file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #54881 by Nessie
Ansa, dis ‘n diet wat ek kan volg vir my PCOS.

Driekie, baie geluk en dit nog onwetend, dis ‘n lekker verassing!

LOL, dis ok Tienka, nie worry nie. Ek probeer maar oplet na wat ek eet maar ek raak nou gatvol vir so baie hoender.

Strikkie.... blahhhhhh.... ek word sommer siek as ek dink aan hoender.....

WAT HET EK GEMIS???? Word Morgs gedoen more?

Me - (26) 10/04/85
DH - (30) 13/12/81
TTC first LO since - Dec 08

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54878 by Driekie
Dis die hele ding Ansa - ek sukkel ok my gat af om gewig te verloor.Maar dit het al so 2keer vantevore gebeur dat ek 20kg elke keer afgeskud gekry het maar dan kruip dit weer terug.So die dag as ek verloor is ek flippen happy!!

Die eerste keer het ek Bioslim gedrink en woes baie aktiwiteite gedoen (volleyball, tiener-bediening - ja dis baaaaaaaie aktief wees, en en en)

En die tweede keer was n wilsbesluit wat frikken moeilik was om by te hou en nie in te gee nie.En toe het ek baie baie gesond geleef (die hele mineraal water en slaai effek)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54876 by Strik*kie
Tienka het ook Huggles se storie gaan lees. Ek kry eintlik rillings as ek daaraan dink en besef waardeur hulle gegaan het. Maak my sommer hartseer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54874 by Mommy2Monster
thanx nessie nous die blondie ook weer by ;-)

julle guess what ek werk net tot 14:00 dan is ek buite in die veld op site...LEKKER!!!!!!! en dan is ek more af wat boeta se ore en neus word gedoen...

sal wel kom loer vir morgs se update;-) ai M finaly!!!! na lank wag en probeer en die 9 maande is die groot dag hier! geniet elke oomblik my ttc en preggie maatjie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54869 by Strik*kie
Kriekels, het jy lekker geeet? Seke weer KFC ne? :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54868 by Tienka
Kriek, wat was op die spyskaart :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54865 by Tienka
Ansa, dis dr Cohen se dieet waarop ek verlede jaar was net voor ek swanger geraak het. Dit help met insulien weerstand wat PCOS verbeter en as jy dan nog boonop baie agterlosig is met jou inspuiting dan lyk jy nou soos ekke :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account