file November 2010 Mammas

15 years 11 months ago #123381 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
Goeie middag....2 daggies om te gaan vir kraamverlof.....ek kan nou regtig nie meer wag nie! is vandag presies 38 weke....scary. ek wil eintlik bietjie kook vanaand, maar ek het nie lus nie...slaap is op die stadium beter en belangriker....ek moet gaan lê na werk, anders sal ek dit nooit maak nie.

verder nie veel nuus nie....lyk nie of my maag nog gesak het nie...maar sy is def besig om af te beweeg, daar is baie beweing in my buik area

Ek het 'n pie geeet vanmiddag, en sit nou met lekker sooibrand, op 'n siek manier was dit die moeite werd.....ek suffer verskriklik met sooibrand die laaste 4 dae, was nog nooit so erg nie...maar sy beweeg vir my verskriklik baie vaan een sy na die ander sy, so dit kan seker ook die rede wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123221 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
More julle!

Shame Rosie, dis nie lekker om so te voel nie! Maar ek en Gerne het ook op 36 weke so emosioneel en depro gevoel, sy het dit die 36 weeks blues gedoop!

Jammer om te hoor van jou bloeddruk, maar dit is 'n vrek belangrike aspek en kan baie komplikasies veroorsaak. Sterkte, ek hoop dit level uit sodat jy nie 'n induksie nodig het nie.

Ek was gister by die dokter en hy is van mening dat ons nie binnekort ons dogtertjie gaan ontmoet nie. Hy se sy sit vrek laag, maar my serviks is nog hoog, hard en toe. Hy dink nie dit sal binne dievolgende week gebeur nie. In fact, hy sien my eers weer vlg Donderdag...

Ek mik nou sommer vir iewers tussen 10 en 15 Nov, dan sal ek hopelik nie teleurgesteld wees as sy nie teen my amptelike due date vlg Vrydag kom nie.

Voetjies, wie weet, miskien is ons regtig vlg naweek saam in die hospitaal! Dan kan ons lekker saam pop speel. Het jy toe al iets gehoor van die gyni oor jou datum?

Lekker dag almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123163 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Hallo julle almal.

Sjoe voel baie imosioneel vandag wil net huil. Was gister by die dokter gewees. Het internal ondersoek gehaat om te kyk of my pelvis reg is en regte vorm het alles lyk baie goed. Gabby het klaar begin sak in my pelvis in. Is op bloeddruk pille gesit want my bloeddruk is te onreelmatig en dit beskadig my niere. Sien hom weer maandag en as my bloeddruk nie reg is nie doen hy induksie op 38 weke.
Hoop julle het 'n lekker daggie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122994 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re: November 2010 Mammas
Dankie Anina - Sal gaan kyk of ek jou fotos kan sien.

My Skoonma dink haar klien dogter kom Sondag, weet jy ek sal glad nie omgee nie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122875 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Ashleigh, jou fotos is stunning! En die kamer is ook pragtig!

Ek het Vrydag 'n maternity / family shoot gehad. Die fotos is op fb onder nuance photography se family album. Ek wag nog vir die CD met my copies op. Maar sover is die wat ek op fb gesien het regtig mooi. Sommer net hier in ons tuin geneem, so dis nou nie studio fotos nie, maar ek like dit so.

Skapie, ek weet waarvan jy praat, ek wil hierdie lady uit he, maar sy wil nie vir my luister nie. Ek het gisteraand so erg maagkrampe gehad dat dit kontraksies begin veroorsaak het en ek gedink het ek is in kraam. Maar toe begin arme Stefantjie ook skree van die krampe, toe besef ek dis eerder 'n maagvirus as kraam. So hier sit ek nog, geen teken van kraam nie.

Ek is nie meer huilerig nie, maar my humeur is BAIE kort! Miskien van die min slaap gisteraand. Ek en Johan (het die dag afgevat omdat ons nie geslaap het nie) was gou gou Game toe. Toe staan ons vir 'n halfuur in die rekenaar afdeling en soek 'n printer sonder dat enige iemand ons help. Toe ons uiteindelik self regkom, en gaan betaal, is daar 'n probleem met die muis wat ons gekoop het se prys. Hulle vat toe so lank dat ek later nie meer kon staan nie, en toe roep ek BAIE HARD (ek het 'n klipharde juffrou stem!!!) 'n bestuurder en trap hom uit oor alles so lank vat. Ek se toe sommer ek is 9 maande swanger (is mos...) en vir wat moet ek nou vir ure lank staan en wag vir om vir iets te betaal. Julle moes sien hoe spring die mense toe! Maar ek het regtig kliphard geroep vir 'n bestuurder, almal in Game kon my hoor! Die bestuurder het sommer van agter in die winkel af aangedraf gekom!

My arme man het homself goed gedra, hy was gereed om uit te bars van die lag vir die hele palawa.

So ja, ek dink arme Johan trap op eiers vandag, hy is defnitief nie lus om ook deur te loop onder my humeur nie... Hopelik het die dokter vir ons goeie nuus vanmiddag, soos dat kraam nou naby is. Anders sit ons dalk binnekort in die skeihof ipv die kraamsaal...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122825 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
Wow Ashleigh....jou foto's is beautiful!!!!!!!!!!!ek gaan nou nou probeer my foto's opsit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122754 by Ashleigh

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account