Gerne, hoe sit mens die fotos op dat dit hier wys? Jy het mos al fotos opgesit... Watse kode van photobucket moet ek gebruik?
Ek sukkel myself dood met hierdie website vandag, dit lyk of hy dalk nou begin werk, maar nogsteeds heeltyd met errors. Baie frustrerend want ek het nie regtig tyd vir chat gehad sover vandag nie, en as mens net 5 min het en niks wil oopmaak nie wil ek myself bevuil!!!
Skapie, ek is 'n wetenskap juffrou. Ek hou skool by 'n klein skooltjie waar ek tans vir die gr 6 en 7 klas skoolhou tot 1 uur en dan kom die hoerskool se wetenskap kiddies in die middae tot 2:15 vir wetenskap klasse.
Ons is ook nou 3 jaar getroud, en soos almal weet is hierdie baba nr 2. Stefan is 10 maande oud en is besig om sy 2de tand te sny, so ons slaap nie in die aande nie.
Skapie, drink net baie coke en eet chocolates!! Dan het baba dalk baie energie en spring rond, myne het net gele en bene en arms beweeg, wou glad nie draai nie.