file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #185585 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #185584 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #185576 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Ek is baie bly Riley het nog nooit brandboutjies gehad nie, eina dit klink sommer net seer!!

Anina, eina, die bokmlek is vreeslik duur, maar jy het seker nie 'n keuse nie, die NAN werk net nie lekker vir Claudia nie!

O julle, Riley is 'n engeltjie kind, totdat dit by klere aantrek kom!

Julle, sy het my besig gehad vanoggend, sy het so gehuil en perform en geskop en te kere gegaan toe sy moes le om aangetrek te word. Laat jy haar regop staan, dan is sy happy...totdat jy daai armpies deur moue wil sit!! :laugh: Mensig, dit vat regtig my en my man om haar aan te trek.

Maar dis nou weer die teenoogestelde as dit by uitrek kom. Sy weet as ons haar in die aand uitrek, dan gaan sy bad, dan lag sy sommer en skop van opgewondenheid! So ek sien hier 'n klein kaal mensie eendag wat net kaalgat wil rondhardloop :P

Sal nou bietjie fototjies laai van Riley.

Gerne, Ruben is net so 'n pragtige seuntjie, jy kan regtig trots wees op jou 2 pragtige seuntjies!

Ruben en Riley het baie dieselfde blou ogies?

Ons het baie lanklaas van Janine gehoor? Wonder hoe gaan dit met Ilse?

Vriende van ons se 2de babadogtertjie is vanoggend 7:30 gebore, Anke weeg 'n hele 4 kg en sy is pragtig!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #185555 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more almal!

Lyk my ons was almal die naweek onder die komberse...

Ek het nou van gister af vir Claudia weer op bokmelk, die poeier die keer. Haar boude brand vreeslik vandat ons NAN gebruik en ek kan dit nou nie meer ignoreer nie. Toe ek 'n baba was het my boude gebrand van formule melk en Stefan sin het ook van NAN gebrand (syne was sommer pers) so nou gaan ek bietjie die bokmelk probeer en kyk of dit 'n verskil maak. Die probleem is net dit maak 'n helse gat in my sak!!! Die goedkoopste wat ek sover kon kry is R90 vir 'n klein blikkie. Maar gelukkig is sy versadig na 150 ml, so dis obviously sterker as die NAN, hopelik hou dit darem bietjie langer. En nou gee ek maar vir haar tee ook om te probeer sord dat sy genoeg vloeistof inkry.

Lekker daggie vir almal!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #185407 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai julle, ek het vandag die hele dag n lelike kopseer gehad en dis nou so erg ek sukkel om lekker op my rekenaar te sien :( ek weet nie wat aangaan nie.

Waar is melody?

Hoop almal het 'n wonderlike naweek en hou die kleingoed warm!

groete

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #185334 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dit gaan goed met my kleintjies, Claudia se boudjies is bietjie gebrand maar sy het gister 7 keer gepoef, so no wonder... Stefan is die cuteste ding en slaap darem deesdae meeste van die nag in sy eie bed.

Ek het nou nou met niggie gepraat, ek dink nie dit gaan baie goed met haar nie. Maar ek dink nie dit gaan net oor die baba nie, hulle het maar 'n paar ander probleempies ook wat aan haar pla. Sy se sy is vrek bang, want dis een ding om te se jy wil die kiddies so naby aan mekaar he, dis heeltemal 'n ander ding as dit gebeur... Maar ek dink sy sal ok wees. Ek probeer maar om haar op te beur. Sy het toe nie Woensdag alleen by my kom kuier nie, haar man was ook daar en hy wou nie lank bly nie. So ons kon nie regtig kuier nie, ek het een opmerking gemaak waarvan hy nie gehou het nie (wat nie eers op hom gemik was nie!) en toe is daar 'n vrek ongemaklike atmosfeer.

Ek koop ook nie purity nie. Ek maak mos alles self. Ek het een keer laas week vir Claudia probeer purity gee maar sy wou niks daarvan weet nie. Gelukkige ek, dit kon maklik anders om gewees het.

Ek het laas week nuwe lap doeke gekoop, Econobum. Dit was R800 vir 'n birth tot potty training set van 6 waterproofs en 24 doeke. Ek gebruik dit vir Stefan en Claudia. Dis great doeke en spaar my tonne geld aan weggooi doeke.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #185320 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Definitief 'n goeie prys Carmen! Hoop dis nog 'n rukkie aan! Mens bespaar darem baie met specials! Maar ek moet byse Makro is nie altyd goedkoper nie! My doeke het ook so tot 7 maande gehou, maar nou moet ek elke maand koop! Duur stories die!

Gerne jou twee boetas is net te pragtig vir woorde! Ruben lyk of hy bietjie groter as Henko gaan wees. Maar hulle het beslis dieselfde smile! Pragtig!

Anina dis darem ok. Die ervare klimmers sal slegs hulp nodig he as hulle 'n ongeluk het en die kospakkies en komberse uitdeel is darem oraait. Ja ons het al voorheen die melk soveel goedkoper by Makro gekry. Ek koop nie purity nie, so ken nie die pryse nie. Hoe gaan dit met Stefan en Claudia? En niggie?

Enige doek specials waarvan julle weet? Dink Huggies Gold is R99-99 by pick 'n pay vir 50 no.4 doeke. Dink no.3 is 52, kan nie meer die hoeveelhede onthou nie. En Huggies Dry is R119-99 vir 68 no. 4 by Spar. Is nie 100% seker van die pryse nie. :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account