file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #187624 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Anina, dis juis oor die privaatheid wat ek my user gaan verander het! Onder die "Ladies corner" het dit uitgekom dat party moomies alles vir hulle mans wys (eintlik lees die sommer saam) en ek hou nie daarvan nie. Ja, nie een van ons was nog regtig eksplisiet nie, maar my privaatheid is vir nogal baie belangrik! Jy gaan onder my profile na edit toe en dan verander jy dit daar. Ek kan nie onthou watter tab nie, dink dis user info. Kwaaitjie is my bynaam van laerskool af, die dat ek daarop besluit het. Ek is nou Kwaaitjie Christa. My van is heeltemal afgehaal.

Dankie vir die raad oor die rome en goed. Ek sal bietjie vir Jojoba olie gaan soek, het dit al iewers gesien maar knan nie onthou waar nie. Sjoe die sjampoe is duur! Ek het voorheen Vivitar gebruik en dit werk uitstekend. Kos so R50 vir 200ml. Ek aan dit maar eers probeer en kyk, dalk help dit. My bloedyster is op die onderste grens (12.1) en ek vermoed dit dra tot my erge vel probleem by. Ek het nooit geweet hoe groot invloed yster op mens se liggaam het nie!

Ek hoop nie die karman het julle vir na-ure laat betaal nie. Hy was mos laat! Is die kar darem nou reg?

Hoop almal het 'n heerlike dag!

PS Dis ysig in Wolmaransstad! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187569 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
En die nuwe user name Christa? Ek was sommer uit die veld geslaan toe ek "kwaatjie" op ons groepie sien... Maar jou foto en jou ticker het jou weg gegee hoor! Hoe doen jy dit? Ek wil my user name ook verander sonder om 'n "new user" te word. Nadat ek laas jaar deur daai ding gegaan het waar die ouer my gegoogle het en op al my moomie posts afgekom het is ek bietjie lus om onder 'n skuil naam te chat sodat ek so bietjie meer privaatheid kan he.

Ek gebruik tans Jojoba tissue olie in plaas van nagroom. Dit kos R90 vir 'n botteltjie. Ek gebruik dit op my ekseem hande ook en ek kan jou belowe dit doen iets wonderliks vir my droee gekraakte vel. Ek het net nie 'n idee waar koop mens dit nie, my ma het dit vir my gegee, ek sal haar bietjie vra.

En vir jou kopvel, ek gebruik Paul Mitchem se tea tree shampoo en conditioner, dit kos 'n fortuin (+- R250), maar hou 6 of meer maande afhangend van hoe lank my hare is. So dis die moeite werd. En dit irriteer glad nie my kopvel of maak dit droog nie. Johan kry extreme skilvers en gebruik dit ook, dit het sy skilfer probleem heeltemal opgelos.

Verder gebruik ek Dischem se oplosbare bad olie en Bennets se aques cream.

Die ou wat na ons kar kom kyk het nou net hier opgedaag (18:00) ek hoop nie hy dink hy kan ons 'n after hours fee charge nie, ons afspraak was vir 16:00!! Maar nou ja, as hy die kar kan regmaak, soen ek dalk sy voete!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187468 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Anina! Ek sal glo jy is gatvol! Gelukkig is jou man in staat om sulke goed self te kan doen! Vir iemand wat alles moet laat doen, kos dit baie geld! Ja jong, baie vervaardigers bou sulke "boobie traps" in sodat die man op straat glo hy moet dit deur die agente laat doen. Dis maar hoe hulle hulself met werk aan die gang hou!

Anina watter room sal jy aanbeveel vir 'n extreme droe vel? My vel is so ontsaglik droog, ek voel al ek moet 'n reptiel in die woestyn wees! Tot my kopvel is wild! Ek smeer nagroom aan vir dagroom en steeds bly dit droog! Enige aanbevelings asseblief julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187405 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
O jitte Christa, dit gaan bitter koud wees as dit reen! Hoop jy het 'n warm reendigte baadjie.

Ons karre is 'n gemors. Die een kar se agterste remskoene moes vervang word, die dag voor Johan dit wou vervang, breek die rem drom toe sommer. Toe moet ons 'n week wag om 'n drom te kry, en toe sukkel Johan homself vrek om die drom op te kry en al die parte aanmekaar te kry. Hy het nog nie hierdie kar se remme gedoen nie, en met die dat die drom gebreek het wat alles bymekaar hou, het al die parte sommer net losgebreek en uitgeval toe hy die drom losmaak, toe het hy nie 'n clue van hoe die goed inmekaar steek nie, omdat hy die nie self uitmekaar uit gehaal het nie. Toe haal hy die ander kant se drom ook af, maar dit lyk of die een kant se goed gemodify is deur die vorige eienaar, want hulle is nie dieselfde nie.

Nou ja, toe kry hy Donderdag die remme uiteindelik gedoen (die kar staan nou 2 weke, hierdie is die 3de week) en toe hy die kar wil start, is die baterry pap, soos in beyond jumpstart pap! Toe sit hy 'n ander baterry in, en in die proses het hy die immobiliser ge-deprogram. Nou kan ons nie die kar start nie, want die immobiliser werk nie. Daar kom blykbaar vanmiddag iemand kyk daarna, hoop nie dit kos 'n fortuin nie.

