file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #184891 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
naand se

jammer ek kon nie vandag saam gesels nie - was hond besig by die werk - eers half 6 by diehuis gekom

julle dis frekkin koud in kimberley - was vandag net 10 grade brrrrrrrrr

ek sit voor die tv en werk op my laptop

praat more weer

lkkkkkrr zzzz

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184780 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Anina, jammer om te hoor oor die retrenchment, maar nou het jy die geleentheid om te doen wat jy al lank wou doen!! Alles sal uitwerk soos dit moet :)

Nee jong, ek sien nog nie 'n tand in Riley se mondjie nie, hulle le seker valk en wag.... :laugh:

Sy voel verseker beter, maar daai hoesie is maar daar, hoes baie in die aand veral! Dit klink sommer seer en dan kan mens hoor die slym kom los, maar hulle weet mos nie hoe om die slym uit te spoeg nie, so dan "gag" sy van die slym in haar keel :dry:

Verder nie veel nuus hier nie, het 'n Mamma en Pappa dag by die kleuterskool Satoggend, sien nogal uit daarna :-)

Ok, lekker daggie, loer nounou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184768 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, as ek twee hypnobirting klasse 'n week gee (2 kursusse wat gelyktydig loop) en twee baby gym klasse 'n week, vervang ek meer as my salaris. Ek verdien nie op die oomblik veel nie, so dis gelukkig nie te moeilik om dit te vervang nie... Ek is baie opgewonde oor die Hypnobirthing!!! Kan nie wag nie!!! En nou kan ek nog op my niggie oefen ook, ek kan nie aan 'n beter persoon dink vir wie ek dit graag gratis sou wou doen nie en ek moet een gratis kursus aanbied voor ek kan kwalifiseer.

So een van die dae is ek 'n stay at home mom met my eie work form home besigheid!!! My man ondersteun my gelukkig 100%.

Ek sal gelukwense oordra, hopelik is sy opgewonde teen die tyd wat sy by my weggaan vanmiddag. Ek hoop dis 'n ou dogtertjie die keer. Sy het nou 2 seuntjies van haar eie, saam het hulle 3 seuntjies en een dogtertjie. Sy wil graag 'n ou dogtertjie ook he en ek dink hierdie sal seker maar die laaste kiddie wees.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184754 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina jammer om van jou retrenchment te hoor! Baie sterkte! Ek hou duime vas dat jy nog tot Oktober 'n inkomste het en dat die UIF voldoende sal wees vir Desember! Gelukkig kan jy ekstra klasse gee en die Hypnobirthing en Babygym kursusse is seker nie te erg nie. :)

Siestog jou niggie moet haar nie aan die ouers en skoonouers steur nie! Hulle sal wel almal iewers oor die aanvanklike skok kom en dan vreeslik opgewonde wees! Hulle behoort tog te weet dat geen voorbehoeding enige waarborg is dat jy nie sal swanger raak nie! En ek dink dis 'n goeie ding, anders moes hierdie jongste ou seuntjie sonder 'n maatjie groot word. Die liewe Vader weet altyd beter as ons. Dra ons gelukwense oor! :woohoo:

Bly Claudia het so goed geslaap! Slim van jou om die warm water en formule gereed te hou! ;)

Ek wonder waar is almal?!

Carmen hoe gaan dit met Riley? Al enige tande?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184751 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
anina, jammer om te hoor jong. ek sal aan jou dink. maar dit klink of jy baie positief is oor die toekoms wat goed is! sterkte vir jou.

shame man, dis aaklig as familie mens se geluk sommer net so demp. ander mense se comments kan mens vinnig down laat voel. se vir haar sy moet haar nie aan hulle steur nie, dis tog haar lewe en as sy gelukkig is.... f die res!

bly c het so goed geslaap!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184747 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ek is oor my skok, soortvan. Ek het gister middag 'n konsultasie sessie gehad met die hoofde, en ek word defnitief geretrench. Ek sal vlg week aan die begin van Junie my retrenchment notice kry. Hulle het nie op die oomblik genoeg geld om ons salarisse vandag te betaal nie. So ons kry almal net half salaris en dan gaan hulle probeer om die res in te betaal binne dievolgende 7 dae. Wettiglik het hulle 7 dae om die res in te betaal anders is mens basies gefire en kan ons hulle CCMA toe vat vir unfair dismissal. So hopelik kry ons ons geldjies want ek sien nie kans vir al daai drama nie.

