file September 2010 mammas

16 years 1 month ago #84993 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
More julle almal....

Sjoe, waar is my energie van die afgelope 2 dae, vanoggend maar sukkel sukkel uit die bed gekom...ook nie lekker as manlief eers later ingaan werk toe en hy maak my jaloers as hy nog kan le nie......

Wel julle, ek het 'n baie suksesvolle dag gister gehad. Het uiteindelik tyd gehad om my bed by die hospitaal te boek, al daai papierwerk...sjoe. Dan ook ek is nie die proud owner van 'n temporary ID.....met my nuwe van.......sal maar net vinnig mention dat ek wel vir 2 ure by binnelandse sake moes sit om dit te kry.

#Natsie ek is bly jy voel beter...het jy toe ooit jou Gynea in die hande gekry?

#Lulu, jy sal nog sien mense is nie skaam om te se hoe hulle voel op die forum nie...dis wat dit so uniek maak....jy is swanger...so jy mag maar kla net so veel as wat jy wil!!!

#Eileen, sterkte met die swellery....en o ja die fluksheid het nou eers bietjie subside...
so moenie sleg voel nie!

Wel laat ek maar my dag aanpak met my 22 kiddies.....

Geniet julle dag!
Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #84615 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hel Lulu, moet julle elke keer van Vryheid af ry? Dis ver!

My afspraak is 11:00. But ek sal aan julle dink! Die ontvangsdame het gese dok sal vir ons 'n datum gee met hierdie afspraak. Ek gaan vir 'n keiser. Jy? Gaan jy normaal? Dit kan 'n ding afgee as jy in Vryheid sit?

H, stop om so fluks te wees, jy maak ons net meer depressed. :silly:

Nats, dit was my grootste bekommernis laas week, ek het nie eers na die BS uitgesien nie, oor ek die hele tyd geworry het oor my reaksie of whatever dit moet wees.

My voete het skielik begin swel!!!! Ek was lekker grootbek, oor ek nog nie begin swel het nie, but boy die poffertjies wat die plek van my voete ingeneem het lyk soos iets uit 'n sci-fi movie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #84501 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Halloooooo

Hoe gaan dit vandag? Gaan darm bietjie beter jong nie meer so intense seer nie, skoon bly het die nag om gebid dat die pyn net sal weg gaan! Darm het dit, dankie Jesus.

Ek gaan nie jok nie maar ek is nogal moeg vandag! Kan nie my oë oop hou nie!

Die naweek my BS. Aai julle hoe act mens surprised? Ek is nie veronderstel om te weet nie maar my sussie het so rukkie trug dit so obvious gemaak dat dit die naweek van die 31ste gaan wees en my ma het my gister aand gebel en saam genooi na 'n fliek waarvoor my sussie kamstig 3 komplimentere voor gekry het! lol Yeah right! Vra toe vir Manlief of dit sal reg wees as ek Saterdag oggend saam hul gaan fliek en hy sê toe net ja dis reg wat vir my sê hy is ook in op dit want hy hou nie daarvan as ek naweke ander dinge doen as hy af is nie. Maar nou sit ek en freak myself uit oor hoe ek moet reageer so not me ek sweer ek gaan begin lag of wel ek weet nie!

My sus moes net haar mond gehou het!

Julle moet 'n wonderlike daggie verder hê.

Hugs ekke

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #84465 by LuluC
Replied by LuluC on topic Re:September 2010 mammas
Hi julle, julle laat my darem lag!!

Eileen, ek bly in Vryheid en my Gynae is Dr van der Walt, ek kan al sien as hy jou antwoord met die smile op sy gesig. My afspraak is 2 uur, Don 5 Aug, en joune?

My man het 'n boeredag vandag, so glo nie hy gaan te vroeg by huis wees nie, gaan net vir my en my dogtertjie lekker sop warm maak, met vars brood. Is ook lus vir lekker homemade muffins, so sal miskien bak.

O ja, my BS was toe ook die naweek gewees, was so lekker om al die blou goeters te kry. Is so geseënd met al my familie en vriende.

Julle moet almal 'n lekker dag verder

Liefdetjies
LuluC

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #84203 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
HI Julle,

Wel ek sal seker nog kom waar julle is, maar sover gaan dinge maar aan...moet maar net....daar is nie tyd vir stilsit nie!!!

Was Gister by Gynea....op 32 Weke is weeg ons klein peanut 2.1kg.....en sover le ons nog kop bo.....gaan in elkgeval 'n keiser he so maak nie saak nie!

Was gister heel fluks, na die Gynea afspraak vir manlief weer by werk afgelaai en toe gaan shop, het soortvan pj's gekry en solank 2 voedings bra's gekoop.

Daarna huistoe, nog 'n batch van peanut se goedtjies gewas ( met die hand), bietjie aan die kant gemaak, kos gemaak en 'n batch sjokolade cupcakes vir manlief gebak( hy vrek daaroor, ook iets lekkers om in sy lunchbox te sit). Toe is dit 7:30 en ek sit vir die eerste keer vandat ek by die huis gekom het.

Vandag is nog 'n besige dag....moet by binnelandse sake gaan aansoek doen vir my nuwe ID het dit nog nooit verander vandat ons getroud is nie, maar wil dit net gedoen he voordat baba kom! So dink aan my.....en daarna nog so bietjie shopping, since ek Saterdag 'n portfolio beplanning het vir volgende jaar en Sondag kuier manlief se familie by ons......

Natsie en Eileen........P A N A D O ' S .......en onthou dis amper verby......!!!!! ( Dink aan julle)

Hoop julle almal het sommer 'n great dag!!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #84019 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
LOL Ja ek sal jou goed glo! Sê vir hulle hul moet hul knieg af skiet en dan 'n Panado daarvoor gaan drink!

Energie vanaand not much hey ek't nie eers krag om van die werk af huis toe te ry nie, ag ek wil nie eers kar toe loop nie ek is pe!

Maar nou ja help nie ek kry myself nou jammer nie nê!

Geniet die aand

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #83991 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Nats, ek voel jou pyn...wel net op 'n ander deel van die anatomie! Abses...need I say more! En almal se met 'n smile op hulle gesigte...drink 'n panado....voel of ek 'n panado in iemand se gat kan druk.

Ek het die gynae se ontvangsdame gevra of mens kan OD op Panado....haar reply: " Drink maar net soos voorgeskryf 2 elke 6 ure en probeer dit maar uitrek." HAHAHA grapgat! Sy't seker nie mooi gehoor...ABSES nie.

Jy het baie energie! Ek maak kos in die aand, en dis sover my energie levels gaan! Gelukkig het ek 2 groot girls.

Die bakkie ding kan 'n challenge afgee. Sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account