file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #177196 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Daai ou het my toe nou gebel oor die ander werk. Dit klink fantasties. Dis 'n eie besigheid waar jy kids help om SAT toetse te skryf en aansoek te doen by universiteite in die VSA. Dan organiseer hulle ook beurse vir sulke kids en studie beurse vir mense wat in SA wil studeer. Daar is ook nog baie ander lyne waaruit inkomste verkry word.

Hulle wil my Kaap toe vlieg vir training, so ek dink darem nie dis 'n scam tipe ding nie. Wil net eers die kat goed uit die boom kyk. Ek het 'n afspraak met een van die direkteure na die April vakansie dae. Dan sal hy besluit of ek geskik is vir die tipe werk en dan kan ek met training begin.

Ek bid dat hierdie die uitkoms is waarvoor ek gewag het.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #177161 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Petro, klein Xander is te skattig!! Daai ou mondjie lyk so reg vir soene!

Ek dink Claudia het 'n growth spurt, sy het gisteraand amper elke uur gedrink. Was bietjie rof, maar ek is darem wakker vandag na ek 'n hand vol vitamiene pille en slow mag gesluk het...

Melody, ek bid net so hard vir jou halfdag pos jong.

Ek het toe nou gister se onderhoud gekanselleer met die skool in Alex. Nou wag ek nog om van die ander ouens te hoor. Ons het toe gister middag 'n groot meeting gehad by die skool oor die finansies ens. En ek was reg, hulle sukkel erger as wat ek gedink het. Nou gaan ons probeer geld maak, kids werf ens ens ens. Maar in die mean time gaan hulle ons salarisse sny en kyk na retrenchments. Ek is tien teen een 'n obvious keuse vir retrenchment oor ons 2 mense is wat kan wetenskap gee maar daar is nie regtig baie kids wat dit vat nie. So ons gee altwee ander vakke ook, maar as hulle ophou om wetenskap aan te bied, kan ons ander klasse by die res vd mense se roosters ingewerk word. So ek soek maar nuwe werk...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #177142 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Aag jinne Petro, Xander is soooooo cute! Daai bekkie is net reg vir soentjies gee! Te dierbaar! Jammer oor Oumagrootjie! Baie sterkte vir julle! Veilig ry! Mare het sommer al 3 bottels wat hy minder drink. Hy soek nie meer in die oggend sy bottie nie, hy wil pap eet! Dalk moet jy Xander se kos-porsies bietjie groter maak. (?) Of proteiene bysit? :huh: Sal bietjie by Ackermans se sale gaan kyk! Ek is mal oor hulle kinder-klere.

Melody jou halfdag pos is daar iewers, hou net aan soek! Jy sal dit kry! Kayla word nou groot! Sy kort bietjie meer melkies op 'n slag Mamma! ;)

Carmen ek het ook verlof ingesit vir die 26ste, maar manlief moet werk. Ek en Mare sal maar by die huis speel! Dis hier net so dol! Ons probeer maandeinde die week al afhandel! :blink:

Gerne ek het nog glad nie eers daaraan gedink om vir Mare so kossies in die hand te geen nie. :blush: Dalk moet ek die naweek probeer. Sien net op na die gemors! :( Julle moet julle naweek geniet, ek hoop regtig die weer speel saam! Lekker hekel!

Anina het jy al enige iets gehoor? Hoop regtig dis jou uitkoms! Mens wil nie net skielik hoor jy kry geen inkomste nie!

Lekker dag! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #177108 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo almal

ek het 'n baie lekker middag gehad.

petro, xander is pragtig, dankie vir al die fotos! hy het ook baie verander ne. jammer om te hoor van oumagrootjie.

julle ek was so verbaas.... ek sien Sarah sit elke dag fotos op van skye wat kos so self eet. wel ek het eergisteraand vir Ruben 'n aartappel en wortel 'wedge' gegee en hy het dit verslind. self die kossies gevat en als. gisteraand het hy te lekker aan mac donalds gesmul :) hy het die chippies so gesuig en dan het ek net vir hom so stukkies brood en vleis gegee. maar hy maak daai mond wyd oop hoor. ek het regtig gedink hy is nog te klein.
ek dink hy gaan deur 'n groei fase, hy eet vir die eerste span!

carmen, sal nooit kla oor besigheid nie!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #177070 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
met my groot seuntjie klere

ek belowe die is die laaste eeen

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #177069 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
ek eet biscuit

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #177068 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
cute baby

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account