file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #186813 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Nog n dag-nog dinge!

Julle kayla bubble of praat nog glad nie-eintlik baie stil behalwe dat sy partykeur gil van genot- moet ek stres?

Dankie julle-ja sy lyk te oulik in die hoedtjies!

Christa, dis nie lekker as mens in vrees lewe nie en dan nog doe groot omkostes!

Anina, eina vir die vingers. Brand is die seerste pyn ooit.

Gerne,om n ma te wees is beslis besonders!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186767 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
jis ek was vrek besig vandag. bly dis amper verby! my man het gese hy kry sommer vir ons kentucky vanaand, jippeee

Anina, ouch, hoop jou vingers is okay. jis dis aaklig want mens doen alles met mens se hande dan is dit so seer ne! Geluk met die mamma! :)

my man se ruben se ook mamma maar dink nie regtig hy weet wat hy se nie, hy bubble maar net!

Dankie christa :)
Shoe dis erg ne, mens dink altyd net aan wat kon gebeur. die vreksels. maak my sommer net so woedend :angry: Net bly julle is okay!
ag daai ou armpies om mens is net te lekker ne.

Carmen, se jy baie vir haar nee :) Baie kiddies se eerste woorde is NEE of UIT vir die hond :)

lekker aand almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186721 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi

Aaa, eina Anina!! :ohmy: Mens deon partykeer die domste goed, dis aof 'n mens se brein net nie mooi werk nie! Hoop jou vingers wou gou beter!

Aggenee Christa, dit maak my ook kwaad, maar julle is darem veilig. Maar dis net absurd dat ons in die mooiste land bly in die wereld, maar jy moet elke dag in vrees leef :(

Ek verbeel my weer Riley se "nee". Sy se genuine so iets as sy iets doen wat sy nie wil nie of sy is geirriteerd, verbeel my maar seker, maar sy doen dit gereeld!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186695 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Aag moeder Melody! Kayla lyk te oulik met haar mosbolletjie wange en tannie Gerne se hoedjies! Jammer dis nie so lekker by die werk nie! Hoop dinge is darem vandag beter! Geniet die biggest looser kompetisie! Dink ek moet vir die "real thing" probeer inskryf! (SUG)

Gerne, vry hom mamma, vry hom!!! Dis so lekker as hulle mens so terugsoen, al is dit dan nou eintlik net 'n ou oop bekkie! Dit is beslis 'n soen!

Carmen ek lag tog te lekker vir jou kleine juffrou wat NET wil staan! Klink vir my sy run die hele huis! Ja wel Wes-Transvaal (Noordwes) is maar redelik plat, maar het tog sy eie bekoring! Ons het van die mooiste sonsondergange in die land! En dis darem nie heeltemal so vaal nie. Ons bly lekker in Klerksdorp wat seker soortgelyk aan Centurion is. So dis nie te erg nie.

Gerne jou beanies is regtig stunning!

Ai Anina! Daai vingers is seker lekker seer! Lol vir Johan se poef parade! Yay vir Claudia se mam mam mamma! Ek dink daar is niks meer spesiaal as om 'n mamma te wees nie!

So YAY vir al die mammas!

Julle my man gaan gisteraand by ons huis uit, toe vang hy 'n lid van nuwe sa besig om by ons garage te probeer inbreek! (weet nie hoe hy dit wou doen nie, dis dubbele hout deur wat met 'n motor werk) En nog een by die oom hulle op die punt(no 1). (Ons is net 4 meenthuise en bly in no 3) Toe hy vra wat maak hy daar, maak die of hulle dronk is. En toe kies hulle die hase pad! Snaaks ek was nie bang nie, net woedend! Dit maak my wild dat ander mense dink hulle het die reg om op jou eiendom in te kom en op jou privaatheid te kom inbreek maak! Twee weke terug het hulle by die buurman (no2) deur die dak ingekom. Die arme twee ou mense is nou senuwee wrakke. Hul seun het toe 'n alarm laat instaleer. Ons het 'n alarm stelsel, maar dit sal moet opgegradeer word en die een beam gee moeilikheid. So dis ons volgende groot uitgawe binne 2 maande. Ai tog! Maar nou ja, mens meet nie jou lewe aan geld nie!

Maar dit gaan nog goed met ons! Mare omhels mamma elke dag wanneer sy hom gaan haal! Ek kry sulke stywe babadrukkies! Dis so lekker! Maar sy pappa bly sy hero!

En toe vergeet ek skoon van Elaine gister! Ek sien op fb sy maak die oulikste baba-pakkies en slaapsakkies en speelgoed! Wens ek het tyd gehad daarvoor! Ai ek mis my naaldwerk!

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186660 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ek het my vingers verbrand, letterlik! Ek was lekker dom, het 'n koppie met 'n silwer handsvatsel in die microwave by die werk gesit, geloop om gou iets te kry en toe ek terugkom, maak ek die mikrowave oop en haal die koppie uit. Toe brand die handsvatsel my vingers, een amper tot op die been! Dis vrek seer!!! Maar nou is my vingers verbind en ek kan nie doeke ruil nie :laugh: so arme Johan moet maar die poef parade doen vir 'n rukkie.

Melody, Kayla lyk sooooooooooooo cute met daai hoedjies, en soos Gerne se, daai wangetjies, dis net te oulik!! Bly jy het kom inloer, ons mis jou. Sterkte met die moeilikheid by die werk.

Gerne, daai bekkie kort jam man! Vreet hom op.

Claudia se mamma!!! Ok, dis meer soos mam mam mamma, maar sy kyk vir my as sy dit se en se dit as ek by die huis kom in die middae. Dis te cute! En as ek haar optel en vry skater sy van die lag. Dis darem maar spesiaal om 'n mamma te wees ne!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186588 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Melody, shame dis nie lekker om by die werk te baklei nie, werk is klaar stresvol genoeg en as mens vassit met iemand ook, dan is dit regtig nie lekker nie :(

Kayla is darem maar regtig te pragtig met daai rooi bol wangetjies!!

En Gerne se beanies lyk stunning.

Riley het ook vandag een aan, en ek sal foto's neem wanneer sy al haar nuwe beanies aanhet wat Tannie Gerne gemaak het!

Melody, toemaar ek het regtig baie gewig om te verloor, ek het goed aangegaan en toe weer motivering verloor erens langs die pad, maar ek sal weer terugkom.....een of ander tyd!

Ok, chat later weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #186563 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo almal

Melody Kayla lyk te pragtig! lyk of die hoedjies mooi pas! ag en daai ou tongetjie :) EN DAAI OU WANGETJIES ! sy is pragtig.

Oe Ruben eet ook baie beter, dis 'n groot verligting ne!

gisteraand toe ek by die huis kom en hom groet toe maak hy sy bekkie groot oop. ah man ek was so opgewonde (LOL) Net die heel aand vir hom gese "A" mamma, dink hy is bietjie spyt hy het dit gedoen :) :) :) nou gaan ek vir hom opVRY

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account