Alla wereld maar dit was nou moeilik om op te vang-julle praat n hond uit n bos uit.
So, ek was toe gestraand by die clinic en die dame se kayla baffle haar so bietjie-lol
Sy glo kayla maak haarself verstik en opgooi maar weet nie hoekom nie.
Syt n paar ander goeitjies genoem wat ek dan maar nou sal probeer en dit dan van daar vat.
Kayla se 3de tand is nou besig om uit te kom-dis n erg ene die-syt selfs n ou bloedblasie op die gum-shame mamma.
Kayla waai ook tatta maar se nog geen woorde nie. Sy sit en rol en begin haarself nou optrek in die kruip posisie maar net wanneer dit haar pas en dan val sy plat en rol om.
Sy is 71cm en weeg 8.88kgs
Helene, hulle is darm maar 2 oulike bulletjies.
Christa ek lag nou lekker vir jou kruis bande idee-kort net n pyp en n swart en wit foto-ha-ha!
Gerne, hoop jy voel gou beter.
Anina-hoop die meds help en vat sommer al die alergie weg-dit kannie lekker wees nie. Ek glo jyt die regte besuit gemaak oor die werk.
Elise, sterkte met die weening van bors af-kannie maklik wees nie.
Kayla hou oki van dummy nie, maar dis want sy kan mos nie lekker suig nie. Suig is calming vir babas en die dummy is maar eintlik n goeie ding-ek wens partykeur kek kon vir kayla dummy gee. My een vriendin is ook so teen die dummy soos jy...elke een is toegelaat op sy eie opinie.
Petru, ek sus Kayla in die aand ani slaap mar dis meer want ek moet haar help winde breuk of niemand sal ooit slaap nie. In die dag sit n mens n kombers op haar koppie,draai haar op haar sy en gee vir haar tietie en sy slaap. Syt darm nou bietjie roetine.
Eet 7uur pap dan 9 uur bottel en slaap
11 vrugte en een uur lunch dan 2 uur bottel en slaap.
5:30 aandete en 19:30 bottel en slaap- sy word op hierdie stadium een keur wakker, ongeveer 6 ure na sy ani slaap raak.
Sy slaap vir n uur en n half op n slag dus 3 ure deur die dag...is dit reg, te min of te veel?
Haar tone kril nog baie-veral die regter voetjie...is dit normaal?
Het ek genoem syt bietjie ekseem onder haar kennetjie gekry- we'll dr het protopic room gegee-dit het nie kortesoon in en dit werk-so jippee vir dit. Dis R275 vir n klein beisie-nie so jippee vir dit nie...
Lekker af dag more