file November 2010 Mammas

16 years 3 weeks ago #107995 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi daar!

Gerne, ek het nog 6 weke se werk oor, tot 29 Okt, dan is my due date die vlg Vrydag 5 Nov. My laaste bespreekte gyni afspraak is 4 Nov. Maar ek dink nie ek gaan so lank hou nie. Ek dink ek gaan hopelik daai naweek in kraam as ek net klaar gewerk is. Maar die natuur speel nie noodwendig saam nie, so ons sal maar sien.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #107891 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Goeiemore mammas.

hoe gaan dit en hoe was julle naweek?

Ek het so gesukkel om vanoggend op te kom, lui hoor :) Kan nou nie meer wag vir my ML nie - al slaap ek nie tot watter tyd nie, net om te kan le en nie hoef op te staan vir werk nie, - wonderlik!

Ek is die week (Dndg) 35 weke, yay. Ek het wel nog van vandag af volle 4 weke oor by die werk :(

Hoop dit gaan goed met al die mammas en babas.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107470 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
Julle first Borns gaan fine wees...dalk moeilik die eerste paar dae, maar daarna gaan hulle so lief wees vir die nuwe baba, dit isn ie eers snaaks nie. vat dit net rustig...mens stres altyd oor die goed voor die tyd, en dan is dit eintlik so onnodig.

Lekker naweek vir almal.

Vreeslik koud by ons in die kaap...lyk my die winter kom nou eers behoorlik, het mos nog nie regtig reën gehad nie.

sjoe, ek weet nie of ek alles gaan kan doen wat ek wil nie, maar gaan my bes probeer. ek wil nou begin rustig raak naweke.

ek dink sy het gedraai...vanoggend toe ek afbuk, toe word ek darem in die ribbes geskop hoor - was nogals seer gewees....en die spier in my Lies is ook baie seer....voel amper soos 'n verslaapte nek. veral as ek opstaan, dan loop ek soos 'n ou mens.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107397 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Ek en Johan het dit darem anner dag bietjie probeer uitdink, so ek dink hy is ingelig dat ek van hom verwag om nog meer te doen as wat hy reeds doen. Ek hoop maar net Stefan sien dit nie as verwerping van my kant af nie, dis hoekom ek bietjie in die aande alleen vir hom wil storie lees sodat hy darem nog bietjie alleen tyd saam met my kan he.

Maar ek glo die liewe Vader sou nie vir ons nog een gegee het as Hy nie geweet het dat ons dit kan hanteer nie, en gelukkig gee Hy die krag...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107383 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Ek is ook maar net so bang oor hoe die dinge gaan werk, die nuwe roetienes.

H kom jump so tussen 6 en 6:30 by ons in die bed in, en dan is dit 'n groot gejollery en vryery. vanoggend toe le en dink ek, as Ruben nou in sy kot le (in ons kamer) hoe dan, maak ek henko stil of skuif ek R uit. Toe se my man, R gaan ongelukkig nou maar by sy ouboet moet aanpas so as Henko nou vir R wakker raas elke oggend moet ons dit maar hanteer.

Self so nuuskierig om te sien hoe gaan bad, voed ens ens tye werk!

hmmmmmm :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107366 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Rosie, dankie, ek hoop ook die tandjie kom nou uit, dan kry ons weer meer slaap in die nag...

Gerne, ek like dit ook as Stefan bietjie ma vas is. Hy is so lief vir sy nanny dat ek partykeer jaloers raak, maar as ek in die oggende ry skree hy blou moord, dan voel ek weer skuldig omdat ek hom by haar moet los.

Ek is net bang vir die nuwe roetine wat gaan kom as Claudia ook nog gebad moet word. Gelukkig het ek 'n wonderlike man wat baie hands on is, so ons sal seker 'n plan maak. Miskien kan hy vir S bad terwyl ek vir C borsvoed dan kan ek weer vir S in die bed sit en vir hom storie lees terwyl hy vir C in die bed sit. Ek hoop net Stefan pas goed aan, ek is bang dit is vir hom baie erg om ons aandag te deel met 'n nuwe baba, maar ek dink tog dis beter om dit vroeg te doen eerder as later, dan onthou hy skaars hoe dit voel om 'n alleen kind te wees.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107361 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Skapie jou magie lyk so mooi, jy dra pragtig.

Jy het my nou sommer excited om ook aan die gang te kom, dankie, lyk my jou energie het bietjie na my geskuif :) Sal kyk hoe ver ek kom die naweek dan laat weet ek julle hoe produktief ek die naweek was LOL

Anina, Henko het ook deur so stadium gegaan wat hy nie in die middae wil slaap nie en dan sukkel ons om hom te voer en bad in die aand want hy is oormoeg. dit was aaklig, ek en my man was amper moedeloos. gelukkig is dit net 'n fase. hy sal binne 'n maand of twee gewoond wees aan die nuwe roetine en dan heerlik slaap in die aand. sterkte girl.

ja henko is 'n handvol en dit put mens uit. ek voel net sleg dat ek heeltyd moet se pasop vir mamma se magie ens. voel ek stoot hom weg maar die week was erg, hy was so ma-vas. wou net heeltyd BO-OP my, dan druk hy partykeer met sy elmboog of so op my pens, dis baie seer. My man mag nie eers aan my geraak het nie dan spring H bo-op my. ag vir 'n ma is daar niks lekkerder as hulle kind so ma-vas is nie (wel vir my is dit die wonderlikste gevoel om te weet my kind soek my 24uur per dag) maar op die stadium is dit so bietjie moeilik.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account