Ek is ook lus om dit te probeer, het reeds die plekkie opgespoor, maar ek sal dit eerder nie hier by die skool begin druk nie, nou nou gebeur dinge te vinnig en dan het ek 'n probleem...
Hier is 'n link vir 'n verduideliking van die accupressure punte:
acupuncture.rhizome.net.nz/downloads/Acupressure.pdf
Die een wat die serviks help ontsluit is SANYINJIAO SP-6, die ander wat kraam kan help aanbring, help kontraksies aanbring, ek gaan dit defnitief NIE probeer nie want ek wil nie in kraam gaan voor die serviks nie gereed is nie. Maar die ontsluit ding dink ek sal dalk nie 'n slegte idee wees nie.
Lelie, jy kan nie nou al gatvol raak nie girl! Daar is nog te veel tyd oor vir jou! Sterkte, ek dink jy het ook maar daai 36 weke blues begin slaan. Hopelik is die yster tekort nie 'n groot probleem nie, en onthou met enige probleem is dit beter dat hulle dit vroeg vang en daarvan bewus is want dan kan daar iets aan gedoen word voordat dit jou baba beinvloed.