file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #183493 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise, ek dink Claudia is nog te klein vir eier. Sy is nou eers net net 6 maande. Maar ek sal dit later probeer. En van Weetbix, dis koring, met my Celiacs disease kan ek nie waag om vir haar gluten te gee nie. Sy moet wag tot sy 2 jaar oud is. Ek het eers gedink die NAN gee haar krampe, maar toe na die 2de keer wat sy dit gedrink het was sy fine. Dit lyk my net dit het nie genoeg voedingswaarde nie.
Maar ek het nr1 gekoop omdat daar nie klein blikkies nr 2 was nie, en sy is nou eers 6 maande, toe dink ek ek try maar eers nr 1. So as hierdie op is en ek weet sy is nie allergies daarvoor nie, sal ek nr 2 koop. Hopelik maak dit 'n verskil. Anders gaan ek die aanmaak bokmelk koop want ek kan nie 4 keer in die nag opstaan nie...

Sy het ook beter geslaap toe sy net op borsmelk was. Maar vandat ek weer begin werk het, het ek nie genoeg melk om al die etes te borsvoed nie, so ek gee vir haar bors deur die nag en in die oggend, bokmelk deur die dag as ek werk (1 bottel) dan bors as ek by die huis kom en vir die res van die middag. Dan een bottel bokmelk voor sy gaan slaap. Dan het sy gewoonlik (meeste aande) net een keer gedrink deur die nag, en met uitsondering 2 keer. Maar gisteraand was 'n nagmerrie!!!!! Vanoggend toe sy actually moes drink was my tieties leeg. Toe gee ek maar weer NAN. Ek probeer die bokmelk met NAN vervang omdat ek sukkel om die vars melk in die hande te kry en die poeier bokmelk is baie duur.

Carmen, Claudia en Riley is van dieselfde stoffasie gemaak! Sy wriemel ook alles uit net sodra jy iets aan het. Dis baie rof, Stefan was besig maar was nie 'n patch op Claudia nie!

Gerne, dis nou gagga om so op jou vakansietjie siek te wees, as jy dit geweet het sou jy kon siekverlof insit ipv gewone verlof!

Lekker daggie almal, ek gaan bietjie vroeg huis toe :woohoo:

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183470 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Hehe, ja nee die aantrek storie is 'n ding! Riley haat ook as ek daai arms in die moue wil sit...of sodra ek gemanage het om een been in die broek te kry en besig is met die ander een, dan manage sy om die ander een weer uit te wriemel! :laugh:

Riley slaap deur en ook nie deur nie, sy raak gewoonlik erens in die nag huilerig, dan gee ons melk en sy drink, partykeer baie, ander keer 3 slukkies, so ek weet nie eintlik of NAN haar deur die nag dra nie...Riley word meer ongelukkig in die nag van anner goed, koue of daar nagmerries ding of iets...flip alleen weet.

Hoeveel vaste kos is hulle veronderstel om nou min of meer te eet en hoeveel melk nog drink? Ek let nie regtig op hoeveel sy actually eet nie, ek hou net op aa sy nie meer wil he ne, maar hoeveel is eintlik reg vir nou? Sy drink so average 3 bottels van 230 ml elk, in die dag en nag, dit is seker geneog?, partykeer drink sy meer of minder.

Gerne, toemaar ek is ook weer vrot van die siek :( Ek se maar net niks meer nie, anders dink mense ek kla net heeltyd ;)

My keel is so seer en my stem is besig om weg te gaan en my sinusse loop en..en...en...en...waar hou mens op? Dan hoes ek ook lekker en dis seer as ek hoes :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183441 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Ons het gister so n lekker rustige dag gehad net ons # dit was so lekker om saam manlief en sussie n dag rusig saam deur te bring

Anina oor die NAN Samanha is ook op gewone NAN en sy slaap ook nie deur nie ek het vanoggend vir my ma gese ek is nou raad op sy was nie eers so baie wakker toee sy net geborsvoed het nie maar nou drink sy minste 5 keer n aand vandat sy 7 uur gaan slaap nou gaan ek maar so Christa gese het kyk of sy die eier sal eet met bietjie melk in en sys mal oor wwetbix so ek gaan dit ook try want ek neem aan sy word hongr in die nag dis hoekom sy so baie drink

Melody ek wee ook nie van die kombersies nie Samantha slaap in daai pj's wat ek jou die pic van gestuur het en dan gooi ek n fleece kombersie oor en haar duvetjie en sy kry nie te warm nie want sy sweet nie. Waanneer kuier ons weer?

