file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #184635 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Hoop almal het darem 'n redelike nag agter die rug! Ek dink Riley het haar night terrors vir Mare aangestuur! Hy het seker elke uur kliphard geskree huil sonder om wakker te word en as ek dan net saggies praat en die dummy gee, slaap hy rustig verder! :blink: So ek is flou boude vanmore!

Petro dis darem kostelik as hulle so gril, maar die bekkie so ewe oopmaak vir die volgende happie! So die smaak is lekker, al gril hy vir die tekstuur. Dis jammer Xander slaap nie beter daarna nie! Miskien is hy net 'n baba wat later gaan begin deurslaap.

Mare kan ook vreeslik te kere gaan en "vertel" van sy dag wanneer ons hom gaan haal het. En ek bespeur die eerste tekens van skeidings-angs. Ek word nou met sulke lang oe agterna gekyk wanneer ek hom gaan aflaai! Glad nie lekker vir hierdie mamma nie!

Gerne ek stem saam! Jy en Tim sal beslis met 4 kiddies kan cope! Jy lyk altyd vir my so lekker kalm mamma! So . . . . . Give it a go! B) :evil:

Anina ons sal vir jou bid vir uitkoms en raad! Sterkte!

Lekker dag julle! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184615 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

gerne - ek dink skiet vir daai tweeling - hahahah - en ja ek is seker jy en tim sal wragtag met 4 kids kan cope

carmen - hoe voel riley nou ? hoop sy is beter -dis aaklig as hulle huil en jy weet nie wat is fout nie - ek stem

anina - ag nee man - ek kan dink jy is raadop - jy moet maar dalk solank voelers uitsteek vir ietsie anders

christa - hoe gaan dit met jou policies ens .... ek sou dit ook haat om dit te doen

melody - kayla is voor in die koor met die tande - is dit haar onderste oogtande wat uitkom - want dit voel vir my of xander se oogtande oog gaan uitkom - maar ek dog die twee boonste moet nou kom na die 2 onderstes

ek was baie besig by die werk - het heeldag voor die rekenaar gesit en werk en tussenin ook rondgehol - so daar was geen tyd vir chat vandag nie

julle my ou seuntjie raak nou groot - hy is sommer jollie bly om ons in die aande te sien - dan spring hy op en af op my skoot en praat n hond uit n bos ! hy kan nou sommer baie vinnig rol. nou try hy leopart crawl om nader aan speelgoed te kom as hy op sy magie is - maar niks - hy raak baie baie kwaad - dis te oulik. seker hy gaan oor so maand en n half kan kruip. en dan loop en dan praat - blah blah.......NEE STOP - dis wraggies te vinnig

christa - xander het toe die eier geeet , net so geroer - mal daaroor - hou sy mond oop vir nog , maar gril elke keer vir elke happie se tekstuur - maar aan die slaap het dit niks verander nie

nou ja toe julle - heerlike aand en mag die babas lekker slaap

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184524 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ja nee Gerne, Tim weet nie wat vir hom wag nie.... :P :laugh:

Kan jy imagine jy word nou swanger met wins...4 kinnertjies...OMW! :laugh: Mind you, somehow weet ek jy sal heeltemal kan cope!

Anina, jou huidige setup by die skool is lekker, maar mens moet maar doen wat jy gut feel is.

Wat sou jy graag wou andersins doen, behalwe die hypnobirthing?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184454 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie julle! Het nou sommer my kantoor geherrangskik en ge'springclean"! :woohoo:

Ag nee Anina! Nou wat gaan met die skool aan?! Ek kan ook nie help met arbeidswet en CCMA nie, maar ek glo jy kan uif eis as jy getrench word. Jou vakke is tog die wat oor die algemene gebrek aan genoeg onderwysers het, maar nou ja ek weet nie of jy sommer weer so lekker gemaklike paket soos by die huidige skool sal kry nie. Ai jong baie sterkte met al die besluite! Hoop Claudia slaap vanaand darem beter dat mamma 'n goeie nagrus kan kry! Baie geluk aan jou niggie met die swangerskap! Sjoe eerder sy as ek! Mare is vir my heeltemal genoeg! :huh:

Gerne, klink my jy het plannetjies vir Tim! Maak dit nou die keer sommer twins! :woohoo: :woohoo: :woohoo:

Ai Carmen, dis vreeslik as iets fout is en hulle kan nie se wat nie! Hoop dis 'n ou tandjie en dat dit sommer vinnig uitkom en klaar kry! Lol vir pappa wat sommer net nog 'n kiddie wil he! Riley sal seker 'n boetie of sussie geniet!

Die werk wag . . . . . :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184428 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, onderwys poste is beskikbaar in Januarie... Die kans om 'n pos te kry in die 3de of 4de kwartaal is bitter min. En hierdie is nie 'n gewone onderwys pos nie, ek doen geen buitemuurs nie, werk 2 dae 'n week net tot 1 uur, begin eers 8:15 in die oggende en bly 2km van die skool af. DIT sal ek nerens anders kry nie. So ek kyk nou maar uit vir iets anders, ek is baie lus om sommer heeltemal uit onderwys uit te gaan.

Ek gaan mos hopelik die hypnobirthing kursus doen aan die einde van Julie, so hopelik sal ek teen einde Augustus 'n kursus kan begin aanbied en so darem bietjie geldjies opbou vir wanneer my termyn kennis verby is.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184427 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Dankie vir al die raad, sy is bietjie beter vanoggend, het vir Ponado stroop en hoes stroop gegee. Maar ek gaan haar dr toe vat as sy nie beter word nie. Maar ek dink ook dis 'n kombinasie hier van die verkoue en hoes en dalk tande, want as ek Prodol aansmeer dan gaan dinge baie beter. Het ook die Bronkese strpie en dan het hy vir my 'n ander een ook gegee. Dis Coryx. Maar ek hoor by baie vriendinne dat Prospan baie goed is!

Julle, ek dink die ergste vir my is maar as sy so huil en ek weet nie egtig wat is fout nie, sy kan nie vir my se waar is die seer nie, maar ek kan sien sy het seer :( Of dit nou die tande is of die borsie wat seer is van die hoes, ek weet nie...

Anyway...Melody geluk met die nuwe tand!! Nee kyk klein Kayla is op 'n roll met al haar tande ;)

Anina, aai ek is jammer oor jou skool se mismanagement! :angry:
Weet nie veel van CCMA en daai dinge nie...

Gerne, ek lag lekker vir jou broeisheid!! Nee jong my man wil ook sommer nou weer nog een he, ek se stop die lorrie!!!

Ons kan dan net een nou bekostig...hoe dan nou nog een :P ???

Maar ons sal seker volgende jaar dalk kyk of iets, maar ek dink nie ek is reg vir nog een binnekort nie....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184411 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, sterkte met jou inspeksie. het jy toe nie weer iets van die werk gehoor nie?

Anina, jammer om te hoor man, is jou nou retrench of nie? is daar nie baie onderwys poste beskikbaar nie?

nee my man weet nie van my situasie nie :) sal ook nie vir hom se nie want anders hol hy straight dokter toe ! Sal maar nog so jaar of wat wag...

Anina, kan nie glo jou nig is swanger nie, dis great ne! shoe bymekaar :) is sy happy ?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account