file November 2010 Mammas

15 years 11 months ago #125258 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: November 2010 Mammas
Moenie worry nie, vanaand doen ek niks meer as ontspan nie. Ek kry nou hoeka weer vreeslik BH kontraksies.
More gaan ook 'n besige dag wees, moet Trichardt toe ry more.
Ek kan ongelukkig nie 'n borrelbad vat nie, dit is blaasinfeksie guaranteed.
Het myself met 'n boksie Quality Streets getreat en sit nou op die bed en geniet dit.

Gerne en Anina hoop daar gebeur iets vanaand. Hou vir julle duime vas.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125245 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Jitte, maar jy was bedrywig Elaine! Los maar die wassery vir more en gaan klim eerder nou in die bed. Of vat jou kans terwyl die kids slaap en gaan le en soak in 'n lekker borrelbad! Jammer dit kan nie gepaard gaan met 'n glas wyn nie...

Lekker aand almal, hou duim vas dat ek of Gerne of albei van ons die hospitaal jaag doen vannaand!

Gerne, onthou jy nog jou liedjie... aanstap rooies, die pad is lank en swaar, die mense wag al daar en die koffie is al klaar! Ons is in die pylvlak!! Amper daar! En die eindpunt is so die pad werd!!!!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125241 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: November 2010 Mammas
Kinders darem in bed. Ek verstaan nou hoekom ek so ongelooflik moeg is vandag. Ek was nogal heel produktief.
Het babatjie se duvetjie klaar gemaak, het twee paslakens gemaak, het laaste afrondings werk op haar doekies gedoen, het al die klere en kombersies gewas en die kombersies en duvet gestryk ook.
Moet nou nog net die doeke en handdoekies en spoegdoeke en waslappe was, dan is alles mooi skoon en reg vir kleinding.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125231 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: November 2010 Mammas
Dink ook dit is maar die ligamente of babatjie het dalk 'n senuwee vas gele.

Ek is so oor vandag, wil net in my bed klim en huil, maar daar is drie honger kinders wat kos soek. Moet hulle maar eers voer en in die bad en bed kry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125095 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle

Elaine, dit is seker maar net jou ligamente, ek kry ook sulke pyne. Dis nogal erg partykeer, seer genoeg dat ek sommer wil begin huil. Ek het ook vreeslik baie BH gekry, maar nou dat dit tyd raak vir sussie om te kom, is daar niks!!!

Gerne, hopelik is die week ons week. Voor Donderdag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124756 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: November 2010 Mammas
Ek het gisteraand wakker geword en wou omdraai en het toe die vreeslikste pyn aan die onderkant van my baarmoeder gekry, ek kon nie beweeg nie, na 'n hele rukkie het dit weg gegaan, het die pyn so bietjie gevryf. Wonder of dit 'n senuwees was wat vasgeknyp het of wat.

Ek is so bang babatjie kom vroeer as wat sy moet, veral nou dat ML nie hier is nie. Ek kry ook vreeslik BH kontraksies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124745 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re: November 2010 Mammas
More almal.

Wat 'n naweek, ek kry my arme man so jammer. Ek is PREGZILLA op die omblik. Ek wil net heel tyd baklei, niks is reg nie. Ek is moeg, my lyf is seer, ek huil oor alles. Dis net te erg.

Ek hoop dit gaan beter met julle, en dat julle 'n lekker naweek gehad het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account