Christa, Samanha is ook so huilerig party dae maar ek dink hare is die tande wa pla gee maar vir hom n dose panado of tenston dit help gewoontlik

Carmen ek weet presies van die aantrek sories dit is onmoontlik om hulle aan te trek of daai doek om te ruil Samantha staan gewoontlik kaal teen pappa dan moet ek nou so haar aantrek en haar doek aan sit so dis n groot mission. ek kan darem lag as sy kaal boude en noenoe daar af piliot en rond kruip ek is net bang sy pee my bed nat en dit sal nou n ding wees

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183434 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ek is siek :( voel so sleg vndag my ore keel kop alles pyn net. Voel of ek laringietes of iets weer het. Gaan maar kyk of ek by die dr kan uitkom vandag.

En ruben is ook siek,ek twyfel of die suster hom gaan spuit vandag. Hy het niks geslaap gisteraand nie. En H is ook van die snot en sy oe tran maar hy is okay. So al my geld wt ek oor het sal seker vandag in die apteek gestop word.

Oja,julle het nie gespeel toe jul se daai soutwter snuif storie is sleg nie ne. Dit het gevoel of ek in die see verdrink lol

Ek het so groot fleece kombers wat ek oor R gooi in die nag,dis al.hy skop homself nie sommer oop met daai kombers nie.

Lekker dag almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183417 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar, laat ek maar gou kom inloer voor julle weer so besig raak dat ek nie kan byhou nie.

Carmen, ek het dieselfde probleem met Claudia, sy is heeltemal te woelig om aan te trek. En daarby haat sy dit!! Sy skree vreeslik as ek haar armpies in 'n hempie of babygrow wil insit. En sy le nie vir 'n oomblik stil nie. Ek moet so in die kruip knopies vasmaak, anders het ek moeilikheid. Dit help partykeer om vir haar 'n speelding te gee, maar dit help gewoonlik net lank genoeg om een armpie of een beentjie in die babygrow te kry. Aantrek tyd is 'n nagmerrie by ons. En doekruil ook!

Melody, ek weet nie van die kombersies nie. Claudia slaap met twee kombersies, ons huis is baie koud so ek maak haar maar warm. As sy koud kry sal haar handjies of koppie, wat ookal uitsteek, koud wees. As sy ok is sal dit warm wees al is dit nie onder die kombers nie. Ek neem aan sy sal wriemel en sweet as sy te warm kry.

Ek het Dinsdag aand vir Claudia Nan gegee net om te try. Ek sukkel om bokmelk in die hande te kry omdat die bokkies nou swanger is... So toe try ek sommer gewone NAN, ek dink sy is seker nou al oud genoeg om die allergene te begin introduce. Sy het Dinsdag aand erg krampe gehad, toe het ek gister deur die dag weer vir haar daarvan gegee en sy was fine. Gisteraand weer, maar sy het glad nie goed geslaap nie. Sy was 3 keer wakker om te drink!!!!! As ek vir haar bokmelk gee word sy gewoonlik net een keer wakker so teen 2 uur se kant. Ek het gehoor dat NAN 'n baie sterk melk is en dat meeste babas daarvan deurslaap, maar nou is ek glad nie oortuig nie... Enige raad???

Melody, ek hoop jy kom reg met die raad wat die suster gegee het, dit kan nie lekker wees om so te sukkel nie. Het jy al allergiee oorweeg as 'n oorsaak?

Christa, shaim, wats fout met Mare? Hoop hy is gou gou beter!!!

Ek sal nou nou weer inloer, nou pouse so moet gou gaan tee maak anders kry ek nie weer tyd nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183407 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More mammas!

