file November 2010 Mammas

16 years 5 months ago #16440 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re:November 2010 Mammas
Anina
het vir jou 'n PM gestuur.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16361 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:November 2010 Mammas
Anina, dit sal wonderlik wees. ek het regtig nie geweet watter ek moet koop nie. Het toe Nr 1, 9 & 12 gevat. En rescue drops!

Sal dit so waardeer as jy dit vir my sal email!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16345 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Skapie, ek GLO in tissue salts, en dis nie moer duur nie. Dis omtrent R25 per botteltjie. Daar is 'n boek deur Margaret Roberts: Weefselsoute vir Heilsaamheid. Dit het agterin 'n "index" van al die kwale waaraan jy kan dink en watse nommers jy daarvoor kan drink.
Mens sit 'n pilletjie onder jou tong en dit los daar op en word opgeneem. As jy dit elke dag drink, werk dit regtig goed.
Ek het die boek, so as iemand wil kan ek my man vra om more die agterste bladsye in te scan en dit vir my te mail. Dan kan ek vir almal stuur wat wil he.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16335 by skapie
Replied by skapie on topic Re:November 2010 Mammas
Jissie, hoe werk tissue salts? ek sien dit altyd op die rak, maar nie gedink daar is so baie doele daaraan nie....en ja, hier is ek alweer.

dit help nie eers ek vra my dokter oor hormones en stuff nie, hy is baie grapperig, en sal sommer vir my reguit sê, dit is oor ek 'n vrou is. Ek love my dokter, mens sal sweer ek is verlief op die man. ons lag ons dood met elke afspraak. so voel baie gemaklik met die man.

Gerne - ek het ook 2 miskrame gehad voor die swangerskap, albei baie vroeg. maar nou weet ons presies wat fout is, so dit behoort nie weer te gebeur nie.

Ek kan nie glo hoeveel vrouens daar buite PCOS het nie, dit is sooo scary. ek het altyd gedink ek is die enigste abnormale een wat omtrent nooit AF kry nie. Trust me, ek het al op baie stokkies in my lewe gepiepie. maar vir my was dit normaal, oor dit van skool af so was.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16309 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Gerne, daai 4d foto is vir my onuitmaakbaar!! Ek sien nou op die volgende foto op die dvd lyk dit net so maar dit is die begin van 'n video. Mens kan op die video mooi sien hoe beweeg baba arms en bene. Baie oulik.

Rosie, hierdie porrige brain van my lees ook net hier en daar! Ek lees 25 en Desember en nie tussen in nie... Maar 29 Desember is ook naby Kersfees... Ten minste sal julle huweliks herdenking altyd in die vakansie wees!

Ek gebruik ook tissue salts, jy moet nr 1 gebruik vir vel elastisiteit en nr 2 om die baba volterm te dra. Ek het die hele tissue salts boek, dis nogal oulik en se presies wat jy waarvoor moet drink. Mens kan nr 8 drink om minder pynlik te kraam en nr 9 om vinniger te ontsluit.
Nr 2 en 8 is ook vir gesonde gebeente by die baba, so ek drink dit sommer ook!
Ashleigh, vir MS kan jy nr 4, 9 en 10 drink.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16240 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:November 2010 Mammas
Ek werk by die Prokureursorde van die Noordelike Provinsie. Werk met die prokureurs se ouditeursverslae. Woon in Pretoria. Is 29. Ek en my man is nou 3 jaar getroud en 8jaar saam (het gesukkel om hom tot trou te kry :) ). Henko is Jan 2009 gebore so hierdie is ons 2de kindjie.
Ek het PCOS so het ook maar baie gesukkel, ook eers elke 4 mnde gemenstrueer, partykeer glad nie vir sommer 6 mnde. Ek het 2 miskrame voor henko gehad en toe met Clomid swanger geraak. Ek was met baba nr2 glad nie op die pil na henko nie omdat ek nie weer wou sukkel nie en na 3 mnde het ek weer clomids gebruik en sommer dadelik swanger geraak, yippee!

dis my storie :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16238 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re:November 2010 Mammas
Ons het die 29ste Desember getrou in Langebaan.
Ons is baie dankbaar en tel ons seëninge elke dag dat ons so gou swanger geraak het.

Anina ek sal defnitief vir jou laat weet as ek van enige iets hoor.

Skaapie hoop babatjie le more perfek vir julle om te kan sien.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account