file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #186411 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Cutie pie
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186407 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Cutie pie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186402 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Nog n ene
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186401 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal,

Jammer ek is so skaars, baie besig by die werk en om dinge te kroon het ek vandag noggal vas gesit met my manager...sug, as die dae so moet wees.

Ek het nog nie vir kayla yogurt gegee nie- het nog nie eers eier gegee-moet nog als introduce. Die goeie nuus is dat sy nou eet. Jippee. Eet n hele no 2 purity vir aandete sonder om te baklei- dis n lekker gevoel ek moet se.

Verder nie veel verwikkelinge diekant nie. Sy kruip steeds nie. Sy is wraggies te oulik vir woorde though. Kan haar sommer opeet.

My werk het n komp begin - the biggest looser-lol en ek het gejoin-hoopvol is dit die nmotivering wat ek nodig het om die laaste paar kg te verloor.

Gerne, ek het die hoedjies vandag gekry-dis baie oulik-dankie.

Christa dis vrek koud- ek kry weer amper glad nie koud by my werk- geen heaters of enige iets nie-net n warm kantoor.

Anina, hoop die homiopaat kan help-dit kannie lekker wees nie. Het jy meskien bennits bum cream probeer-dis al wat kayla sin gehelp het toe ek laas so gesukkel het.

Carmen, shame vir daai ogiesm Kayla wil ook meer in die arms wees deesdae-sys darm nie te erg met haar neusie-sy laat my toe om neus sproei te spuit en ek mag af vee, mag net nie lank vat...as die snollas vas sit voorsien ek n klein oorlog.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186214 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, eish die kinnertjies lyk terrible as die oe so vol van die crusty's is :P

Ek vee ook haar ogies net af met saline water.

Riley HAAT dit as ek enigsins haar gesig wil afvee, maar die ergste is as ek haar neus wil afvee! :huh: Junne, sy like dit niks nie! Net so min as wat sy van le dink, want hierdie kind van my dring aan daaraan op te staan op elke moontlike oomblik! :laugh: Sy is ook nou geneig om opgetel te wil word.

Die handjies kom uit na bo, of sy klim op teen my been, dan moet ek optel.

Lag lekker vir haar, sy los nou en dan balance sy vir so 3 sekondes en dan val sy weer neer!

Christa, my oom en sy vrou het lank in Klerksdorp gebly en beste vreindin se ouma bly daar, maar ek ken eintlik niks van jou deel van die wereld nie. Het nog net op 3 plekker gebly in my lewe, en dis Centurion, Bloubergstrand en Murryafield (Pta Oos).

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186200 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, ek onthou nou Stefan se ogies het ook altyd so gemaak. Ek het dit net met 'n warm, skoon, nat lappie afgevee elke oggend. Dit het eventually vanself opgehou, die dat ek sommer al daarvan vergeet het. Maar noudat jy daarvan praat onthou ek dat hy ook so 'n paar keer met toegeplakte ogies wakker geword het, en as ek reg onthou was dit erger as dit koud was.

Ek se weer, Christa, eks bly ek bly nie waar jy bly nie... Vaal vervelige plek... siestog!

Ek gebruik die tea tree oil maar spaarsamig, dit het baie gehelp die eerste keer wat ek dit aangesmeer het, maar die colloidal silver salf werk nog die beste. Die jojoba olie is 'n tissue olie, en dit maar die barste nogal goed gesond, soos ek se, alles help 'n bietjie!

Claudia like dit niks as ek haar gesig afvee nie, en Stefan skree: "kla kla" as ek net met die lap aangeloop kom. So dis seker 'n algemene ding, ek moet se, ek dink ook nie ek sal dit like as iemand my gesig met 'n nat lap afvee nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186194 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Groot ekskuus Petro en Helene!!! Julle word beslis ook gemis! Kom gesels bietjie saam!

Gerne jy en Anina maak ons almal honger! Dis sop en spagetti bolognaise! Hoe moet ons nou voel! Ek het net 2 minute noodles vandag! O ja, Carmen gaan eet mos heerlik by die kantien! Jy moet dit geniet hoor! Hoop hulle gee lekker winter kos vandag!

Het nou lekker gelag vir jou beskrywing van Wollies, maar dis so waar! Dis regtig 'n vaal verlvelige ou plek! En as jy nie pasop nie rol hulle jou 18:00 saam met die teerstrate op vir die nag! Gelukkig bly ek in Klerksdorp! :woohoo:

Anina jammer jy moes die borsvoed so afskaal, maar mens moet doen wat vir jou die beste is en werk! Jy het lekker lank geborsvoed! Wens ek kon so lank aanhou! Dis goed dat jy jou potions kan aanhou gebruik! Ek het vandag sommer nipple room aan my hande gesmeer, nou voel hulle ook bietjie beter! Is die langdurige gebruik van tea-tree oil nie nadelig nie? Droog dit nie in 'n mate tog jou vel uit nie? Dis tog vlugtig, so dit laat die vog verdamp. Ek weet dis 'n goeie ontsmettings-middel, maar ek weet nie of dit juis genesend is nie. (Ek vra uit onkunde, is nie beterweterig nie) Het jy al Tissue oil gebruik? Soos Justine sin? Ek het gesien hoe dit 3de graadse brandwond letsels op 'n swart man se binne arm heeltemal gesond gemaak het. Die dat ek vra.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account