file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #185277 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Was gister dol besig! Gaan goed met ons!

Carmen bly Riley is soveel beter! Ek hoop dis haar nuwe slaap-patroon! Ons het net sulke lee koskaste! Van die yskas praat ek nie eers nie! Was die melk weer op special? Ons betaal nou by Checkers R 169-99 'n blik.

Shame Gerne dis niks lekker as jou man sulke wilde ure weg is nie! Gelukkig is dit nou verby. Maak hierdie sommer 'n lekker familie naweek! Geniet die partytjie more! Lekker geskenk soek! Het lekker gelag vir die pap voer storie! Henko klink sommer dierbaar!

Anina hoop nie jou man hoef in die koue mense te gaan help red nie! Ek kan in elk geval nie verstaan hoekom hulle in sulke weer wil gaan klim nie! Hoop jul naweek is rustig! Hoe voel jou niggie nou? Is sy nou al oor die ergste skok en sommer net bly oor die ou babatjie? Ek hoop regtig nie sy gaan haar aan al die ouer garde steur nie. Sy moet haar swangerskap geniet!

Petro ek hoop jy rus bietjie na jou besige werksweek! Sjoe dit klink regtig dol daar by jou! Rus bietjie die naweek!

Ag ek verlang sommer na my klein aapstert vandag! Is glad nie lus vir werk nie! Dis so bitter koud by ons vanoggend!

Hoop almal het 'n heerlike dag! Drukkies vir die babas! :P

PS Wie van julle kan dalk vir my help met 'n yster-ryke dieet? My yster vlakke is "rock bottom" en ek moet ernstig daaraan werk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #185258 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Eish, ek kry bietjie koud vanoggend, vir een of ander rede is ek nie lekker warm genoeg aangetrek nie :(

Gerne, Riley is beter!! Sy het soos 'n klip geslaap vanoggend!

Sy het gisteraand so half 9 gaan slaap, toe word sy huilerig so 12:00, bietjie melk gedrink en toe slaap sy tot na 7 vanoggend, ek moes haar wakker maak om aan te trek, weet nie wat het daar gebeur nie :blink: :laugh: En toe ek haar wakker maak, is sy vir so lank nog deur die mis!!

My man speel vanmiddag in 'n golfdag, so ek sien hom seker eers later vanaand, ekke gaan maar net lekker voor die tv onder 'n duvet spandeer!!

More MOET ons gaan groceries gaan koop, die kaste is flippen leeg!

Het gister darem R se purity en melk gaan koop by Makro, hulle is darem maar BAIE goedkoper. 'n R1.00 goedkoper op 'n botteltjie purity en dan R20.00 goedkoper per blik melk. All in all so R 70 gespaar :)

Lekker daggie, ek loer nounou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #185222 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
HI almal

ja dit was baie stil gister. ek was so bietjie lui gister :(

darem is dit naweek ne! :lol: Ons het more 'n 2de bday partytjie aan vir 'n dogtertjie en ek het nie 'n clue wat om te koop nie. my man sal maar more moet help kies!

ag hy was die hele week vir training in JHB, dit was sommer aaklig want hy ry vroeg in die oggend en kom laat by die huis so ons het hom so min gesien. darem is vandag die laaste dag.

hoe gaan dit met al die babies? almal gesond?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #185128 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Genugtig maar dit is stil hier vandag!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #185089 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Ek sukkel vandag so bietjie met my rekenaar en is vrek besig, so ek het nog nie tyd gehad om te kom chat nie en ek gaan al amper weer huis toe...

Dis darem vrek koud vandag ne! My man het my vanoggend so 10 uur laat weet dit sneeu in Underberg en in Kokstad!!! No wonder dit is so koud nie. Die mountain rescue het hom op high alert gesit vir die naweek om te gaan help as daar mense vas sneeu in of om die berg. En hy was die laaste 4 jaar nie eers aktief betrokke by hulle nie, so as hulle hom kontak, dan het hulle seker al hulle reserve ouens gekontak. So ons dink hulle verwag baie sneeu die naweek. BRRRRRRRR

Gerne, ek lag myself pap vir Henko wat sy boetie voer, dis sooooo cute!! Hulle raak net elke dag ouliker ne. Jammer oor Ruben se borsie, shaim, hopelik kan jy hom gou reg dokter.

Carmen, ek hoop ook vir jou part Riley besef gou gou dat nag is vir slaap en nie vir speel nie. Dit put mens so ongelooflik uit as hulle so tekere gaan in die middel van die nag.

Petro, ek wens ek was jy wat by die huis kon werk, dis vrek koud in my klas.

Ons het self gisteraand nie 'n goeie nag gehad met die kiddies nie. Hopelik is vannaand beter.

Lekker daggie verder!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #185033 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Hoop dit gaan goed vanoggend!

Dis verseker baie koeler vanoggend in Pretoria, so 'n ysige windjie wat waai :blink:

Gerne, ag moeder ek kan net die gevoerdery imagine!

Riley is beter, het nie so baie in haar slaap gehoes gisteraand nie!

Maar sy het nou die laaste 3 aande vir een of ander rede so tussen 1 en 2 wawyd wakker geword???? an wil sy beweeg en sit regop ens. Eish, ek hoop hierdie lawwigheid stop :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184944 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
more

ag ruben het sommer ook so ou vieslike nat borstige hoes skielik. klink sommer aaklig. so nou is dit maar weer behandel van voor af.

maar verder is hy okay, gisteraand was ek alleen en het tussen ruben voer en die pasta in die kombuis gehol en toe ek weer in die kombuis is hoor ek net henko se: Kom boetie, maak oop!. toe is hy besig om ruben pap te voer. ah man, dit was soo sweet. MAAR ruben was so van die pap, ek moet hom oor aantrek die stukke pap het so op sy bors gele :) ag hulle is net engeltjies hoor.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account