hi almal
ek voel beter vandag dankie, sinus is maar steeds nie weg nie maar ek voel darem nie meer so aaklig nie.
kom ons kyk of ek alles kan onthou:
Christa, ek het nog altyd Danino gekoop vir henko, dit werk so lekker want 1 so bakkie is net genoeg. en dit vries baie lekker.
Carmen, hoop jy voel gou beter, dalk moet ons maar ons neuse laat uitsit

Jammer oor die lening.
Petro, baie geluk met al die gewig verloor! ek het nog 10 om te gaan
Julle praat so oor kossies en restrictions ens. ek het gisteraand piesang opgesny en vir elkeen 'n chomp opgesny booor en toe custard oor. dit was baie lekker. oe en het ruben die custard vreeslik geniet!
en sy tand nr 2 is uiteindelik uit. ek hoop hy is nou bietjie minder moanerig.
die dr se hy is baie gesond, bietjie oorgewig maar niks om oor te worry nie. Hy weeg nou 10,70 en is 72cm lank. ek het vir hom vertel van r wat so vreeslik sukkel om te eet en net 500ml per 24 uur drink. Toe se hy dis baie snaaks want dit lyk of hy 3 blikke melk opdrink en BAIE eet LOL
wel hy is nie vreeslik gestress oor hom nie, se ons moet hom maar nie fors om te eet nie en ons kan ook glad nie sy melk nou minder maak nie (om te kyk of hy beter wil eet nie) want hy kry reeds baie min melk. mens mag blykbaar nie nou minder as 500ml vir sy ouderdom gee nie.