More.
ek stem anina, eerder langer by die huis wees as kleintjie eers gebore is, as voor die tyd. maar ek kan nie meer hier by die werk sit nie, so ek vat n paar daggies van my gewone verlof ook by.
wonder wat's almal so stil hier by ons chat groepie vandag?
ek't gister by die huis gebly, kon net nie opstaan nie, en het nie lekker gevoel nie. voel of ek n verkoue of iets kry, baie slymerig en snotterig...
my hande en voete swel nou elke dag...en ek't heeltyd needles-en-pins in my geswelde hande, plus dit voel half "lam"... dit jeuk en half "brand" ook. enige tips wat ek kan doen? want dit maak my gek!
ek sien waar my gewig so mooi gehou het (omtrent n kilo n maand opgetel) haal ek nou skielik vinnig in. Lyk nou omtrent of ek n kilo n week optel! ek sien dit gelukkig net op die skaal en nie aan my klere of so nie!
nou ja, more is die laaste daggie van die werk week, en ek sien uit om heel naweek niks te doen nie. moet se dis hoe ek deesdae elke dag voel!
waar ek heeltyd vir Mia bitter min gevoel het, voel ek haar nou omtrent die hele dag en die hele nag. ek dog mens begin minder voel nader aan die einde weens die spasie min raak vir beweeg, wel my meisiekind skop, stoot, slaan, aanhoudend nou!
hoop julle het almal n lekker daggie en dat julle bietjie kom hallo se, dis te stil hier!