Oe Gerne, ek is so jaloers! Maar more is ek ook af, ons het mos halfterm break. Ek kan nie wag nie.
Was toe gister middag by die dokter. Claudia le mooi met haar koppie af en boudjies aan die regterkant. Reg vir aksie. Daar is nog lekker baie vrugwater, ek het met S ook so baie gehad, toe my water breek was dit soos die vaaldam wat breek! Sy le nog nie ver onder nie, maar die dok se tweede babas sak partykeer eers laat, selfs eers met kraam.
Hy se toe hy sien my vlg week as daar teen daai tyd nog niks gebeur het nie. Maar hy het nie 'n internal gedoen nie, ek is nog nie 38 weke nie, so hy sal seker nie regtig kan skat hoe naby ek is nie.
Ek het wel vanoggend 'n afskeiding gehad (tmi ek weet!) wat nogal slymerig was en heel moontlik 'n deel van die mucous plug kon gewees het. Maar die mucous plug kan weer opbou veral as dit net so stuk stuk uitkom, so dit is ook nie regtig 'n aanduiding nie.
Hoop julle het almal 'n heerlike dag! Voetjies en Gerne wat reeds op verlof is, geniet dit!!!