heart gesels saam op die pad na geboorte

11 years 8 months ago #254469 by Lagogies
Happy face gaan kyk gerus by Stella. En sluit aan by South African cloth nappy users :)

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254465 by happyface
Baie dankie Stella! Ek sal beslis nader aan die tyd 'n draai kom maak en presies kyk hoe werk die lapdoeke! Ek dink ook dis baie meer ekonomies as die weggooi doeke - en dit hou meer voordele in klink dit my!

Ek is by dr Constantinides, gaan al die laaste 7 jaar na hom toe vir my check ups en so aan. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254462 by StellaK
heyhey, baie welkom op die groepie, dis baie lekker om te gesels met ander dames wat op verskillende trimesters van swangerskap is.

fantasties. wie is jou gynie? ek is by De Meulenare.

so bly jy stel belang in die lap doeke. die beste sal wees as jy 1 saterdag by my 'n draai kom maak, dan kan jy dit sien en voel. dan kan ek jou lekker detail vertel.
ek het nog nooit 'n poef doek gehad wat gelek het nie, maar met weggooi doeke het ek al 'n paar ontploffings gehad, so om veral dai pap pasgebore poef binne te hou werk lapdoeke baie beter. mens hoef ook nie naastenby so baie boudjie room te gebruik nie, oor dit geen gemikalie en plastief in het nie. weggooi doeke het vreeslik baie gemors in. (ek gebruik meestal coconut olie as boudjie salf)
my seuna kry baie maklik rooi boude, as hy 2 weggooi doeke na mekaar aanhet is sy boudjies bloedrooi, waar met die lapdoeke het ek baie selde rooi boude.
dit werk ongelooflik lekker en is baie maklik om te gebruik. dis ook nie vir my soveel ekstra moeite om dit te was nie. ek spoel gou elke aand die dag se poef doeke uit en die wasmasjien doen die harde werk.
hierdie is nou baie breedvoerig, maar vra gerus as daar iets meer spesefiek is waaroor jy wonder

hierdie is 'n baie goeie artikel met 'n paar videos:
www.parent24.com/Baby/care_nutrition/Cloth-diapers-101-20150114

geniet jou sonar vanmidddag - die 1e sonar is ongelooflik spesiaal.
en kom post 'n foto van dai peanut

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254460 by happyface
Hi StellaK,

Ek is nuut op hierdie groepie! (julle klink na 'n oulike klomp!)

Ek is nou amper 8 weke en gaan vanmiddag vir my eerste sonar! Is sooo opgewonde. Ekt gesien op jou bloedtoets jy was by die wilgers gewees. My gynea is ook daar! So dalk kry ons mekaar nog dalk daar in die kraamsaal gange! lol!

Kan jy my asb meer vertel van die lapdoeke? Ek het al daaroor gelees, maar sal graag by iemand wat dit gebruik hoor hoe werk dit. Lek dit nie ens?

Dankie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254437 by StellaK
Goeie more dames,

SwartKat, baie geluk met dai telling.
en baie sterkte met die naarheid - dis aaklig om so naar te voel die heeltyd.

hoop julle het almal 'n lekker dag.

Chrizzie, geniet jou scan vandag. kom gee ons 'n update asb.
(hoop nou ek het die dag reg :blink: )

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254429 by DieSwartKat
Hallo julle,

Dinge gaan mal by die werk, 2de week terug en almal is gestres, aai!

My bloedtoets is toe gister gedoen, beta is 870. Ek weet presies hoe ver swanger ek is, so hierdie uitslag is perfek en bevestig maar net wat ons reeds weet.

Die morning sickness-tannie was gister 'n groot deel van die dag by my, en ek is nog nie eers 5 weke nie. Het laas rondom 6 weke begin, het seker dieselfde verwag. Vandag was 'n perfekte dag, nie eers 'n klein bietjie naar gevoel nie.

Ek lees jul almal se posts so dikwels as ek kan, klink of dit goed gaan met almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254427 by TanyaS
Dankie :) ja jong, die tyd gan vreeslik gou verby

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account