file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #183717 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina baie bly die dreamfeed het gewerk! Ek het dit ook roetine gemaak, anders moes ek 01:30 opstaan vir 'n bottel en dit was vir my baie erg! Ek is ook maar versigtig vir allergiee en die sout goed. Die dagsorg gee flings, maar ek het gese Mare mag nie kry nie. Die goed is in elk geval nog super vol msg ook! My ou seuntjie is nie lief vir water of tee nie, so ek vermy die soutgoed eerder! Ek wil nie he hy moet melk drink vir sy dors nie.

Mare is darem beter. Weet nie wat dit was nie, maar hy is weer all smiles!

Lyk of Stefan pret gehad het met die poeier blik! Julle sal hom eendag moet gaan sneeu wys! Dan is alles wit! Ek glo hy sal dit vreeslik geniet!

Melody ek hoop ook Kayla ontgroei haar braking vinnig! Dit kan niks lekker wees nie. Nie vir haar nie en ook nie vir jou nie! Anina het 'n goeie idee vir jou flieks. Sit nou daarby 'n glas lekker droe rooi wyn en 'n groot slab donker sjokolade, dan kan dit net pret wees!

En yay vir die Vrydag! Ons gaan more na die Garden & Home skou by die dome! Sien nogal uit! Wonder of hulle baby station gaan oop wees?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183699 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!!! DIS VRYDAG!!!!!!!!!!! :woohoo: :woohoo: :woohoo:

Elise, ek is ook maar bietjie meer reserved met kossies as jy. Met ons familie geskiedenis van allergiee kan ek nie anders nie. Stefan het reeds ekseem agv 'n allergie en die dokters en nou die homopaat se dis omdat ek vir hom te vroeg begin vaste kos gee het. So ek het reeds een kind opgevoeter met eetgewoontes. En dit terwyl ek regtig versigtig was.

Ek dink nie jy verstaan hoe 'n groot waagstuk dit vir my is om vir Claudia NAN te gee nie. En dis melk wat gemaak is vir babas... So ek draai maar bietjie remme aan as dit by allergene kom.

So sal ek byvoorbeeld vir Claudia eier gee as sy 8 maande oud is, voor sy vir die 9 maande ent moet gaan. Suiwel kry sy nou so bietjie deur die NAN in, en ek hoop en bid dat dit haar nie affekteer nie. En gluten moet ek weghou tot sy 2 jaar oud is, anders kan sy makliker Celiacs disease ontwikkel.

Ek wil ook net noem, oor sout, dit gaan nie oor gewoond wees daaraan nie, kinders onder 1 se niere kan nie die Natrium in sout verwerk nie. Dit beteken dat daai sout agterbly in hul lyfies en nie uitgeskei word nie. Dit kan baie probleme veroorsaak onderandere ernstige dihidrasie, 'n chemiese wanbalans in die bloed wat 'n ernstige langtermyn effek op die hart kan he, en die niere kan selfs ingee. So dis waarom mens baie versigtig moet wees met sout veral voor die kind een jaar oud is, maar eintlik tot op 3 jaar.

Melody, sterkte met Kayla se spoeg probleem, dit sal my mal maak. Ek hoop regtig sy ontgroei dit vinnig. Geniet jou chick flieks die naweek, miskien moet jy vir Eddie se om vir Kayla op te pas sodat jy tyd het om te sit en fliek kyk.

Christa, hoop Mare is beter vandag! Ek het jou dreamfeed raad gevolg gisteraand, so 11 uur vir haar 'n dreamfeed gegee in haar kot terwyl sy slaap, en sy het die hele bottel opgesuip! Toe slaap sy baie beter. So ek dink dit sal nou maar roetine word by ons.

Lekker Vrydag almal! Ek hoop hierdie post gaan deur, ek skryf al vir 'n halfuur lank daaraan so tussen klasse deur.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183644 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Melody lekker lag ek vir jou revenge! Hy wou mos vir jou chick flieks kry! LOL! Probeer vir Kayla maatjies kry, Mare is definitief ook nou op ander kiddies ingestel. Hy kan vreeslik vir hulle lag en gil.

Ek het ook met eier begin op 7,5 mnde. Eers net die eiergeel vir so 3 dae en toe roereier. Mare kry dit elke aand en is mal daaroor! Ek sit beitjie knoffel en pietersielie in om dit geurig te maak. Ek het die eiers gekook (sag) en dan die eiergeel uit die wit gehaal en vir hom met bietjie van sy melk gemeng en gegee. Hy was nie so mal daaroor nie, dink dit was maar bietjie droog.

