file November 2010 Mammas

15 years 11 months ago #127845 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
hi julle. dit is so wonderlik om ons dogtertjie hier te he!
alles het baie goed (en baie vinnig) gegaan vanoggend.
Mia is gebore 7:49, weeg 2.73 en sy's 46cm. pragtige klein, fyn dingetjie!
haar koppie is al amper 100% reg en haar heupe is sover ook reg.
ons is ongelooflik dankbaar!
sy het ook sommer vinnig en maklik bors gevat, het al 3 voedings gegee.
sy is stoop soet, slaap heerlik en as sy wakker is, dan beweeg daai ogies non stop, sy bekyk alles.
ag julle, dit is absoluut wonderlik.

gerne - baie geluk. wow, wat n groot babatjie! so bly dis nou verby vir jou ook. jy moet kom vertel hoe jou dinge toe geloop het.

ek wou net gou kom vertel, sal later meer in detail chat.

hoop almal het n lekker aand en great naweek.

kom, kom anina, ek wag vir jou en jou prinsessie!

o ja, en ek's sover in n pvt kamer, dis heerlik, die family het al so gekuier hier vandag, en dit sonder dat ons iemand anders hoef te pla wat kamer deel! dis great! maar ek skuif more seker...maar die suster gaan kyk of sy my steeds alleen kan hou in n kamer!

ta-ta

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127842 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle, ons het twee uiterstes vandag! 'n Regte ou klein dogtertjie en 'n bul van 'n seuntjie...

Voetjies se baba Mia is vanoggend net voor 8 gebore, 2.73 kg, ek weet nie hoe lank is sy nie.

Gerne se baba Ruben is nou nou gebore 4.3 kg!!! en 58 cm. WOW

Gerne 27 Okt - Normaal - Gebore 5 Nov
Anina 5 Nov - Normaal
Voetjies 5 Nov - Keiser - Gebore 5 Nov
Ashleigh 9 Nov - Normaal - Gebore 2 Nov
Skapie 10 Nov - Normaal - Gebore 4 Nov
Rosie 24 Nov - Normaal
Lelie 29 Nov - Normaal
Elaine 8 Des Normaal

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127288 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Voetjies, ek is nie oppad nie... Hier gaan niks aan nie. Maar jy is mos vir 3 nagte daar, miskien join ek jou more!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127274 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Voetjies baie sterkte met vandag. Dink aan j!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127272 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
More-more. dis nou 4:30...nog net tande borsel en Bybel lees, dan ry ons.
ek't maar min geslaap, maar is op en wakker asof ek die beste nagrus nog gehad het...al brand die ogies bietjie!
voel wraggies nog steeds nie of ons oor n paar ure gaan ouers wees nie, net asof iets gaan gebeur.
uiteet was baie lekker gewees, ek's nogal honger en vrek dors vanoggend, en kan niks eet of drink nie!
nou ja girls, hou duimvas en bid vir ons.
ek update so gou ek kan!
anina - kom, kom, jy moet mos nou langs my gaan le!
gerne - wat gaan aan girl? dink aan jou.
hoop met die res van julle gaan alles ook baie goed.
:P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127236 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Sterkte vriendin! Ek dink aan jou en hoop regtig ons kan saam daar wees.

Ek is soooooo over being pregnant! My maag pyn en sy skop my nou regtig seer. En Stefan het vanoggend in 'n terroris verander, ek kan hom nie neersit nie dan skree hy. As ek hom vir sy nanny gee, skree hy. As ek hom vir sy pa gee, skree hy. Ek moet hom heeltyd op my hou. En my kind is nie so nie! Hy wil altyd net af en op sy eie speel, hy haat dit om vasgehou te word. Miskien besef hy skielik dat dit dalk die laaste kans is om alleenreg op my aandag te he. Hopelik beteken dit hy weet iets wat ek nie weet nie!

Lekker aand almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127214 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: November 2010 Mammas
Sterkte voetjies. Nie meer lank dan hou jy jou bondeltjie vreugde vas. Geniet vanaand se uiteet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account