Die ander kar het Donderdag gebreek. Johan het my kom haal by die skool na ek my vingers gebrand het, toe kom een van ons ouers met 'n stink spoed in die grondpad oppad na die skool toe gejaag, toe swaai Johan vir hom uit en tref 'n klip onder die kar. Toe is dit net olie waar jy kyk, die samp het heeltemal deur gekraak en al die olie het uitgelek. Ons ken iemand wat vir ons die samp kan regmaak, maar nou kry Johan nie die samp uit nie. Stupid renaults, het een of ander snaakse boud iewers in wat maak dat jy die ding nie maklik kan uitkry nie. Maar Johan weet nou blykbaar hoe om verder te gaan, maar hy sal 'n ekstra paar hande nodig he, so hy sal moet wag tot sy pa of sy broer hom kan kom help.

So op hierdie stadium is ek effe gatvol vir stukkende karre! Dit kos 'n hengse klomp geld waarvoor ons nie gebudget het nie. Gelukkig doen Johan darem meeste van die goed self, ek wil nie weet hoeveel dit ons sou gekos het om alles te laat doen nie.

Maar ek is net bly om terug te wees by die huis saam met my kiddies en my man, ek het hulle so baie gemis. So vir nou sal ek maar by die huis sit en my gesin geniet al het ek nie 'n kar nie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187387 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Petro Xander is net te pragtig vir woorde! Mal oor sy uitrusting! Em kyk net hoe vinnig groei daai ou haartjies! Een van die dae kna jy alweer sny! ;)

Carmen jammer jy het die naweek misgeloop met jou siekte! En vir Riley se val! Ai en so carpetburn kan brand! Dis te oulik as hulle daai boudjies so staan en balanseer! :P

Gerne bly julle naweek was so lekker! Die seuntjies het seker pragtig gelyk met hulle swart broeke en rooi hemde! Vir Ruben was slaap belangriker as ponies en goed! klink of Henko groot pret met die ponie gehad het! :woohoo:

Anina bly jy het jou alleen naweek geniet! Jammer van die kids se snotneusies en jou stukkende vinger! Dink dis beter dat jy dokter toe gaan met jou vinger! Brandwonde het mos so nare manier om sommer te ontsteek en dan hand uit te ruk. Ai tog, dat julle nou so met die karre moet sukkel! Wat is fout? Mens is darem hulpeloos sonder vervoer! Veral as jy 2 klein kindertjies het! :ohmy:

Niks opwindend aan my naweek nie. Hulle het Vrydag helder oor dag weer probeer inbreek, maar gelukkkig nie geslaag nie. Ons het 'n kwotasie gekry en die upgrade van die alarm word more gedoen. Het verlof gevat vir die dag. Mare gaan dagsorg toe en pappa kom werk toe, so ek kry 'n dag vir myself! Soort van in elk geval!

Hulle het vandag en more 80% reen vir ons voorspel, ons het dit afgelag, maar die lug trek nou ernstig toe. En dan gaan ons bitter koud kry hier! Bbbbbrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr!!!!!

Hoop julle geniet die dag verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187286 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, dit is darem nou regtig winter ne!

Ons was die naweek weg vir my vriendin se bachelorette, dit was great fun. Dit was die eerste keer vandat ek getroud is wat ek sonder my man weggaan vir 'n naweek.

Die blaas op my vinger het so mooi gehou oor die naweek en toe bars dit gisteraand by die huis. Nou is dit basies 'n oop wond en vanoggend is dit vrek seer en my hele vinger is opgeswel en styf. So ek sal seker maar moet dokter toe gaan...

Altwee my kiddies het ook siek terug gekom van die oumas af, altwee met 'n serious snot neus. Arme Claudia het so 'n toe neus sy het heelnag gesukkel om asem te haal en was amper heelnag wakker.

Altwee ons karre is nogsteeds stukkend, dis 'n disaster!! Nou ry Johan met sy pa se bakkie en ek het 'n lift gekry by 'n kollega.

Hoop julle het 'n great dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187268 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
more

carmen, jammer om te hoor van jou siekte. hoop jy voel sommer gou baie beter. ai man, sulke dinge gebeur maar maar dis nie lekker nie ne. hoop ou riley se neusie word sommer gou gesond!

petro, x is pragtig en ek LOVE sy klere. waar het jy daai hemp gekoop? ek wou die naweek by ackermans vir hom n baby grow gekoop het van springbokke maar die ding is so dun, hy sou vreeslik koud gekry het.

darem het ek vir altwee seuns rooi polor necks en swart broeke gekry, whoop whoop - hul eerste keer wat hul dieselfde aangetrek het! sondag by my broer se seuntjie se bday en doop was so lekker, die kinders het vreeslik lekker gespeel en henko wou nie van die ponie af klim nie. ruben het ongelukkig die hele ding mis geslaap!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account