Hi
Petro, genugtig vrou, maar jy is besig! 'n ware Sosiale vlinder!
Shame Anina vir die val! Riley het al 2 keer van die bed afgeval! en gister neergemoer toe sy teen die tv kanbinet staan.
Anina, ek is bly om te hoor hulle droom al, want ek sweer sy droom...
Dit sal my gerus laat voel as hulle so maak voor 'n mylpaal! Dalk kom 'n tand een of ander tyd uit, want ou Riley is ook nog tandloos!
Sy gaan dalk binnekort loop en oor 'n jaar eers haar eertse tand kry!

en hare for that matter!
Riley het nie hare nie, ek lag my dood, sy het so pragtige klein mullet hier agter, maar verder lyk dinge maar saai

Inteendeel, ek kyk nou die dag na foto's, sy is met decent baie hare gebore en nou is daar amper niks oor nie

En ek en my man het MASSAS en dik hare, so sy sal seker ietsie van dit erf!
Het lekker gelag, my man het haar vir 'n klient gaan wys laas week en sy het groen aangehad...almal het gedink sy is 'n seuntjie
Blykbaar as hulle nie pienk dra nie, dan neem mense aan dis 'n seuntjie

Sal haar meer pienk moet laat dra
En sy begin al hoe meer vir almal soos my man lyk, so sover het ek nog nie baie bygedra tov. looks nie
Gerne, ag jou beanies is regtig pragtig, klaar baie komplimente op facebook gekry, sy gaan dit verseker baie gebruik!