Carmen lag ek nou tog te lekker vir jou staande aantrek petalje! Toemaar ons beurt kom! Dis lekker dat sy dit by die kleuterskool geniet! Dan weet jy sy is gelukkig en jy is ook sommer gelukkig! GEMOEDSRUS!!!

Wat die komberse betref, ek gooi deesdae as 'n reel vir Mare met 'n toedraai kombersie (die flennie tipe) en dan 'n fleece kombersie toe. Laasnag het hulle 3 grade by ons voorspel, toe gooi ek 'n tweede fleece kombersie oor en hy slaap elke aand in 'n fleece babygrow ook. Ek voel hy kan eerder warm kry as koud. Hy sal moan as hy te warm kry, maar as hy koud kry, doen hy niks nie. Moet ook by se by ons word dit baie kouer as by julle in Jhb en Pta. In die winter het ons altyd minusse in die nag en dan so 14 grade in die dag. Soms so laag as 8 grade in die dag.

Melody eina vir die 3de tandjie wat so seer is! Smeer daai poeiers mamma! Klink darem of sy goed slaap! Hoop die raad van die suster help dat sy beter eet. Die salf is darem baie duur! Gelukkig werk dit, so dit maak dit die moeite werd!

Gerne daai seunskinders is pragtig! Kan hulle ssommer opvreet! Lyk of hulle lekker saam met die niggie gekuier het! En definitief lekker gesmul!

Helene, jy moet bietjie meer kom inloer! jislaaik ons mis julle klomp skaarses! Jy en Elise is darem nou weer met ons! Ralmarie se internet sukkel blykbaar om moomie te laai. Weet nie hoekom nie. Ek dink sy fb op haar foon. Sien so nou en dan Nelita se naam, maar sy gesels nie met ons nie. Nelita, ons mis jou! Kom vertel bitjie hoe gaan dit met Stefan!

Mare is nie lekker nie. Was gister sommer huilerig en wil net heeltyd in die arms. Het goed ge-eet, maar was nie baie lus vir sy bottie nie. Hoop nie hy het 'n gogga nie!

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #183385 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Goeie blikemmer, maar julle het gesels!!!!

Ek het nou baie vlugtig gescan deur al die bladsye chats wat ek gemis het!!

Elise, jip Riley het ook nog nie tanne nie, die arme ding drool net liters spoeg en vreet alles wat sy sien met mening!!

Jislaaik, julle almal is al fancy met al die kosse...Riley doen pap in die oggend, groente in die middag, sover butternut, soet patats, boontjies en wortels en patats gemeng, en dis omtrent sover dit.

Dan eet sy in die aand vrugte, sover nog net appels en pere.
Dan gee ek haar hier en daar 'n fling om te eet of 'n zoo koekie of 'n klein stukkie chmp, dis meer ;n gebytery vir die gums as eet :woohoo:

Riley slaap die laaste 2 aande in ons bed, sy is vreeslik onrustig gewees voor dit. Ek wil ook weet van die konmberse, want ek dink nou weer sy kry koud in haar kamer??

Julle, Riley is iets vreesliks bedrywig! :blink:

Ek sukkel om haar alleen aan te trek. Sy gee my nie 'n kans om eers haar doek aan te trek nie, dan is sy kierts regop, kaal boude en al. Sy skree kliphard as ek haar nie laat regop staan nie, sy weier om te le. Al hoe ke haar kan aantrek is as sy sit of as sy staan, nou probeer dit bietjie....

Jong julle, ek het verseker 'n happy kind met een ernstige wil van haar eie.... :S Sy raak vreeslik frustreerd met goed partykeer dan druk sy sommer so op haar gesiggie :angry: en moenie vir een oomblik haar iets maak doen wat sy nie wil nie, dan raak sy baie ongelukkig :laugh:

Ag maar verder is sy maklik, sy eet net wat jy haar gee, no problems. Sy raak nou so opgewonde in die oggende as ek haar by die kleuterskool uit die kar haal, dis asof sy weet sy gaan nou met maaitjies speel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account