file November 2010 Mammas

16 years 1 week ago #114684 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Skapie, ek dink ook as ek reg onthou is 37 weke inwendig. Veral as jy beplan om normaal te kraam. Ek was met Stefan op 36 weke by gyni en het vir hom gese ek voel baie drukking, toe doen hy 'n inwendige ondersoek. Ek het hom weer op 38 weke gesien, toe doen hy dit weer...

Ek sien ook weer die dok op 37 weke die keer, so ek neem aan hy sal dan seker check of ek begin ontsluit as C al gedraai het.

Ja, nee Gerne, dit lyk my die Nov girls issi bang nie... Sal maar sien hoe dit nader aan die tyd lyk. Myne kan dalk verander as C nie draai nie, en daar is nog baie tyd vir allerhande interessante veranderinge.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114673 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
gerne, kom update asb oor jou doktersafspraak....ek wil weet presies wat word gedoen. my volgende afspraak is op 37 weke, en blykbaar is dit gewoonlik inwendig?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114670 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
ja nee gerne...die voete is funny. veral oor ek 'n nommer 3 skoen dra, het ek nie gedink dit is moontlik dat my voete so kan lyk nie. dit lyk of my onder bene ook bietjie geswel is.

ek kry nou alles klaar hier by die werk, is letterlik gatvol...en ek het nog 3 weke oor!

My kuite is vreeslik seer, voel of ek aan 'n wedloop deelgeneem het.

Anina, ek dink rerig nie jy moet te veel stres nie. veral oor sy al voorheen onder gelê het. gesels maar bietjie met haar, hulle luister nogals na hulle mammas :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114640 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Shoe, Nov is omtrent 'n klomp normaal girls. Dankie anina

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114636 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle

Ek begin nou regtig swaar trek en sukkel maar. Ag dis nou seker maar iets wat mens moet meer saam leef ne.

Hulle se mos die laaste maand voel soos 9mnde! En dis waar. Kan julle glo ek het net 3 wekies oor :woohoo: Ek kan nie wag nie.

Skapie, dink ek het al gese maar ek lag altyd so oor die geswelde voete want sodra jy gekraam het is die WEG. Vreemd eintlik ne. My bene swel nou selfs, as ek hurk of so dan voel ek dis duk tot by my kniee. nie lekker nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114633 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle!

Hier is die lysie weer, met Lelie by:

Gerne 27 Okt - Normaal
Anina 5 Nov - Normaal
Voetjies 5 Nov - Keiser
Ashleigh 9 Nov - Normaal
Skapie 10 Nov - Normaal
Rosie 24 Nov - Normaal
Lelie 29 Nov - Normaal?

Ek dink Claudia sit nou anders, geen idee waar haar kop nou is nie, maar dis nie meer onder my borsbeen nie... Daar is wel iets skerp in die kop se plek onder my borsbeen, dit voel soos 'n knieg, enkel of elmboog en dit timmer gereeld aan my!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113951 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
Anina Ek glo sy sal draai, veral as daar nog baie vrugwater is. Dalk moet jy nie te veel karring nie. Ek dink daar is oefening in die Your pregnancy om hulle te motivate om te draai. Sal gaan seker maak.

Julle die vet voete.....jissie, as iemand vir my 'n week terug gesê het dit sou gebeur, sou ek gelag het. wat nogals gehelp het gisteraand, ek het met my voete in 'n emmer koue water gesit, en die swelling het omtrent dadelik afgegaan.

ek gaan al my werk die week klaar maak, want as ek op kraamverlof wil gaan, dan wil ek gaan, nie nog tussendeur inkom nie.

Lekker dag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account