hi julle!
lyk of dit nog met almal goed gaan...
ek lees al die posts, maar reply nou nie op elke een nie, kan anyway nie elke keer onthou wat almal se nie!
hier gaan dit ook goed. ek geniet dit baie om by die huis te kan wees, en te gaan le as ek wil le.
ek't n paar rustiger dae gehad en toe lyk my gister het die skrop ingeskop, alhoewel, vandag nog nie weer nie, al speel alles wat ek nog wil doen vandag oor en oor in my kop af. sal sekerlik na ek alles op die rekenaar gedoen het wat ek wil doen, weer die huis en dinge takel.
ek't uiteindelik al Mia se goedjies klaar gespoel, en haar kaste en amper hele kamer oor gepak...en uiteindelik gisteraand ons tassies gepak! jippee, ek kan dit van die lysie aftiek!
was vrydag by ginekol, alles gaan goed met Mia. sy weeg nou maar 2.4kg...

skielik nie meer so groot soos ons van die begin af gese het nie. sy le ook steeds nie reg nie, en volgens dok is daar te min water oor dat sy nog sal draai, so ook maar goed ons het op keiser besluit! en natuurlik omdat sy nie gedraai het nie, gaan haar koppie ook beslis nie regkom voor geboorte nie. ek hoop en bid hard dat haar koppie nie te erg lyk nie! ag jong, dit maak ook sekerlik nie saak nie, sy moet net gesond en sterk wees, dis die belangrikste.
ek hoop julle het almal n heerlike dag en wonderlike week. sterkte vir almal!