file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #176691 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Aai julle, wat n besige dag...niks tyd gekry vir moomies nie.

Ek is soooo moeg-gaan vroeg inkruip vannaand-dis baie koud en ek is glad nie n winters mens nie.

Nie al die girlies is haastig nie, kleine Kayla kruip ook nog glad nie. Al wat sy doen is smile van oor tot oor vir elke 2de mens en speel peek a-boo..

Ons badkamer het n shok probleem-ek weet dit klink snaaks maar dis presies wat dit is-as jy in die water sit en aan die tap raak shok jy...ons sal moet n electrician uitkry om te kom kyk wat dit veroorsaak...

Ons gaan net by die huis bly die naweek-ek sien baie uit daarna.

Riley is so vinnig, klein mensie laat glad nie op haar wag nie en Claudia is nie ver agter niem

Carmen dis n baie mooi foto,jy het geen rede om nie van die kamera te hou nie.

Anina, dis darm maar duur vir daai kabel, Ala wereld. Is dit die power supply vir jou laptop? Het jy by matrix gekyk?

Christa ek het al baie met Kayla gedebateur (dis wat ek dit noem) en sy wen altyd....
Daaai foto van Mare is te oulik-verander na van baba gesugie na seuntjie-hy lyk n regte ou buletjie.

Petro die doop klink baie mooi en weereens geluk met die tandjie. Ek was gelukkig dat ek die 1ste persoon was om al2 haar tandjies te gesien het.

O sy soentjie nou,maar dis n oopbek baie nat soentjie-so oulik ek kan haar sommer opeet.

Mense dink altyd sys n seuntjie-syt ook nie veel hare nie en trek mos nooit pienk aan wanneer dit nodig is... (Silly mommy)

Gerne ek moet bestel dis regtig mooi die ou hoedtjies-hoe werk dit,?

Elaine ek sal jou nog e-mail net nog nie daarbei uitgekom nie. Hoe gaan dit met Nadia?

Lekker aand vir almal,hoopvol kry ek more n oomblik om asem te haal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176638 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Lekker aandjie julle! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176630 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, ons gaan die naweek weg, en ek sien hul voorspel reen vir Mpumalanga :(

Carmen, dit is 'n pragtige foto van julle twee! Riley is wonderlike advertensie hoor :) die mense het my vandag op gehad :woohoo:

Christa, is Mare nie die oulikste ding nie? !!!! Wat weeg hy nou, hy lyk soos 'n ou yster man.

Ruben wil nie blerrie so stil sit nie, hy wil net heeltyd vorentoe gaan en alles kou LOL sy voete natuurlik die lekkerste!

Ag Henko kry nou nog bitter min pak (of houe) want ons hartjies is maar klein. as hulle so huil dan breek mens se hart.

ek het 2 fotos op fb gesit van die seuns maar kry dit nie op moomie gelaai nie

lekker aand almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176626 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag shame Christa! :P

Ek het ook nou die dag toe sy so woelig is op die aantrek tafel hard NEE gese en toe vries die gesiggie so en die die bekkie trej\k so af, jy weet hoe ek bedoel, dis so omgedraaide smile, en daar huil sy, gelukkig gou weer gesmile toe ek 'n snaakse gesiggie trek en grappetjies maak!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176619 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het ook min fotos van my of pappa saam met Mare. Daar is hope van hom en dan saam met die oumas en speelgoed en so aan! Ek het net gister vir Piet gese ons moet na 'n fotograaf gaan en fotos laat neem! Ons het net 'n foto van die doop waarop ons al3 saam is! Dis 'n skande! :blush:

Ek verstaan presies wat jy bedoel! Mare se gesiggie het so baie verander! Dit verander vir my nog elke week! Sy gesiggie het baie meer vierkantig geword en as dit moontlik is, word daai ogies al groter! En hy het darem uiteindelik begin haartjies kry! ;) Sulke donker blonde haartjies, wat plek-plek lyk of dit wil krul. :P

Ag ek het gister so sleg gevoel! Hy was doodmoeg, maar wou nie slaap nie. Ek probeer hom toe so bietjie sus, toe ruk hy daai lyfie agteroor. Ek se toe so effens harder as wat ek normaal weg met hom sal praat"nee". Daar krul die ou lippie om, die huil begin en die volgende oomblik kom die "mamma" so saam met die huil uit. Toe huil mamma ook sommer saam. Nou wil ek nie weet hoe dit voel as mens hulle moet pak gee nie?!!! :huh: :blink: :S

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176612 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Christa, ek en Riley is min saam op 'n foto, ek hou nie vreeslik baie van op foto's nie :blush:

Ja nee Tannie Gerne se beanies is oulik verby!!

Ag moeder, kyk nou hoe oulik is daai tier! Amazing hoe al almal se gesiggies nou verander en soos mensies lyk (nie day hulle nou nie voorheen soos mense glyk het nie) julle verstaan wat ek bedoel... :blush: Hulle gesiggies begin nou allerhande karaktertrekkies kry :)

Ok, lekker middag verder en gesels more weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176588 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro julle doop was regtig baie spesiaal! Baie geluk! Bly julle het dit so geniet! Die "black tie" funksies is gewoonlik baie boring! Al wat ek altyd geniet is die grand aantrek en die kos is gewoonlik heerlik! Wat het jy aangetrek? Dit was mos 'n goeie rede vir 'n pragtige aandrok! Jou ticker is oulik! Baie geluk met die erste tandjie! Toemaar, Mare se eerste tand het hy by sy dag-ouma gekry! Ek was net so vies! Julle sosiale dagboek is omtrent vol! Geniet dit!

Sjoe Anina, Claudia is ook maar goed haastig! Ons ou seunskindertjies is maar bietjie lui, maar ek kla glad nie! Mensig dis baie vir 'n power supply! Jy sal maar moet rond"shop"! Bly Claudia het darem nie seergekry met die val nie! Het jy 'n "barrier" voor die trappe? Nou duik juffroutjie daar af! Is Paulina al gesond en terug by die werk? Die inkubasietyd is darem amper verby! Nog net 6 daggies! klink of julle ernstige stappers is! Geniet dit!

Gerne ons hou duime vas vir die weer! Dink ook nie tente, reen en kiddies gaan goed saam nie! Kan 'n redelike gemors wees! Daai mussies is tog te oulik!

Hahaha Carmen, jy sal vir Riley 'n valhelm, knie-skerms en elmboog-skerms moet kry! Die klein juffertjie is woes! Riley lyk so cute met haar tannie Gerne beanie en kopband! Ek is mal oor die mamma en dogter foto! Dis pragtig! Mamma moet ook vir haar 'n beanie soos Riley sin kry, dan gaan julle sooo mooi lyk!

Ai ek kan nie verstaan as mense babas se geslag so "obvious" mis kyk nie! Hoe pienk moet jy dan 'n dogtertjie aantrek sodat hulle kan sien dis 'n dogtertjie?! Julle sal moet rokkies aantrek! ;)

Sjoe julle, die kleingoed word nou vinnig groot! Mare is Vrydag al 7 maande! As ons ons oe knip, gaan hulle universiteit toe! :huh:


Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account