Hi julle
Hehe Petro, Xander is pragtig en hy het meer hare as Riley moenie worry nie!! Sy het nou ook actually begin weer hare uitgroei, hare het mos alles uitgeval, en dis nou so ligte goue blond kleur! Maar nogsteeds nie bos hare nie, glo my!
Gerne, lol, ja nee Riley is maar petit! Sy moes iets van my ma geerf het wat so klien en petit is, want sy het verseker nisk van dit by my of my man gekry nie, ons is albei stewig geplant
Anina, ag die badtyd is darem soveel pret!!
Riley raak nou so opgewonde as ons die water intap! Het lekker vir haar gelag, sy kruip en le in die bad en sit en staan en rol in die bad.
Toe ek weer kyk toe le sy op haar maag met net haar neus en oe wat uisteek bo die water
En sy wil heeltyd die badprop uitrek, ooo en sy weet verseker sy moenie....
Sal die fototjie laai, julle het dit seker op Facebook gesien!
Toe ek vir Riley aflaai vaoggend toe vertel die juffrou my nou eers die storie:
Riley is mos amper die "kleinste" grootse baba in die klas, want so klein as wat sy is, so is sy nou die enigste enetjie wat speel en kan staan, maw sy is 'n klein rowwe jack!!
Toe sy weer sien, toe het Riley 'n ratel in die hand en slaan 2 van die kinders op die kop

maar die juffrou het darem lekker gelag vir my klien boelie! My man natuurlik se sommer "ja my kind, as hulle nie wil luister nie, moet hulle voel".
Riley is nou op die stadium waar sy alles hard vat, as sy aan jou gesig vat, dan maak sy seer, want sy vat en knyp met mening, asof sy wil kyk hoe hard kan sy vat. as sy iets optel dan druk sy dit iest vreesliks, seker maar net 'n fase??
Anina, die perdry helmet is te oulik! En eina vir daai blou oog!
Ons het juis nou van daai goeters aangeplak wat op die hoeke van die glas tv blad gaan, maar madam Riley het uitgefigure hoe om lank genoeg daaraan te suig dan trek sy dit af en eet dit verder....