Ek is ook maar 'n bly by die boek mamma, maar sal tog vir hom ons kos laat proe. Hy het al roomys ook geproe, maar dis te koud na sy smaak. Ek het al die joghurt met sy vrugte gemeng, maar hy trek 'n vreeslike gesiggie! Sal maar nog wag met die joghurt.

Kayla gaan so cute lyk met haar oogtandjie!

Carmen en Gerne ek het 'n interessante promosie praatjie op 'n plaaslike radiostasie gehoor vanoggend. Sinusontsteking word meestal veroorsaak deur suur in ons liggame. Die vrou het pertinenet genoem dat joghurt wat ons eet omdat dit gesond is en jou maag se kiem-vlakke regstel, juis suur veroorsaak en die sinus vererger! Die ander ding wat mens nie aan dink nie is suiker. Ek kon ongelukkig nie die volledige ding luister nie, want ons het uit die ontvangs area gery. Net gedink ek noem dit vir interessantheids-halwe.

Hoop julle altwee voel al beter! Anders moet julle die dokter maar gaan besoek.

Hoop almal het 'n heerlike dag!

O ja Carmen, het julle al enige nuus oor die huiskoop gekry?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183616 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
En more is dit Vrydag-jipppeee!!!!!

Christa, wat van as jy probeer n vrug soos banana wat Mare van hou vir hom in die plain yogurt. In meng? Ek het dit self nie probeer, maar dis wat hulle voorgestel het toe ek na daai praatjie gegaan het oor introducing solids...

Elise jy is veels te waag halsig vir my, ek is maar n 'speel by die boek' tiepe mamma, en glo ook mos nie dis nodig vir n baba om soetigheid te kry voor hul eerste verjaardag nie. Met Kayla wat so moeilik eet voel ek ook wanneer sy we'll ietsie eet moet dit seker darm voedings waarde he. Ek verkies op hierdie stadium nog die natuurlike opsies.

My een vriendin se seuntjie is mos n maand en n half ouer as kayla en net nou die dag by milky lane se sy ek moet vir kayla van die roomys gee, toe se ek nee, toe se sy ek is cruel, toe se ek vir haar sy is eintlik die cruel ene- ha-ha. Aan die einde van die dag voel ons almal maar verkilend oor die dinge en elkeen is geregtig op sy eie opinie- eks net bly dat mens ongeag van verkille steeds beste vriende kan wees
.
Babas moet so teen 7 en n half tot 8 maande oud aan eiers bloot gestel word so Anina jy is reg om vir eers nog te wag en dan volgens die clinic suster is die goed om eers geel te gee vir n paar dae en dan die wit ook. Kayla kan nou begin...ek weet net nie hoe ek dit gaan reg kry nie.

Kayla is meeste van die tyd ok as ek haar aantrek-druk self haar armies deur die gaatjies-dis eintlik so oulik. Natuurlik kan sy nog nie kruip so dit help ook.

Die oog tantjie kom nou mooi deur-hoopvol is dit n goeie teken- dink sy ggaan snaaks lyk met 2 ondertantjies en n oog tand-lol

Shame julle ou siekes...hoop jul raak gou beter.

Anina, op hierdie stadium kan dit enige iets wees- die ekseem wat sy gehad het is n alergie ekseem so niks is onmoontlik,maar dr se ek moenie te oor haastig reageer nie, en kayla gooi maar op op verkilende goed- iets wat sy eendag eet gooi sy op die vlgende dag. Ek dink dis iets wat sy sal ontgroei en ek moet maar net vas buit.

En sy slaap hierdie week baie sleg. Word 12 uur en 3uur wakker- so ek is moeg wanneer dit kom by werks tyd.

Tog te lekker vannaand met haar gespeel-sy is so precious en spesiaal vir my.

Shame Carmen die night terrors klink erg-kan jy nie raad vra erens? Dis oulik dat sy van skool hou, dit laat mens darm beter voel.

Julle kayla het maatjies nodig...baie meer gereeld-sy is so lief vir kinders-klein 2jarige dogtertjie het by die cliniek met haar gespeel-syt gesmile van oor tot oor.

Elise BBM my dan reel ons n kuier.

