file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #178331 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, jou lyf is seker vrek seer! maar dit klink lekker. ons het so vinnig draai deur die bos gestap... dink ons was ten minste 10 minute weg :woohoo: en dit was erg LOL

ja jong, die ou vetties! julle dogtertjies is heeltemal te voor op die wa :P

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #178258 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, ou Ruben lyk of hy die naweek gate uit geniet het, en so lekker gebad in die wasbak! Te pragtig!! Dis mos normaal vir 'n baba om op 8/9 maande te begin kruip, en veral groot babas begin partykeer nog later, so moenie daaroor worry nie. Ek dink Claudia en Riley is net voor op die wa met hierdie goedjies.

Carmen, hoop jy voel darem al bietjie beter. Riley klink na 'n handvol. Claudia staan ook nou op teen alles, maar val lekker om die heeltyd, sy sukkel nog bietjie.

Petro, bly julle is veilig terug. So 'n lang pad is nie lekker vir die outjies nie. Maar hopelik het julle darem so bietjie gerus gekry so tussen die kuier en begrafnis deur.

Christa, jy moet my bietjie laat weet van die geyser waarop julle besluit. Ek is mos 'n groen junkie, maar het nog nie in die sonkrag geyser ding ingekoop nie omdat ons die huis waar ons bly huur. Maar ek kan dalk die eienaar van so iets oortuig as dit lyk of dit meer ekonomies is. Sterkte by die werk vandag, hopelik kan jy so bietjie vroeg uitglip.

Gerne, jy moet vir ons kom wys wat jy alles gemaak het. Ek het ook fotograaf maatjies wat dalk in so 'n paar props sal belangstel. Klink my jou besigheid boom!

Melody, ek het toe nie uitgevind wat fout was met Claudia nie want dit het toe maar weer beter geword. En die twee van my het lyk my toe nooit waterpokkies gekry nie. Stefan het mos net een dag so bietjie uitslaggies gehad maar dit was obviously van iets anders want dit was sommer gou gou weg en het nooit blasies gemaak nie.

Hoop julle het almal 'n great dag! Sterkte vir die wat vandag en more werk!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #178236 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Ons is terug, lewendig en in een stuk maar nie heeltemal heel nie...

Ons stappie was great, maar dit het bietjie rof uitgedraai op die ou end.

Ons is Saterdag aand troue toe, en het tot 1 uur gekuier. Toe ry ons weer 5 uur om te gaan stap!

Sondag oggend so 10 uur begin stap, bietjie later as wat ons gehoop het, maar nogtans genoeg tyd om by ons eerste aand se bestemming te kom. Ons eerste dag was heerlik, nie te rof nie, net lekker rustig gehike.

Dag twee is ons op hoe berg toe, tot bo op Organ's pass, in Lesotho. Dis so 3100 m bo seespieel. Daar gekamp vir die nag toe die wind opsteek en dit lyk of dit erg koud gaan raak.

Dag drie is ons nog op, tot op die kruin van Cleft Peak 3270 m bo seespieel. Julle ek bedoel nou ons was BO OP een van die hoogste pieke in die berg. Dit is nou soos in, as jy verby die berg ry en jy sien die kranse, ons was bo op dit. Het daar die summit boek ingevul en toe verder gehike. Toe begin die wind kwaai waai, so kwaai dat dit jou wil omwaai.

En toe maak ons die amper fatale fout om by Tseke-Tseke pas af te loop. Dit was altyd 'n baie styl, maar baie nice pas, maar die afgelope tyd was daar 'n hengse klomp rotsstortings in die pas en dit was baie rowwe terrein, wat uit moerse bolders bestaan en alles is los. Dit vat gewoonlik so 5 ure om die pas af te negotiate (jy kan dit nie meer stap noem nie want dis eerder mountaneering...) Maar toe ons weer sien is dit donker en ons is nog nie half pad af nie. Toe slaan ons tent op in die rivier bed, OP die rotse, so ons het nie juis geslaap nie want jy sit maar (4 mense in een tent, daar was nie plek om nog 'n tent op te slaan nie) en dis net klippe onder jou. Daarby is jy heeltyd bang daar is nog 'n rotsstorting in die pas want die grond is nog nie stabiel nie...

