Hier is ek!!!
Jeepers, dis baie koud daar by julle Christa!! Sjoe vanoggend toe ek opstaan toe was dit flippen koud, ek dink dit was -2, en toe moes ek nog buite gaan om vir die honde kos te gee
Anina, eina vir die gebarste hande, dit kilnk sommer baie seer!
Ek self verkies ook die yoghurt met stukkies in, maar ek koop maar whatever ek eerste raaksien!
Riley het nog nie brandboude gehad nie, maar ek smeer so nou en dan Bepanthen aan vir die wis en onwis, werk lekker vir my!
Riley se gums is ook nog nie geswel nie, dalk pop daar soos jy se Christa, net eweskielik tande uit! Want glo my, haar gums pla haar vreeslik en sy speog by die liters, maar die tanne bly sit!
Genugtig, Riley kry nou en dan bietjie "gooey" goetertjies in die oe, so bietjie geel goedjies wat ek net uitvee met soutwater. Maar vanoggend word die arme kind wakker met haar oe amper toe van die crusty goed wat amper haar oe aanmekaar laat vasplak! Het maar weer skoongemaak, die ogies is darem glad nie rooi nie
Gerne, ooo ek gaan verseker fototjies opsit van haar nuwe Beanies, veral daai een met die ore!!