more almal! hoop julle het n lekker naweek gehad en dat dit met almal goed gaan.
hier gaan dit goed. ginekoloog is tevrede met alles, Mia weeg 2kg. sy le nog nes sy gele het, naelstring voor die gesig...maar alles gaan goed, so dis al wat saakmaak.
julle ek het saterdag nag die vreeslikste ondervinding gehad. ek't nou al (seker van 4maande al af) so funny "swelling, pyn" bo my ribbes aan linker kant. dit raak soms regtig baie erg seer, so dat ek nie meer kan sit nie...die pyn gaan saam met n pyn agter in my rug kant, omtrent dieselfde plek as voor. en die 2 pyne is elke keer op presies, presies dieselfde plek. die laaste ruk voel dit vir my of die 1 voor so half n "brand" pyn is. so skrik ek wakker saterdag nag en begin in n streep soos n matroos vloek, sonder ophou, trane tussen deur en ek druk manlief se arme hand omtrent stukkend en kan nie uitkry om hom te verduidelik wat fout is nie, want dis te erg. ek vloek net al die pad! julle toe voel dit regtig egtig of ek gaan doodgaan. toe voel dit omtrent of whatever dit is wat "bo-op die ribbes le" bars en daar loop lava vuur daar uit. dit was nie sooibrand of so iets nie, dit het letterlik soos n lava vuur gevoel wat op dieselfde plek bly "loop". uiteindelik kon ek uitkry dat lovie my nie hoef hospitaal toe te jaag nie, en ek't begin rustiger raak. ek wou nie weer aan die slaap raak nie, want ek was seker ek gaan doodgaan. dit was regtig die badste experience en gevoel! nou ja, dit het beter geraak, maar die pyn is nou konstant daar en dit bly nou "brand", darem nie soos dit het toe nie, maar ek's heeltyd bewus daarvan. ek was natuurlik baie bekommerd oor Mia, maar sy't vinnig daarna beweeg en van daai beweeg af, het is sy nog omtrent nie stil gewees die naweek nie. nou weet ek nie wat om te doen nie, ek neem aan dis nie ernstig nie, maar vrek julle, dit voel ook nie lekker nie! enige iemand dalk n soortgelyke pyn/brand of het vir my raad? ek't laas vir ginek vertel van die pyn en hy't gese dis maar deel van swangerskap en alles wat opskuif binne. ek sien hom weer oor 2 weke vir volgende afspraak.
skapie, bly dit gaan goed en dat sy gedraai het!
lekker anina so jy gaan more weer?
ek't nog nie my of mia se tassies gepak nie. ek wil elke keer, maar kom net nie so ver nie. gaan nou maar wag tot ek by die huis is, en dit dan doen!
gepraat van...ek werk nog nie hierdie week dan is ek klaar tot 7 Feb 2011! ek kan nie wag dat die week verby moet wees nie. ek kan die sittery nie meer handle nie, wil naby my bed wees sodat ek kan le as ek wil le!
nou ja, ek hoop almal het n heerlike dag en wonderlike week!
en ek hoop regtig iemand het vir my raad....