hi amperkies mammas! bly dit gaan goed met almal. sjaim skapie, baie sterkte met die moeg wees!
ai gerne, ek hoop jou tyd kom nou vinnig.
ek sal nog n foto opsit, moet ene neem...sal in die week, belowe.
het vandag my naels en toon naels laat doen, so dit lyik darem weer netjies en ek't toe uiteindelik by die winkels ietsie gekry vir my huistoe kom uit hospitaal dag.
more doen ek my hare en woensdag my pregnancy photo shoot, sien baie uit daarna!
Rosie, baie geluk met jou sus se baba.
sorry, ek lees al die posts, maar teen die tyd wat ek opkom om te reply, vergeet ek weer helfte van wat almal gese het!
anina gebeur daar nog niks?
my ginek se ontvangsdame het my nou gebel...hulle wil my datum verander. KAN JULLE DIT GLO?!?! Hulle het nou blykbaar nie die teater tyd gekry wat hulle op gehoop het vir die dag nie, so ek moet skuif na die volgende dag toe. julle ek is so bitterlik ontsteld hieroor! ek't my datum al 7 maande terug vasgemaak, en is 1 van die vroegstes op die dag se teater tyd, so hoekom moet ek nou terugstaan? ek voel persoonlik dat wieookal na my gekom het, mos nou maar kan skuif. ek't haar gese ons het juis nie op die 6de besluit nie, want dit is my sus se kind se bday en ons wil he ons baba moet haar eie bday he. sy't nou gese sy sal met die ginkel praat en terugkom na my toe. ek flippen weet nie wat ek gaan doen nie. obviously as ek nou nie n keuse het nie, het ek nie n keuse nie, maar ek gaan so ontsteld wees. en wat as ek dan veraltyd onsteld is met haar geboorte datum wat geskuif het? dit klink dalk nou stupid van my, maar ek't nou nog heeltyd reggemaak vir die datum, en nou moet dit verander?!?
ai tog, laat ek gaan eet, dalk voel ek daarna bietjie beter.
chat later weer.
hoop julle het almal n heerlike dag!