file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #184164 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Anina, ja nee die girlies is maar net te haastig!

Julle Riley is glad nie lekker nie. Hulle het my nounet gebel van die kleuterskool. Sy is al van Sat nie heeltemal haarself nie. Sy huil baie en is vreeslik pieperig, ons moet haar baie optel. Haar magie het ook bietjie meer as gewoonlik gewerk, so 3 keer 'n dag, waar dit gewoonlik een keer 'n dag werk. Sy is nie koorsig nie, maar sy huil laat die trane so loop.

Blykbaar vandag by die skool, huil sy heeltyd en wil net opgetel word :( Sy hoes ook iets vreesliks. Ek weet nie eintlik wat om te doen nie. Sy het gisteraand ook vreeslik gehuil en het eers 12 uur aan die slaap geraak, het maar Ponado gegee en hoesstroop, toe gooi sy die hoestroop op. Dis die eerste keer wat Riley opgooi in haar 7 maande.

Ek gee wat ek kan vir die hoesie???

Shame, dis baie frustrerend om nie te weet wat fout is nie. Sy is net nie haarself nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184157 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne Ruben klink na 'n gesonde klein bulletjie! Ek glo ok solank hy gesond en gelukkig is, behoort alles tog reg te wees! Moet se ek dink ek moet jou nagereg van gisteraand probeer! Dit klink heerlik! Sal net so klein skeppie roomys bysit! YUMMY! Bly jy voel beter!

Anina bly die Nan2 werk beter! Ek dink die dreamfeed sal die ding doen, dalk kom jy dan weg met net een voeding in die nag! Ons het daai bietjie slaap nodig! Ek is bly daar is reeds tekens dat die homeopatiese behandeling help! Dan kan mens bietjie vasbyt met die sjokolade! Sterkte!

Petro, jy sal dit seker nie glo nie, maar ek gooi so 3 korreltjies van die fyn knoffel in water (botteltjies) en dan bietjie vars gekapte pietersielie in die roereier. Ek maak net een eier en dan gooi ek so teeleepel vol van sy melk by en ek roer dit sommer met 'n vurk, dan is dit sulke fyn klontjies eier. Ek haal dit uit sodra die meste gestol is, sodat daar so bietjie waterigheid by die eier is, anders is dit te droog, dan wil hy dit nie eet nie. En glo my as ek die lepeltjie uit sy mond haal, moet ek dadelik die volgende happie skep anders sit hy en wag met 'n oop mondjie vir sy eier! Tog te kostelik! Ek wonder wat sal Xander maak as jy bietjie van sy joghurt by roer nadat dit gaar is? Dit kan dalk werk!klink nou weird, maar as mens daaroor dink, kan dit dalk net die ding doen. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184156 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee Gerne, Ruben is right on track met sy mylpale. Jy het niks om oor te bekommer nie. C en R is maar net bietjie haastig. Lyk my hulle willi babas wees nie. Loop is vir my die oorgang tussen baba dae en peuter jare, so ek hoop sy bly darem nog so 'n rukkie op die grond.

Claudia het gisteraand so teen die asblik opgestaan soos wat Riley op daai een foto maak. Toe dink ek so aan jou Carmen. Sy is deesdae vreeslik ma vas, wanneer begin skeidings angs nou weer? Is dit nie veronderstel om eers op 9 maande te begin nie? Dink julle dit kan dalk wees omdat ek besig is om haar al hoe minder te borsvoed? As ek vir haar tietie gee suig sy asof haar lewe daarvan afhang en los nie, al is die melk al lankal op, sy SUIG!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184143 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ag jitte petro X lyk so cute man.

ja wat, ek is nie veel gepla met sy gewig nie, hy is gesond so dis reg.

Petro, het jy al purity se Good Night probeer vir die aande? ek het al gesien ruben is mal daaroor en dan slaap hy tog lekkerder as hy bietjie meer geeet het.

Anina, ek vertel die dr van julle girlies wat so fluks is toe se hy... ja dogtertjies is oor die algemeen baie vinniger en .... dis baie makliker om daai klein lyfies op te tel as die ou vetties :)

maar R se mylpale is baie goed, hy sit al sonder enige ondersteuning, kan speelgoed van 1 hand na ander sit, soek speelgoed as dit geval het en tel dit op en die dr se dis 100!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184121 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Xander

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184115 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

hoop dit gaan goed

wow gerne - ruben is lekker groot - ek se solank hy gesond en happy is - al wat saak maak

anina - sterkte met jou behandeling

carmen - ek haat banke en huislenings

christa - gee jy die eier alleen vir mare of eet hy nog iets saam. Want die eier het net mooi F.ol gehelp met Xander se slaap - inteendeel - dit was n woeste aand.

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #184107 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, eks bly jy voel beter!! Hoop die hele verkoue is sommer gou gou heeltemal weg. Onthou maar laas jaar die tyd hoe erg ons almal siek was en toe kon ons nie eers veel medisyne drink nie.

Carmen, ek ken iemand by FNB wat jou dalk sal kan help. Laat weet my, hy se al het julle klaar by FNB aansoek gedoen sal hy dalk tog iets kan uitwerk wat beter lyk. So as jy belangstel kan ek jou nommer of email adres dalk vir hom gee.

Dit lyk my Rubentjie is goed op dreef met die gewiggies optel, snaaks dat hy so min drink ne. Jitte maar hy is groot ne!

Christa, ek is ook mal oor donker sjokelade. Veral van Lindt!!! Maar op die oomblik mag ek dit nie eet nie :( ek mag nie eintlik kaffien inneem terwyl ek op die homopatiese behandeling is nie. So ek sal maar nog 'n rukkie uithou... daar is darem nou een week daarvan verby so nog ten minste 3 weke oor. Dan sien ek weer die homopaat dan sal ons sien wat sy se. Die behandeling werk darem al so bietjie, so ek glo dit is die antwoord.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account