Die volgende oggend is ons toe verder af met die pas, maar die paadjie is heeltemal weg "geslide" so jy klouter maar oor die rotse en af by die watervalle, later het ek altwee my enkels meer as 3 keer geswik en toe hak ek my knie uit. Maar ons moet aangaan, al kan jy letterlik nie meer een voet voor die ander een sit nie.

So toe ons gister uiteindelik by die karre uitkom, toe is ek op en al 10 keer verby my "limiet"!! Ek sukkel nou so bietjie om te loop, maar ek dink darem nie die skade is permanent nie. Net bly om die kiddies weer te sien en dat dit goed gaan met hulle altwee. Ek het op 'n stadium gister gedink dis verby en ek gaan hulle nooit weer sien nie.

Ek dink nie ons sal vinnig weer so 'n rowwe stap doen nie, nie dat dit veronderstel was om so rof te wees nie, en die mountain club moes ons gewaarsku het van die pas wat onbegaanbaar is. Toe ons dit aanmeld, toe se hulle, ja hulle sal het gisteroggend 'n waarskuwing opgesit wat se die pas is gesluit en onbegaanbaar net jammer dit was toe ons reeds deur is...

Maar gelukkig is ons terug. En dit was 'n epic!! Sal more bietjie fotos opsit, Johan het die kamera werk toe gevat om vir sy broer die fotos te wys.

Lekker dag almal, sal later almal se stories lees en reply!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #178208 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Was net bekommerd dat ek vandag geen geselskap gaan he nie! Ek sit stoksiel-alleen by die kantoor! Myself hier binne toegesluit! :huh:

Bly jul naweke was so lekker! CArmen Piet kan nie glo toe ek hom jou fotos van Riley op fb wys nie! Sy is omtrent doenig en besig! En drf waag net om die tv af te sit , dan is die duiwel seker los! :laugh:

Ag Gerne ek beny julle wildtuin vakansietjie! Was laas daar toe ek self 'n baba was! Lyk of Ruben sy paaseiers geniet het! Hy is darem pragtig! Toemaar Mare sit ook nog net. Hy wend nog geen poging aan om te kruip nie. Lekker lui bene daardie klein mannetjie! :P

Petro ek sal glo Xander is keelvol vir die karsotel! Hulle is gemaklik, maar ek dink die ou lyfies raak maar goed seer van so lank in dieselfde posisie wees! Bly julle het veilig gery en ek voel net soos jy! There's NO place like home!

Ons paasnaweek was lekker rustig by die huis! Het gister saam met my pa-hulle en stiefboetie-hulle gepotjie! Was heerlik! Ag en ons geyser het opgepak! :angry: Dit trip aanhoudend die krag en toe Piet gaan kyk lek die ding oral water uit! Nou gaan ons 'n solar-sisteem insit, hy shop net nog rond vir die beste pryse en rebate van Eskom. Nou skottelwas ons maar soos ons voor-ouers moes doen. Darem nie te erg nie, net bietjie koud! :blink:

Anina ek hoop julle het die stap / klim geniet en is heelhuids tuis! Jy moet kom vertel en fotos wys!

O ja Melody, skuus vir die vals alarm! :blush: Jy verjaar toe eers Oktober! Lol! Ek dink Nelita het die naweek (Sondag 24ste) verjaar. So Nelita baie geluk met jou verjaardag! Hoop jy is lekker bederf! :woohoo:

Hoop julle is nie te besig nie en sal kort-kort kom inloer! En Carmen moenie bang wees om jou fotos op te sit nie, Ons like dit! :woohoo:

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #178203 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #178200 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #178199 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account