file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #187267 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, Xander raak net mooier by die dag en lyk ook vir my al hoe meer soos jou man!!

Anina, hoe gaan dit met daai vingers van jou?

Christa, dis darem bietjie minder koud hier by ons! Sat oggend was FLIPPEN koud, maar gister en vandag is baie beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187266 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Gerne, hehe, dis nie el wat daar wegkruip nie, dis my man! Ek is mos nie vreeslik lief vir foto's nie.

Julle is sooo reg, Riley begin al hoe meer soos my man lyk, julle die neusie die alles!

Ag en daar tref die siekte my toe weer Vrydag! Vrydag by die werk, begin my ore so pyn, dit voel asof hulle wil bars en my kop i dik ens. ens.

Ek is toe maar dr. toe en het 'n sak vol medisyne gekry en antibiotika.

My ore was so ontsteek sy het gese die oordromme het sommer so gebult, hulle kan actually bars :huh: , wel dit het so gevoel!!

Daar moes ek nou maar my hele kamp verjaarsdag ding by Warmbad kanselleer, en ek was heel naweek in die huis meestal onder 'n duvet.

Voel al tonne beter, maar ek het maar besluit om vandag nog by die huis te bly, al werk ek hier op my laptop en antwoord emails.

Julle, ekke voel lekker sleg vanoggend :(

al weet ons van beter, los ek Riley vir 5 min op die bed vanoggend om kombuis toe te gaan. Stupid ek weet!! Maar sy het vas geslaap!! Maar natuurlik ghoor ek 'n gil en daar het sy alweer van die bed afgeval!! Sy is baie minder as ons gepla, sy het so minuut gehuil en toe lag sy weer, MAAR, sy het die vel op haar neus afgeval...carpetburn... :blush:

Shame, so rou neusie maar vol Sudocrem gesmeer, aai, laat ek my arme kind sulke letsels gee!

Riley het gister alleen getsaan vir so 10 sekondes!! Dis vrek snaaks hoe hulle probeer balanseer, die beentjies is maar wankelrig!!

Hier is nog 'n bad kiekie:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187190 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
en nog ene

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187189 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
die foto was so cute - dit lyk of hy n drie gedruk het

hier is nog so paar

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187188 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
probeer weer

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187187 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
xander

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187011 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Carmen ek is seker Riley se "nee". Hulle tel so vinnig by ons goed op, mens kan dit nie glo nie! Sy lyk so cute met daai hoedjie! En ek stem saam met Petro, sy lyk al meer soos pappa! Baie bly vir jou goeie nagrus! Dit was seker hemels! Geniet jul besige naweek en lekker uitkamp! Lekker verjaardag vier! En sterkte vir al die 30's die jaar!

Gerne bly ou Ruben het ook goed geslaap! Hoop die kfc was lekker! Hier by ons is die goed so vetterig, dat mens sommer gal kry! As ek jy is, gaan maak hom Sondag eers daar by die kerk reg. Anders gaan die arme ou seuntjie net heeltyd raas kry om homself en sy klere skoon te hou. Julle gaan altwee minder stres! :P Geniet die verjaardae vanaand! En moenie nou al stres oor September se skool nie. Gaan stel Henko voor die tyd aan die juffrou voor en laat hy so bietjie rondkyk. Dan is die plek mos nie wildvreemd vir hom nie. Jy sal wel 'n oplossing vind. :)

Melody, Kayla versamel woorde! Gee net kans een van die dae praat sy en dan praat sy sommer sulke lang sinne!

Petro hoop Xander het al sy groente soet opge-eet! Mare hou ook vreeslik van avo! Ek dink die gladde romerige tekstuur is vir hulle lekker! Dit was hier ook bitter koud vanoggend! -4 vir Klerksdorp en -5 vir Wolmaransstad! Ysig! My sus het my die tip gegee om vir Mare baba-dogtertjie tights (broekiekouse) onder sy klere aan te trek. Dit werk soos 'n bom! Sy bene is bietjie dik en die kousies druk hom, so nou weet ek sy voete is ook warm met die tights onder die klere en sy rug is lekker warm oor die niere.

Dis diep woorde daardie! En baie treffend!

Anina is skaars vandag! Hoop hulle is okay mt haar verbrande vingers en Johan wat nog siek is ook!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account