file November 2010 Mammas

16 years 1 week ago #113632 by Lelie
Replied by Lelie on topic Re: November 2010 Mammas
Dagse almal.

Was nogal lanklaas op is bietjie besig met die baba kamer en die huis. Ek en manlief was nog saam siek ook (hy het my aangesteek).

Ek moet donderdag by die dokkie wees, ek is nou in my 32ste week en sover is my due date nog die 29ste nov, sal donderdag hoor wat se die dokkie.

Die kleintjie raak nou baie bedrywig en dit voel of hy/sy al reg gedraai het.

Nou die dag het die snaakste ding gebeur, kleintjie was heeldag stil, niks beweeg of so nie en toe manlief by die huis kom toe skop hy/sy die hel uit my uit (my ma se hy wou vir pappa ook net hello se :laugh: ).

Gister was hy/sy net so stil, ek het na 'n ruk begin worry :( omdat hy/sy so stil is en ek dink nog by myself hoekom hy/sy so stil is toe beweeg hy/sy, so asof hy/sy vir my wil se "ek is nog okay" B)

Hoop almal se week loop rustig sal wel kom se wat die dokkie se.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113625 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re: November 2010 Mammas
Al wat ek moet vat vir baba is haar kleure, komberse en dummy die res van die goed wat n mens nodig kry,gee die hospital in n gift sak. Ek het ook haar kleure in zip lock sakke gesit. Dit werk lekker so. Ek kry 1 pak pads in die gift sak by die hospital so ek het net nog 1 extra pak gekoop.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113574 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Skapie, kry maar twee pakke, een was nie vir my genoeg nie. Ek weet dis huge maar jy sal verbaas wees as jy sien hoeveel bloed uitkom! Na die eerste twee pakke het ek oorgeslaan na always ultra pads toe. Het dit vir ten minste nog 3 weke gedra. Baie girls bloei vir 6 weke, ek kan nie onthou hoe lank ek aangehou het nie.

Ek hou nie van die disposable panties nie, dis so 'n los broek met super tight rekkies, ek verkies om sommer by pep 'n pak goedkoop vol panties te koop dan gooi ek dit ook sommer weg as dit vuil word.

Ek kry niks by die hospitaal nie, Netcare het 'n sak wat mens kan koop maar dis 'n rip off. Ek verkies anyway om my eie goed te vat dan weet ek wat ek het en my baba se kleertjies is uniek so dis nie so maklik om 'n baba om te ruil nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113554 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Skapie hoop sy kry haar eie verjaarsdag wil ook he Gabby moet eerder die 22 Nov kom as die 24 sodat sy haar eie verjaarsdag kan he.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113550 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Shame Anina weet hoe jy voel Okt voel nog baie lank.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113547 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
Jissie, julle baba tassies is omtrent gepak. Kry julle nie goodies by die hsopitaal nie? al wat ek moet saamvat vir baba is huis toe gaan klere, dummy, wipes, cotton buds, surgical spirits en pakkie doeke. die res kry ek daar. en dan obviousley kombersies en daai stuff ook net vir huis toe gaan.

dis lekker warm by ons. het gister die kamer se matte laat was...voel nou sommer soos 'n nuwe huis, met daai lekker chemical reuk. so ons het gisteraand voor die tv uitgekamp op 'n matras...was maar 'n gesukkel om op te staan om toilet toe te gaan, maar ek het darem lekker geslaap.

ek is vandag heeltyd so honger....maar lus vir olierige goed, sy sy het seker vandag besluit om nog gewiggies op te tel

Voetjies - bel asseblief die dokter.dit klink ook nie vir my reg nie, as dit niks is nie, dan weet jy ten minste, as om nou heeltyd te worry. laat hulle jou eerder op monitors of so sit. dit kan dalk net Braxton Hicks wees...maar maak seker...mens moet nooit in denial wees as dit by die tipe goed kom nie. as ek mag vra, het jy besluit op keiser?

Oor my datum....ek verjaar die 10de november. en ek wil graag hê Rebecca moet haar eie verjaarsdag hê. So die plan is (ek weet dit werk nie so nie), wil uitgaan vir ete die 10de, lekker relax, en dan later die aand in kraam ingaan :)

ek moet ook nog panties en al daai lekker goed gaan koop vir die tassie. die wat al daar was....dink julle een pak maternity pads is genoeg?ek het nie lus vir daai skepe nie. dan sal ek opstock op always se super absorbent of iets.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113539 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Rosie, ek werk ook nog tot einde Okt. Glo my, ek is goed gatvol! Ek wens ek was meer sensible en het vroeer verlof ingesit. Maar ten minste is ek dan tot einde Feb af.

Voetjies, geniet jou laaste week, dis amper verby!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account