file November 2010 Mammas

16 years 2 weeks ago #110747 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
more dames! hoop dit gaan goed met almal!
sjaim skapie, asof jy nie al genoeg deurgeloop het met verkoue en sinus en dinge nie. sterkte, hoop jy voel sommer gou beter. ag lekker, jy sien seker uit na donderdag! my afspraak is vrydag en ek kan nie meer wag nie!
ek dink jy moet beitjie rustiger raak. ek was net so nes skropperig gewees en toe skielik voel ek net ek kan nie meer nou, nou sukkel ek al n week lank om te "recover" en weer krag te kry :) dit sal nice wees as jy die 1/2 dag werkery kan doen, dit sal ten minste help.
anina nou wanneer beplan die skool om iemand in jou plek te kry? wat as sussie vroer kom, wat doen hulle dan? weereens jammer oor jou woef, het jy toe gister gaan kyk vir n ander ene? gelukkig het julle nog genoeg tyd om kamer te verf!
gerne ek's totally saam jou. ek word skaars wakker dan voel ek ek's reg om weer te gaan slaap. ek bly dood moeg! geluk met jou vriendin wat ook swanger is!
ek kan nie wag vir my verlof om te begin nie. ek gee nie om hoe verveeld ek raak by die huis nie, solank ek net is waar ek kan gaan le as ek nie meer my oe kan oophou nie, of as die druk en steek pyne te erg raak...ek't darem n hele paar goedjies wat ek wil doen in daai tyd, en manlief werk darem van huis af, so ek's nie heeltyd alleen nie!
hoop julle het n heerlike dag en great week verder.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110415 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Ditto oor die mans gerne!!! My man se eerste woorde toe Stefan gebore is was: "Sjoe, eks bly Eva het daai appel geeet!"

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110406 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Hi dames

Shoe ek begin nou moeg te raak hoor, maar lyk my ons is maar almal in dieselfde booitjie ne! bly om te weet daar is mense wat regtig weet hoe ek nou voel :)

My een vriendin het vandag uitgevind sy is swanger en is in die wolke. sy se sy is op 'n high. toe se ek vir haar, ek wens net mens kon op daai high van uitvind jy is swanger vir 40 weke bly :silly: dink net hoe fantasties sal dit nie wees nie.

EN nou weet ons hoekom mans nie swanger kan raak nie - hulle sal dit nie kan hanteer nie!!!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110351 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi daar!

Skapie, ek voel nes jy. Was baie braaf en het gese ek sal werk tot einde Oktober, maar nou is ek net lus vir by die huis le... Ek wens ek het vroeer afgevat. Maar hulle het nog nie iemand wat in my plek kan kom werk nie so ek sal maar moet uithou vir nog so 'n rukkie. Miskien vra ek die dokter om my af te boek vir die laaste week in Oktober.

Ek het nog 5 weke werk oor, dit voel soos 'n ewigheid!

Sterkte met jou verkoue!!! Dis niks lekker om swanger en siek te wees nie, en nog minder terwyl dit so warm is.

Ek hoop julle het almal 'n great naweek gehad!

Myne was nie te great nie, my hondjie is Saterdag deur 'n nagadder gepik en het die nie oorleef nie. Ek is sommer baie hartseer en glad nie lus vir 'n nuwe hond nie. Maar my ander hond moet 'n maatjie he anders sal sy ons ore van ons koppe af blaf. So ek gaan maar vanmiddag by 'n shelter en die SPCA soek vir 'n ander hond. Ek wil verkieslik nie 'n baba hond he nie, ek sien wraggies nie kans vir 'n baba en 'n baba hond nie!

Ons sou nog die babakamer geverf het die naweek en het Saterdag oggend al die verf gaan koop, maar na die slang episode was ons spoed gebreek en het ons by niks verder uitgekom nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110331 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
hallo almal

ja jong, ou skapie sit weer met 'n verkoue....donderdag heel oggend genies, en hier van so 13:00 se kant, het ek soos die dood gevoel. eers gedink dit is hooikoors. maar ek voel toe sommer so sleg ek wil sit en huil, sommer net oor ek nie net kan gaan pille koop om dit reg te maak nie.
voel darem al beter. maar dit is maar in my neus in keel.

gaan donderdag vir 34 weeks check up. dink nie sy het al finaal gedraai nie....sy beweeg verskriklik baie rond nog.so sy gaan dalk 'n last minute baby wees wat draai.

ek gaan dit beslis nou moet rustiger vat. is hopeloos te besig in die aande en naweke...en ek begin dit nou aan my liggaam voel. ek wil ook nie doodmoeg wees as sy kom nie. gaan maar vra of ek van so 20 oktober kan begin halfdag werk . en dan vat ek my kraamverlof van einde oktober. was mos baie braaf aan die begin en gesê ek werk tot nu 99, maar ek het nie lus daarvoor nie. wil bietjie lê en boek lees, en net rustig wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109575 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Voetjies, eks baie bly jou bloeddruk is nie hoog nie! Suig dan maar net daai nr 9 pilletjies heeldag om van die swelling ontslae te raak.

Geniet die lang naweek almal!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109536 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
more julle. o, lekker, dis lang naweek!
welkom smeere - hoekom so lank gevat om te join? mag alles met jou swangerskap goed gaan...dit rukkie wat oor is!
ek't my bloeddruk gevat, en alles lyk goed en reg. het gister 2 keer gevat en vanoggend weer. vanoggend was 110/66.
ek hoop almal het n lekker dag en heerlike, rustige naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account