Ek het besluit ek gaan die Hypnobirthing kursus doen en dit begin aanbied. As dit op dreef is gaan ek 'n Babygym kursus doen en begin babygym klasse aanbied. Dan gaan ek ook intussen ekstra klasse gee vir Wisk en Wetenskap en kyk of ek 'n ekstra lesse sentrum by ons kerk van die grond af kan kry. Ek sal (hopelik as die skool nie bankrot speel nie) nog werk he tot Oktober, so ek het darem 'n bietjie tyd om my alie in gear te kry en te begin geld maak.

Ons sal seker November, Desember en Januarie baie min geld he omdat kiddies nie dan ekstra klasse doen nie. Maar ons is gelukkig bietjie vooraf gewaarsku daaroor, so hopelik sal ons kan geldjies spaar daarvoor. En ek sal UIF claim as die retrenchment deur is dan kan dit ons dalk deur Desember dra.

Gerne, go for it!!! Ek wil ook nog kiddies he en sal regtig nie omgee vir 4 of 5 nie, maar ja, ek dink ook nog 'n swangerskap moet maar eers so bietjie wag...

Christa, ek voel jou pyn!!! Dis aaklig om so min te slaap, mens voel sommer soos 'n zombie.

Claudia het vrek goed geslaap gisteraand. Ek het haar weer geborsvoed, toe top up met NAN, dreamfeed 11 uur, en toe het sy so 3 uur weer gedrink (bors) en na die bors geskree vir 'n top up, maar die keer was ek reg met 'n fles warm water en 'n NAN poeier wat langs my bed gereed gestaan het. Toe ek haar lekker opgefix het met die top up, slaap sy tot 7 uur vanoggend! Hemels!!!

My arme ou niggie is vreeslik angsbevange. Sy was baie opgewonde oor die swangerskap toe sy my gese het Maandag. Maar intussen het sy haar ouers en skoonouers gese en dit het nie te goed afgeloop nie. Hulle is maar bietjie negatief oor 5 kinders waarvan 2 babas is. Haar man het mos 2 kids uit 'n vorige huwelik en sy een, dan die baba wat 6 maande oud is en nou die nuwe swangerskap. Sy kom vanmiddag by my kuier, ek hoop ek kan haar bietjie moed inpraat. Haar ander kids is darem al mooi groot, die jongste van die ander 3 is nou graad 2.

Haar baba kom Februarie!! Ek sien daar is nog nie eers 'n Feb 2012 groepie op moomie nie, ek sal maar kyk of ek haar kan kry om een te begin. Maar sy het baie vroeg uitgevind van die swangerskap, sy was Maandag maar 3 dae laat, toe toets sy om haar man gerus te stel al was sy baie seker dat sy nie swanger is nie. Toe kry sy 'n moerse suprize...

Lekker daggie verder, ek loer nou nou weer in!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184642 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

ag dankie vir die goeie woorde. ek sal ook nogal nie omgee vir nog 2 kids nie. maar ja, dit moet in een keer wees, nog 2 swangerskappe weet ek nie so mooi van nie.
Volgens hoe die drs tel het ek nou al 5 swangerskappe gehad :ohmy: (miskrame ingesluit)

ek gaan baie hard aan my man moet werk om hom te oortuig vir nog een, wat van om te try vir 'n 2ling!

Carmen, hoop klein R is beter. Ruben het net so lelike nat hoes ontwikkel, klink sommer seer as hy hoes.

Anina, hoop jy voel beter vandag en dat dinge beter lyk

Petro, X klink of hy sommer gou aktief wil raak! dinge gaan te gou verby hoor.

ons het gisteraand na ou fotos gekyk van Henko, en mis dit sommer klaar as ons die pics sien van toe hy so ou kleintjie was en op ons skote gesit het met kruis beentjies, imagine net hoeveel gaan ons dit mis oor 15 jaar !

Christa, wonder wat is fout met ou M? hoop hy is vanaand beter.

ons het 'n wonderlike nagrus gehad, R is bietjie oor die teething (vir nou) en het ingehaal op verlore slaap. hy het 6 uur gaan slaap en eers 4 uur wakker geword vir melk! so ek is vandag eintlik moeg geslaap.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account