Ek het toe my present gekry- 5 chick ficks- onder andere 'just like heaven".ens. Nie die droom gesken maar seker maar beter as niks- dink ek gaan Eddy maak dit saam met my sit en kyk-lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183567 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Samantha is mal oor weetbix sy eet dit elke oggend saam met my so sy is dit redelik gewoont en sy eet als uit ons borde uit so ek dink sys nou al sout gewoont.

Ek gee baie lank al vir sussie joghurt sommer enige geur sy is wel baie lief vir choc chip en ook die een met die mixed fruit die wat die stukkies vrugte in het ek koop vir haar n groot bak van parmalat of pick & pay se maak dit maak nie eintlik saam nie maar wat ek wel met die plain joghurt gesien het is as jy dit vir hom wil gee gooi nesquik poeir in sussie is mal daaroor

Mare klink maar na n lekker lui boetie dink dit kan lekker wees met hom wat nog lekker stil le vir aan trek en doek ruil

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183559 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina ek weet nie wat makeer Mare nie. Vermoed dis dalk 'n tand, maar ek sien niks. Ek kan nie agterkom dat hy koorsig is nie, hy was sommer net knieserig. Ek dink die Nan 1 se voeding is te min. Toe ek oorgeslan het na no.2 hert ek gesien die lepel is bietjie groter. Wat daarvan as jy die melk bietjie sterker aanmaak? Ek weet die blik se om dit glad nie te doen nie, dis net 'n voorstel.

Elise ek gee ook vir Mare so nou en dan bietjie weetbix oor hy mal is daaroor, maar moet net noem dat die sout-inhoud daarin baie hoog is.

Carmen die pediater waar ons was het gese op 1 jaar moet baba op vaste kos wees en nie meer as 250ml melk per dag nie. Jy kan die melk gee wanneer jy wil, dit selfs verdeel in 2 bottels ook. Riley se etery klink vir my goed, maar ek is geen expert nie. Mare eet ook omtrent dieselfde groente en dan werk ek so nou en dan bietjie fyn hoender saam met dit in. Ek dink as sy op 3 etes en haar vrugte is, is dit omtrent reg vir nou. Sy het mos voor Mare begin eet. Hy eet nou 3 etes en dan sy vrugte. En hy eet nou elke aand sy eier, dan slaap hy baie goed! Ek wonder wat is dit wat vir Riley so pla in die nag?

Ai Carmen en Gerne ek hoop julle kry vinnig verligting vir die ou peste! Dis darem niks lekker as mens so kop verkoue / ontstekings het nie! En dit laat mens sommer erg goor voel! En nou is ou Rubies en Henko ook nie lekker nie! Ai tog! Toemaar Gerne, payday is nie meer so ver nie!

Elise klink of julle drietjies 'n heerlike dag gister gehad het! Lekker rustig en sonder stoornisse! Ons dae is so dol, probeer maar op vakansie dae alles doen wat andersins agterwee bly. :huh:

Ek sit lekker en lag vir julle gesukkel met die aantrekkery, maar Mare begin ook al stoei! Dis 'n erge geveg om enige iets oor sy kop te trek en die arms word sommer so styf geruk, dan moet ek mooi praat dat hy hulle buig om by die moue te kan ingaan. En hy het 'n BAIE sterk willetjie van sy eie! Definitief pappa se nukke! Dis "my way or NO way"! :blink:

Wie van julle gee joghurt vir die kleingoed? En wat se joghurt gee julle? Ek het Mare die "plain" tipe van dairybelle probeer gee, maar hy gril daarvoor. Ek dink dis bietjie suur vir hom. My sus se ek moet Danino gee, die heel klein rooi bakkies wat so 6 aanmekaar verpak is. Ek hou nie vreeslik van die gegeurde gladde joghurt nie, omdat dit omtrent almal so "melerigheid" het. Enige raad?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183555 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Vandag gebeur hier weer niks waar is almal?

Anina ek het vir Samantha eier begin gee in die middag toe sy ook omtrent 6 maande was vra maar vir Melody sy weet daarvan en dit het niks met haar gemaak nie hulle leer maar net teksture ken as jy vroeg vir hulle sulke goed begin gee

ek gaan vanaand vir sussie weetbix gee voor sy gaan slaap om te kyk of sy beter slaap want ek is raad op ek weet nie wat om nog te probeer nie want sy eet n hele botteltjie nr 2 purity voor sy gaan slaap maar dit help nie so ek dink nie dis voedsaam genoeg vir haar nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account