More almal!
Skapie, geluk met jou dogtertjie!!!
Ek hoop die sms ketting het gewerk en dat almal die boodskap gekry het dat Skapie se Rebecca vanoggend 2:10 gebore is.
2.6 kg en 54 cm.
Voetjies, more is jou dag! Sterkte! Mag alles goed afloop en jy en manlief julle dogtertjie baie geniet.
Hier is ons lysie, ek sit die actual geboorte datums op.
Gerne 27 Okt - Normaal
Anina 5 Nov - Normaal
Voetjies 5 Nov - Keiser
Ashleigh 9 Nov - Normaal - Gebore 2 Nov
Skapie 10 Nov - Normaal - Gebore 4 Nov
Rosie 24 Nov - Normaal
Lelie 29 Nov - Normaal
Elaine 8 Des Normaal
Ek het 'n hectic dag gehad gister en 'n hectic nag ook! Maar nie omdat daar enige verwikkelinge by my is nie...
My niggie is 38 weke swanger en haar man werk op 'n oil rig in Brasillie. Hy moet Saterdag terug kom, maar toe gaan sy gister gyni toe en na 'n inwendige ondersoek bloei sy toe so baie dat ek en manlief haar gister aand half 10 omgepraat kry om hospitaal toe te gaan.
Natuurlik moes ons haar vat, so ons weet nou ons stelsel van bel die nanny, en ry hosp toe werk. Die nanny was binne 10 min by my kind en ons was binne 15 min in die kar oppad hosp toe. Met al my goed ook want toe beweer my man natuurlik dat ek sommer ook sal kraam as ek vir niggie sien kraam.
Maar na die 20 min monitor en dokter vir niggie kom sien het, het sy besluit (teen doc se aanbeveling) om huis toe te gaan en by die huis op bedrus te wag. Haar man probeer nou vroeer terugkom, hy sal hopelik more middag hier wees, maar sy is heel moontlik vlg dr in vroee kraam want haar serviks ontsluit stadig aan. So ons dink baba gaan dalk voor sy pappa hier wees
Sy het nog nie eers haar hospitaal tassie gepak nie, so ek gaan nou nou vir haar inkopies doen en haar help pak. Sy het ook 'n nuwe kar gekoop wat sy vandag moet gaan haal, so ek gaan dit ook namens haar gaan doen. En dan gaan ek haar ouer kids by die skool haal en reel dat hulle iewers bly tot baba en pappa terug is. So hopelik help al die mannewales dat my baba sommer ook binnekort kom.
Haar arme man wat daar is Brasil sit bekommer homself dood en probeer alles menslik moontlik om terug te kom. Ek hoop hy is betyds!!
Hoop alles gaan goed met almal hier. Elaine, eks bly jy het jou goedjies uitgesort.
Gerne, vandag is jou dag!!!