more almal
Aaaah........gerne.....jucky....ek like ook nie 'n internal nie. dalk doen my dokter myne eers later. hy is darem nie een wat lief is vir krap nie.
ashleigh, hou daai pyne dop. Dalk is dit net BH. maar hulle sê as jy mos die pyne met lae rugpyn ens kyk, moet jy maar time ens.
Ek kry glad nie BH nie, my maag raak wel styf in die aande. maar ek weet omtrent nie daarvan nie, net vrek ongemaklik.
Ek kan nou officially my hospitaal tassie pak. Dankie tog. is opgestock op die pads, het nou eers gestaan en dom voel....want ek is nie 'n pads girl oor die algemeen nie. so het nou eers al die pakke gestaan en lees, en die druppel prentjies gecheck

. ek het die bepanthen gekry vir nipple room...so kom ons kyk maar. en ook sommer lekker opgestock op chips, jelly babies en sweeties vir die hospitaal....mens sal sweer ons gaan weg vir 'n naweek...my man is altyd so verbaas as daar sulke goed ingepak word...so dit sal hom bietjie besig hou aan die begin. En dan het ek verlief geraak op rooibostee en appelsap...dit is hemels. gaan ook so mix maak vir die hospitaal
al wat ek nou nog moet kry is 'n wasgoedmandjie, drommetjie, en 'n lampie.
lekker naweek vir almal.
so anina, lyk my ek en jy tel saam die dae af tot kraamverlof. ek moet sê ek voel baie beter. het nou jungle juice gedrink vir 2 dae, en ek het nie meer daai lamheid in my nie.