe ek so begin jeuk het, het haar gelukkig gesien die dag wat ek begin jeuk het.

Maar ek so vir 3 na 5 dae gebruik toe is jeuk weg en as hy weer begin dan smeer ek salf op en dan gaan dit weg.
Nie duur room nie so R20 of minder.


Ek moet se ek is so siek met keel seer ens dat ek net wil weghardloop op die omblik.
Keel seer hoes ens. is nie lekker nie o ja en ek wil heeltyd slaap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #87527 by Elise
Replied by Elise on topic Re:September 2010 mammas
HEy julle

Ek sien dit gaan goed met julle. Ek was bietjie lank laas op die groepie dit is altyd so stil hier.

Ek wou vir normale kraam gegaan het maar met my laaste besoek het my gyni gese ek sal moet vir keiser gaan want ek kry hoe bloeddruk en dis gevaarlik vir my en die baba so ek gaan nou vir n keiser die 20ste september.

Elieen ek sien ek is nie die enigste 1 want met die absesse sukkel nie en ek verstaan 1 100% van die unbearable pyn dit is ongelooflik ek het nou al 2 keer dit gehad en nou saterdag het daar weer in begin ek wou sommer net daar kraam nou spoel ek baie my mond met sout water en listeren en ook my huis dr het vir my n voorskrif gegee vir antibiotika so ek hoop dit werk vinnig ek sien nie nou kans vir slapelose nagte nie.

Wel ek hoop dit gaan goed met julle almal die laaste rukkie van ons swangerskappe dit is amper om

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #87344 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
O nog ietsie

vanoggend toe ek wakker word het net mooi alles gejeuk! Regtig nie baie nice nie! Enige iemand dalk dit ervaar daar is geen knoppies nie net rooi kolletjies en dit jeuk erg baie my maag my arms my bene, gesig, kop regtig oral!

Enige idee?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #87275 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
21 DAYS! Aai toggie hoekom voel die laaste paar daggies soooooo ongelooflik lank?

Ek is nou al so nie meer lus vir werk en mense nie! Soos ek nou voel kan die gebou om my in mekaar val, dit sal my nie roer nie!

Het Saterdag my BS gehad my ma en sussies het dit gereel wowie was dit lekker! Het dit mooiste persentjies gekry! Wens ek kon nog een hê lol.

Wens dit was al tyd nie dat ek Micah uit wens nie, ek is net baie moeg en seer ens!

Julle moet almal 'n super lekker daggie hê.

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #87234 by Vicki
Replied by Vicki on topic Re:September 2010 mammas
Hallo Almal,

Dit voel behoorlik asof my maag gaan oopbars as ek regop staan. Ek sien vreeslik op teen hierdie laaste rukkie en weet nie hoe ek dit gaan oorleef nie! Ek het nog baie slapies om te gaan :(

Ek het darem die naweek my shopping spree gaan doen. Ek is so trots op myself dat ek uitgehou het en niks gekoop het tot nou toe nie sodat ek ook een van daardie mense kon wees wat 'n trollie (maak dit twee) vol baba goed kon pak. Die een nadeel darvan is dat my kredietkaart nou nog aan skok ly oor wat ek die naweek met hom aangevang het...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #87220 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

Ons begin nou almal die stadium bereik waar ons eerder sal sit en huil as om ons hande te moet oplig.

Ek bid vir 'n olifant geheue! Sodat ek nooit weer so stupid sal wees om vrywilliglik deur hierdie drama te gaan nie!

Ons tel nou die dae af....17 to go. Hopenlik. Ons sal eers Donderdag die finale datum kry. But boy oh boy ek is glad nie beyond bribery en corruption om doc te oortuig om sussie die 20ste uit te haal nie!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account