Hi daar!
Ek is sooooo opgewonde oor baba, ek wens ek kon haar nou al vashou! Maar ek dink my wag is amper verby, gaan vandag stap, stap, stap en stap. Hopelik vang sy die skimp! Ek het gisteraand baie onrustig geslaap en was vir ure lank wa wyd wakker. Maar vanoggend voel ek glad nie moeg nie en ek kry net so 'n gevoel hierdie gaan 'n opwindende naweek wees.
Maar net die tyd sal leer...
Rosie, baie geluk met jou sussie se baba! Hy is pragtig! Hulle se 'n groot baba kom eintlik makliker uit as 'n kleintjie, dit maak nie vir my sin nie, maar dis blykbaar hoe dit werk.
Genre, jy is seker nou al moeg gewag. Jy is so naby aan jou due date, as ek jy was het ek al trampolien gespring om daai mannetjie uit te kry.
Bly alles gaan so goed met al die babas, ek bid dat alles vorentoe ook so goed sal bly vir ons almal.
Ek gaan nou alweer my naels laat doen, want die wonderlike UV glaze wat die girl laas Vrydag vir my opgesit het, wat blykbaar beter hou as gel, chip al klaar af. En dit chip lelik af hoor. So here we go again.
Dan het ek vanmiddag uiteindelik my maternity photo shoot, ek kan nie wag nie.
Lekker dag, en lekker naweek almal! Gerne, jy moet laat weet as dinge gebeur ne!