file November 2010 Mammas

15 years 11 months ago #124224 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
goeie more...aah, weet julle, een aand se goeie slaap maak op vir al die aande wat 'n mens nie kan slaap nie, so ek voel regtig goed vandag. Toe ek my kop op die kussing neersit was ek weg, en eers weer my oë oopgemaak omtrent 5am.

Laat ek gou wegspring hier, en dan gaan ek bietjie kom gesels vanmiddag. Ooh ja, ek dink ook sy het gesak. vanoggend toe ek kar ry, toe "druk" my maag op my bo-bene, was weird....maar dit voel nie veel anders daar onder nie...surely weet 'n mens as hulle koppies in die kanaal is?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124219 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
More almal!

My lae rug is baie seer vanoggend. Hopelik is dit 'n teken dat sussie oppad is die naweek.

Gerne, ek het nogal baie respek vir jou gyni wat nie bereid is om 'n induksie te doen as jou serviks nie gereed is nie. Baie dokters gee nie 'n hel om of jy nou induksie kraam en keiser moet beleef nie. Hoe langer jy loop hoe korter word die kraamproses blykbaar.

Gelukkig is vandag my laaste dag, ek is so moerig met hierdie kids, maar dis omdat hulle sooooo moeilik is vandag. As dit nie my laaste dag was nie, sou ek dalk net een van hulle vermoor het en dan was dit verseker my laaste dag, vir altyd!

Die kinders in ons skool is almal effe spesiaal vir een of ander rede, en die een kind in my klas is 'n totale text book geval van waarom Ritalin bestaan. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is erg gekant teen die onnodige uitdeel van Ritalin en ander behaviour modification drugs, maar hierdie kind kan regtig nie daarsonder funksioneer nie. En as hy dit in het, is hy 'n droom, nie 'n zombie nie, net 'n normale gelukkige aktiewe kind.

Nou het die klein klits vanoggend vergeet om sy Ritalin te drink. Hy kan nie sit nie, hy kan nie stilbly nie, hy het nou al 3 keer sy skoene uitgetrek en sy kouse oor sy ore gehang, en dis nog net 9 uur! Die skool het eers 8:15 begin!!! Geen mens kan vandag gewerk kry in my klas nie, hy disrupt alles. En die ergste van alles is dat hy dit regtig nie kan help nie, so dit help nie ek raas heeltyd met hom nie, want hy kan dit nie beheer nie. En hy is eintlik 'n oullike kind, so hy doen alles met die beste intensies en praat met 'n soet seuntjie stemmetjie... maar hy het net nie einde nie!!!

Dis miskien 'n goeie ding dat hy dit op my laaste dag aan my doen, dan sal ek hulle nie te veel mis gedurende my kraamverlof nie!!

Hoop julle het almal 'n heerlike dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124192 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
More

Skapie & Anina geniet jul laaste dag by die werk, dan kan jul ook lekker rus!

Ek le nog in die bed, nie baie lus om op te staan vanoggend nie :) En ek is canoggend vrek lus vir n meusli en yogurt ontbyt, yum. Probleem is net hier is nie meusli nie :(

Ek is baie bly dis naweek, probeer nog my man om praat dat ons more middelburg toe kan gaan maar hy is bang hy moet terug jaag LOL

Hoe voel almal?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124056 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Lol Skapie, julle sal weet as ek in die hospitaal is :) Jy curse ons almal nou met die overdue storie :( LOL

Anina, dis great dat jy dink sy het nog gesak!!! Yay vir die 39 wekies, ampertjies!!! Ek hoop ook dis jou naweek!!! Lyk vir my paar Nov girls gaan my voorspring!

Rosie, ek is bly jy voel beter, die laaste tyd is maar 'n erg roller coaster ride. Hang in there! :) Shoe nog 'n week oor van werk. Sterkte.
Ek was so emosioneel van gister af, sho sho. Ek stap vanoggend by die hospitaal in en toe die suster vra wat is fout huil ek so dat ek nie eers kan praat nie :woohoo: Die hormone is nie 'n grap nie hoor.

Ek het van gister af nie baie lekker gevoel nie toe gaan ek hospitaal toe sodat hulle my net kan check, die dokter was by die hospitaal so toe kon hy my sommer sien. Ekt hom gevra oor die stretch & sweep en het hy gekyk maar bad news, kan dit glad nie doen nie want my cervix is steeds te hoog en kan hy hom skaars bykom en R sit ook nog vreeslik hoog, hy het my gewys hoe hy sy vingers russen sy kop en my koekiebeen kan indruk. So toe se hy hy stel glad nie meer induksie voor vir more nie want die kanse soos dit nou lyk is 80% kans dat dit op ‘n kyser sal uitdraai, en dit wil ek mos nou nie he nie. So hy skat R gaan nie kom binne die volgende week nie.

So dis dit, ek moet nou maar net my finale bietjie geduld uit druk en kalm wees. Maar dis moeilik, jis dis nie lekker om so oor te loop nie. En nou hoop ek maar net dat hy wel een of ander tyd sak.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124006 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
ha ha ha Anina niks meer vir my vandag nie dit is oor Gerne gepraat het op die Oktober mammies van die kersfees shopping.

Ek hoop vir julle dat julle babatjies nou vinnig kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123991 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
he he anina...positive thinking....ek hoop eintlik ook om nie volgende week se afspraak te maak nie, dan spaar ek darem bietjie geld...as om nou weer vir 'n afspraak te betaal. maar alle dinge op sy tyd.

Lekker middag vir almal...ek is so te sê klaar hier....het alles op hopie gepak wat ek moet file....en dan is ek klaar...ek gaan dit more oggend aanpak. is nou eenvoudig te lui.

my rug het maandag begin seer raak, baie hoog op....en soos die dae aangaan, skuif daai rugpyn al hoe laer.

vir al wat ons weet is gerne klaar in die hospitaal...sy het nog nie kom groet vandag nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123714 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Rosie, jou preggie porrige brain skop nou lekker in. Dis oor minder as 2 maande Kersfees... Ons moet nog eers deur November kom jong.

Bly jy voel beter vandag! Sterkte met die kaap toe gaan met 'n pap baba, ek het met Stefan op 8 weke op vakansie gegaan en dit was 'n nagmerrie. Die keer bly ons meeste van die tyd by die huis!!

Skapie, dit kan nou enige tyd wees girl, so wees maar op die uitkyk. Ek gaan ook die 4de weer gyni toe en ek dink Gerne ook. So dit gaan 'n besige daggie wees. Hopelik kom ek en Gerne nie by daai afsprake uit nie!!

Gerne, ek hoop die naweek is ons naweek!! Hierdie girly maak my nou erg seer. As ek toilet toe gaan voel dit of sy wil uit, ek dink haar kop is nou regtig engaged! Hopelik druk sy my serviks ryp!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account